Ekonomie onder druk weens belasting op minderheid, lae lone - September 1, 2025

Namibië se ekonomie is onder druk. Kenners waarsku dat ‘n kombinasie van hoë belasting op ‘n klein groepie individue, 3,8 persent van die werkende bevolking, en lae lone vir die meerderheid ekonomiese groei kan vertraag. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Josef Sheehama gepraat, wat gewaarsku het dat hoë belasting en lae lone groei […]

Read More

Privaatsektor kredietverlening styg weer in Julie - September 1, 2025

Privaatsektor kredietverlening het Julie met 5,7 persent op ‘n jaargrondslag gegroei, net soos in Junie, terwyl die maand-tot-maand groei plat was. Cirrus sê in sy jongste verslag dat hierdie jaarlikse toename die sterk neiging voortsit wat nie sedert 2020 gesien is nie. Reële privaatsektor kredietverlening het in Julie met 2,2 persent gestyg, effens hoër as die […]

Read More

Privaatsektor ‘moet meer help om korrupsie te bekamp’ - September 1, 2025

Die Teenkorrupsie-kommissie het die privaatsektor versoek om groter verantwoordelikheid te neem om deursigtigheid en verantwoordbaarheid in hul handelinge te bevorder, veral in regeringskontrakte. Die kommissie het opgemerk dat baie van die klagtes wat hy ontvang, verband hou met verkrygings- en tenderprosesse, waar privaat entiteite dikwels as diensverskaffers aan die regering betrokke is. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Putin blyk om Trump weer aan ‘n lyntjie te hou - September 1, 2025

Russiese president Vladimir Putin sê hy en Amerikaanse president Donald Trump het tot ‘n begrip gekom oor die einde van die oorlog in Oekraïne toe hulle in Alaska ontmoet het. Hy het by die Shanghai Samewerking-organisasie se beraad in China gepraat, en nie gesê of hy sal instem tot vredesgesprekke met Oekraïnse president Volodymyr Zelensky […]

Read More

Asoli stel verkiesingsmanifes op 27 Sept. bekend - September 1, 2025

Die nuutgestigte Vereniging vir Plaaslike Belange, bekend as Asoli, sal sy verkiesingsmanifes op 27 September bekendstel voor die komende streeksraad- en plaaslike owerheidsverkiesings in November. Die vereniging se president Joseph Kauandenge het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Asoli beplan om in Windhoek, Swakopmund en Otjiwarongo mee te ding.

Read More

Rowers slaan toe op kerke in Mpumalanga - September 1, 2025

Mpumalanga se LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, doen ‘n beroep op kerkleiers om sekuriteitsmaatreëls te verskerp om hulleself en hul gemeentelede beter te beskerm. Ses gewapende mans het Vrydag ‘n kerk in SunCity A, KwaMhlanga, tydens ‘n naggebedsdiens bestorm en gemeentelede beroof. Twee kerke is ook in Bosbokrand beroof. Die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, […]

Read More

Dodetal in Afganistan-aardbewing styg tot bo 800 - September 1, 2025

‘n Reuse-reddingsoperasie is in Afganistan aan die gang nadat ‘n kragtige aardbewing en verskeie naskokke huise platgevee en meer as 800 lewens geëis het in ‘n afgeleë, bergagtige streek. Die aardbewing het net voor middernag plaasgevind en geboue vanaf Kaboel tot by die buurland, Pakistan, se hoofstad, Islamabad, geskud. Die meerderheid Afgane woon in lae, […]

Read More

Springbok-vroue eerste keer in wêreld-top tien - September 1, 2025

Rugby: Die Springbok-vroue se sterk vertoning by die Wêreldbeker in Engeland het gesorg dat hulle vir die eerste keer onder die top tien op die wêreldranglys is. Suid-Afrika het sy tweede oorwinning van die toernooi behaal toe hulle Italië gister met 29-24 in York uitoorlê het om die kwarteindronde vir die eerste keer te haal. […]

Read More

Beveilig alle weermagbasisse dringend, eis DA - September 1, 2025

Die DA eis ʼn onmiddellike, dringende en volledige opknapping van alle installasies by die Suid-Afrikaanse Weermag se militêre basisse. Dit volg ná die onlangse diefstal van ammunisie by die Bloemspruit-lugmagbasies in die Vrystaat. Die party sê die minister van Verdediging, Angie Motshekga, en die SANW moet voor die parlement verskyn en ʼn befondste herstelplan vir […]

Read More

EU, Namibië bevestig samewerkingsbande - September 1, 2025

Die 2025 Namibië-Europese Unie Vennootskapsdialoog is in Windhoek aan die gang. Die eendag-dialoog sal fokus op kwessies van ekonomiese en ontwikkelingsamewerking op die gebied van energie, kritieke grondstofwaardekettings, vroue, vrede en veiligheid. Die Europese Unie-ambassadeur in Namibië, Ana-Beatriz Martins, het by die geleentheid gepraat.

Read More