Reuse-uitdagings met hulpverleniging in Afghanistan - September 2, 2025
Meer as 800 mense is dood en minstens tweeduisend beseer in die aardbewing van 6 wat Afghanistan se bergagtige oostelike grensgebied Maandag getref het. Die aardbewing was op ‘n diepte van slegs agt kilometer, wat dit meer vernietigend maak. Die Nangarhar- en Kunar-provinsies is die ergste getref. Ibrahim Ahmed van Islamic Relief Worldwide verduidelik die […]
Damme se water die week spaarsamig gebruik - September 2, 2025
Daar is verbasend min water in die afgelope week uit die Hardapdam gepomp met produsente wat net 229 000 kubieke meter gebruik het. Die dam is tans op 66,6 persent. Daar is geen water uit Neckartal gepomp nie en die dam is tans op 97,8 persent. Naute is 93,8 persent vol en Oanob staan op […]
Landbou-ondersteuningsprogram moet nou hersien word – DA - September 2, 2025
Die DA in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op die Nasionale Tesourie om die omvattende landbou-ondersteuningsprogram voor die plantseisoen te hersien. Die party sê die huidige skedule vyf-klassifisering dwing boere om ‘n jaar vooruit aansoek te doen vir befondsing, wat tydige ondersteuning onmoontlik maak. Noko Masipa van die DA waarsku dat sonder veranderinge landboutransformasie in […]
Rusland blokkeer Von der Leyen se vliegtuig GPS - September 2, 2025
Die navigasiestelsel van ‘n vliegtuig wat die Europese Kommissie se president Ursula von der Leyen vervoer het, is ontwrig weens vermeende Russiese inmenging. ‘n Woordvoerder van die Kommissie sê dat die “GPS-blokkering” plaasgevind het terwyl sy Sondag in Bulgarye sou land. Die woordvoerder sê hulle het inligting van die Bulgaarse owerhede ontvang dat dit te […]
So lyk die stand van sake by die Amerikaanse Ope - September 2, 2025
Die verdedigende kampioen Jannik Sinner is deur na die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope. Die Italianer het Alexander Bublik van Kazakstan geklop en speel volgende teen sy landgenoot Lorenzo Musetti. Die Kanadees Felix Auger-Aliassime het met Andrey Rublev van Rusland afgereken, terwyl Alex de Minaur van Australië die Switserse kwalifiseerder Leandro Riedi geklop het. Wat […]
Vereniging van Volksmoord sê Israel pleeg volksmoord - September 2, 2025
Die wêreld se voorste vereniging van volksmoordgeleerdes het verklaar dat Israel volksmoord in Gaza pleeg. ‘n Resolusie wat deur die Internasionale Vereniging van Volksmoord-wetenskaplikes aanvaar is, lui dat Israel se optrede voldoen aan die wettige definisie soos uiteengesit in die VN-konvensie oor volksmoord. Die organisasie lys onder vele ander die wydverspreide aanvalle op die personeel […]
Headsprings reageer op Aupindi se beroep op wetenskap by Leonardville - September 2, 2025
Headsprings Investments het die onlangse oproep verwelkom dat wetenskaplike bewyse die primêre basis moet wees vir die besluit of die voorgestelde Uranium One-projek in Leonardville moet voortgaan, eerder as om op teenstrydige menings staat te maak. Die oproep is gemaak deur Tobie Aupindi, voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne. Hy wil ook […]
NamWater vorder met verskeie waterprojekte - September 2, 2025
NamWater gaan voort met verskeie projekte, insluitend die Okavango-skakelpyplyn, nuwe ontsoutingsaanlegte aan die kus en Lüderitz, en ‘n 20 000 kubieke meter bergingsreservoir by Swakopmund, om watersekerheid vir die mynbousektor te versterk. Van die projekte is reeds in ‘n gevorderde stadium. NamWater bedryf 213 watervoorsieningskemas landwyd, ondersteun deur 377 reservoirs, 208 boorgate en 422 kilometer […]
Vennootskappe met die privaatsektor kan spoor-penarie beredder - September 2, 2025
Terwyl Namibië se hawens gereed is vir besigheid, hou die spoorwegnetwerk die land terug. ‘n Nuwe Simonis Storm-analise waarsku dat verouderde treine en chroniese onderbefondsing vrag van die spoorlyne af dwing na reeds oorbelaste paaie – wat handel, mededingendheid en infrastruktuur benadeel. Thazwill Thompson, ‘n ontleder by Simonis Storm het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat […]
Swapo teken skerp daling in bates aan - September 2, 2025
Luidens Swapo se jaarverslag het die party se bates vanjaar gedaal tot net minder as ‘n miljoen Namibiese dollar teenoor 12 miljoen dollar in 2024. Volgens die party se finansiële sekretaris Lucia Iipumbu is dit as gevolg van die verlies aan setels in die parlement en waardevermindering van bates. Die party het 13 miljoen dollar […]