Leon Schuster se films terug op Dstv, Showmax - September 1, 2025
MultiChoice wys weer talle van Leon Schuster se klassieke flieks op DStv en Showmax nadat dit vyf jaar lank verbied is weens rasse-kommer. Flieks soos Sweet-and-Short, There’s a Zulu on My Stoep en You Must Be Joking is terug as deel van ʼn spesiale versameling. MultiChoice was onder vele wat hulle inhoud hersien het na […]
Krieket Vrouewêreldbeker bied hoër prysgeld as manstoernooi - September 1, 2025
Krieket: Die prysgeld vir die Vrouewêreldbeker-krieket gaan die mansuitgawe oortref met ‘n totale prysgeld van 244-miljoen Namibiese dollar. Die Internasionale Krieketraad het aangekondig die pryspot is vermeerder van die 62-miljoen dollar in 2022 en is nou meer as die 176-miljoen dollar van die laaste manswêreldbeker. Die 13de uitgawe van die vroue-50-boulbeurt-toernooi begin op 30 September […]
Regeringsvoertuie maak amok oor die naweek - September 1, 2025
Die polisie ondersoek twee verskillende sake van roekelose en nalatige bestuur waarin regeringsvoertuie die naweek betrokke was. Die bestuurder van ‘n NamPost Courier-trok het Saterdagaand na bewering ‘n voetganger op die B1-pad naby die T-aansluiting by Hoachanas gestamp wat oor die pad gehardloop het. Sy is met ernstige beserings in die staatshospitaal op Mariental opgeneem. […]
Madlanga-kommissie kan nie vandag begin nie - September 1, 2025
Die Madlanga-kommissie sê ʼn nuwe begindatum vir sy werksaamhede sal bevestig word sodra alle ICT-stelsels ten volle operasioneel is. Die kommissie wat misdadigheid, politieke inmengery en korrupsie in die strafregstelsel moet ondersoek, sou vandag met sittings begin. Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling kon egter nie die nodige infrastruktuur betyds reël nie. Die kommissie […]
Britte is sat vir migrante - September 1, 2025
Protesaksies neem toe in Brittanje, veral by hotelle waar migrante gehuisves word. Die Tories se skadu-minister vir binnelandse sake, Chris Philp, sê dat sedert Januarie het 29 000 migrante in die land op bote aangekom en mense is sat. Hy sê die Arbeidersregering luister nie na die bevolking nie.
Aussie man vas na hy Russiese konsulaat in Sydney met motor bestorm - September 1, 2025
‘n Man is vandag in hegtenis geneem nadat hy met sy motor teen die hekke van die Russiese konsulaat in Sydney vasgery het. Die polisie se diplomatieke beskermingseenheid het gereageer op ‘n versoek om hulp van die Russiese konsulaat nadat ‘n ongemagtigde voertuig in die oprit geparkeer was, het ‘n woordvoerder van die Australiese Federale […]
Groenwaterstofprogram verduidelik vertraagde omgewingsimpakstudie - September 1, 2025
Die Namibiese groenwaterstofprogram het ná jare se vertragings ‘n internasionale firma beopdrag om ‘n omgewingsimpakstudie in die Tsau//Khaeb Nasionale Park uit te voer. Woordvoerder Jona Musheko het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik dat plaaslike bieërs nie aan die nodige kriteria voldoen het om die studie uit te voer nie en daarom die vertraging.
Sam Nujoma-stadion: Stad Whk oortree verkrygingreëls en het nie die nodige fondse nie - September 1, 2025
Die Tender Bulletin berig Stad Windhoek het die tender vir die opknapping van Sam Nujoma-stadion aan New Success Investment toegeken maar het nie die kostes daarvan bekend gemaak nie en verder, dat die Stad nie die bod of die toekenning op sy webtuiste geplaas het nie. Die publikasie sê die Stad hou aan om die […]
Kommer in SA dat VSA-sanksies SWIFT stelsel kan raak - September 1, 2025
Staar Suid-Afrika finansiële isolasie in die gesig? Te midde van toenemende spanning oor die land se vermeende verbintenis met Rusland, neem kommer toe dat Amerikaanse sanksies daartoe kan lei dat Suid-Afrika afgesny word van SWIFT, die globale stelsel wat internasionale betalings beveilig en versnel. Maar ekonoom Dawie Roodt dring aan op kalmte en sê enige […]
Aanslag tot elektrisiteit moet verander, raak onbekostigbaar - September 1, 2025
Stygende elektrisiteitstariewe in Namibië dreig om ‘n basiese noodsaaklikheid in ‘n luukse te omskep wat slegs die wel-af inwoners kan bekostig, en huishoudings en klein besighede sukkel om te oorleef. Namate kostes styg, studeer kinders by kerslig, gesinne staar gesondheidsrisiko’s in die gesig, en besighede sluit hul deure. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van […]