Gru-ongeluk: NCS het Quantum-bus was beskikbaar gehad - September 2, 2025

Sekuriteitsminister Lucia Iipumbu sê ‘n Quantum-bus was beskikbaar vir die 12 Namibië Korrektiewe Diens-beamptes wat Saterdag in die Mariental-ongeluk dood is. Sy het by ‘n perskonferensie gesê dit is onduidelik waarom die beamptes in ‘n voertuig vir gevangenes vervoer is. Vier oorlewende beamptes is in ‘n kritieke toestand en kan nie praat nie. Die polisiehoof, […]

Read More

BKS: Uitvoermark, binnelandse waardeketting in SA geraak - September 2, 2025

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika se uitvoermark bly klein weens sy bek-en-klouseer-status. Steenhuisen het bevestig dat groot voerkrale produksie gestaak het, wat die voorsiening aan supermarkte, restaurante en selfs die leersektor ontwrig het. Steenhuisen sê die onvermoë om te slag beïnvloed ook voedselsekerheid, veral vir armer verbruikers wat staatmaak op bekostigbare produkte […]

Read More

Dodetal in Afghanistan sal verder styg - September 2, 2025

Meer as 800 mense is dood en minstens 2 800 beseer in een van Afganistan se ergste aardbewings, het die owerhede laat Maandag gesê. Hulle verwag dat die dodetal aansienlik sal styg, aangesien reddingswerkers sukkel om afgeleë gebiede te bereik weens ‘n rowwe berglandskap en slegte weer. Swaar reën het reeds grond- en rotsstortings veroorsaak […]

Read More

SA en Engeland takel mekaar vandag in Leeds - September 2, 2025

Die eerste van drie eendagwedstryde tussen Suid-Afrika en Engeland word vandag op Headingley in Leeds beslis, kort na die einde van die Proteas se witbalreekse in Australië. Suid-Afrika het die eendagreeks 2-1 gewen. Die eendagwedstryde teen die Engelse word gevolg word deur drie T20s, met die ervare kolwer David Miller wat terugkeer nadat hy verkies […]

Read More

Lüderitz-watertoevoer saans af, reservoir moet vol - September 1, 2025

Inwoners van Lüderitz moet nog ‘n rukkie geduldig wees voordat watertoevoer na normaal terugkeer. NamWater sê in ‘n opdatering dat die watertoevoor saans afgesny sal word terwyl die reservoir volgemaak word. Dit sal aanhou tot die reservoir vol is. Die wateronderbreking het begin na ‘n pypbreuk op 27 Augustus aangemeld is. Herstelwerk sou sowat 24 […]

Read More

SA verskerp stappe teen bek-en-klouseer - September 1, 2025

Landbouminister John Steenhuisen sê die regering gryp in om die verwoestende bek-en-klouseer-uitbreking te bekamp. Hy het 274 onopgeloste gevalle in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga bevestig. Steenhuisen sê ook die oorblywende 400-duisend entstofdosisse uit Botswana is ontvang, met 50-duisend wat reeds versprei is. Hy sê die oorblywende dosisse is op uitbrekingsbrandpunte in die […]

Read More

Weapons behou eerste plek by loket - September 1, 2025

Zach Cregger se raaisel-gruwelfliek Weapons met Julia Garner en Josh Brolin in die hoofrolle, is vir die vierde naweek agtereenvolgens die voorloper by die loket in Noord-Amerika. Die 50ste herdenkings-heruitreiking van Steven Spielberg se Jaws is tweede, met Sony se Caught Stealing met Austin Butler en Zoe Kravitz nou derde. Die Disney-komedie Freakier Friday het […]

Read More

‘Hardwerkende’ Shalulile verdien sy doelskiet-prestasie - September 1, 2025

Gelukwensinge stroom steeds in vir die Namibiese internasionale sokkerspeler Peter Shalulile. Shalulile, ‘n doelskieter vir Mamelodi Sundowns, het Suid-Afrikaanse sokkergeskiedenis gemaak deur Saterdag sy 130ste doel aan te teken, die meeste ooit in die Premierliga. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die voormalige hoofafrigter van die Brave Warriors, Ricardo Mannetti, Shalulile as ‘n […]

Read More

Aansoeke vir belastingvrye suiwel- en koringprodukte invoere nou oop - September 1, 2025

Die Namibiese regering nooi plaaslike firmas uit om aansoek te doen vir belastingvrye invoere van geselekteerde suiwel- en koringprodukte. Dit is deel van ‘n poging om voedselkoste te verlaag en besighede te ondersteun onder ‘n spesiale tariefkwotastelsel. Kosmos 94.1 Nuus het met Regina Valombola, ‘n skakelspesialis by die ministerie van landbou, gesels.

Read More

Veerpyltjiespan maak skoonskip by AU Streek-5 toernooi - September 1, 2025

Namibië het vyf medaljes by die Afrika-Unie Sportraad Streek 5-veerpyltjietoernooi, wat die afgelope naweek in Zimbabwe gehou is, verower. Die land is verteenwoordig deur ‘n span van agt spelers – vier meisies en vier seuns. Kosmos 94.1 Nuus het met Ludwig Ralph, president van die Namibiese Veerpyltjiefederasie, gesels oor die span se ervaring by die […]

Read More