Etosha Fishing ontvang eerste sardyne by blikaanleg - September 1, 2025
Etosha Fishing het sy eerste besending sardyne sedert 2017 vir sy blikaanleg ontvang na die kabinet ‘n kwota van 10 000 metrieke ton goedgekeur het. Etosha het jare lank sardyne op Walvisbaai geblik en na die moratorium in 2018 het hy bevrore vis ingevoer om sy aanleg aan die gang te hou en 450 werksgeleenthede […]
Wetenskap moet besluite by Leonardville dryf – Aupindi - September 1, 2025
Wetenskaplike bewyse behoort die sleutelfaktor te wees in die bepaling van die aanvang van die voorgestelde Uranium One-projek by Leonardville, eerder as teenstrydige menings. Dit is die mening van die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne, Tobie Aupindi. Hy het besoek afgelê by Leonardville rakende die ontginning van uraan. Hy sê dat […]
Onderwys, gesondheid kry aandag – Ngurare - September 1, 2025
Eerste minister Elijah Ngurare het gehalte-onderwys en uitgebreide gesondheidsorg aan al 121 kiesafdelings van die land belowe. Die eerste minister het vanuit die Oshihepo-nedersetting in Omundaungilo, Ohangwena-streek, gesê dat geen gemeenskap agtergelaat sal word nie.
SA-regering het kommer oor omvang van Soedan se burgeroorlog - September 1, 2025
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê die voortslepende burgeroorlog in Soedan hou ʼn groot bedreiging in vir die land en omliggende streek se bestendigheid en ekonomiese vooruitgang. Die konflik tussen die Soedannese Weermag en die Rapid Support Forces wat in April 2023 uitgebreek het, het meer as 150 000 lewens geëis. Die departement […]
Kuberkrakers kry toegang tot data van 4 miljoen TransUnion kliënte - September 1, 2025
Die kredietburo TransUnion sê dat meer as 4 miljoen mense se data is blootgestel na ‘n onlangse kuberaanval waarby ‘n onbekende derde party betrokke was. In ‘n verklaring het TransUnion gesê dat hulle die probleem vinnig onder beheer gebring het, wat nie sy kernkredietdatabasis betrek het of kredietverslae ingesluit het nie. Die naam van die […]
Kus loop weer voor met dwelmvondse - September 1, 2025
Twee mans is Saterdag in Mondesa in Swakopmund in hegtenis geneem ná 624 eenhede crack kokaïen ter waarde van 62 400 Namibiese dollar in hul besit gevind is. Die polisie het in voorvalle op Otjiwarongo, Narraville en Omitara die afgelope naweek in totaal ook beslag op meer as 66 Mandrax-tablette gelê. Drie mans is tydens […]
Uitsettingsbevele uitgereik om staatsgrond terug te kry in SA - September 1, 2025
Die adjunkminister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, het uitsettingskennisgewings uitgereik aan meer as 100 onwettige besetters wat staatseiendom in Kaapstad gekaap het. Twee eiendomme in Goodwood en Khayelitsha wat vir die polisie se gebruik bedoel is, is gesteel en word onwettig beset. Dis deel van Operasie Bring Terug, ʼn landwye veldtog om staatseiendom […]
Meer as 600 tot dusver dood in Afghanistan aardbewing - September 1, 2025
Meer as 600 mense is in Afghanistan dood en meer as 500 beseer toe ‘n aardbewing met ‘n omvang van 6,0 die oostelike deel van die land getref het. Die episentrum was naby die land se vyfde grootste stad, Jalalabad. Die aardbewing is ook in verskeie stede in die naburige Pakistanse provinsies Khyber Pakhtunkhwa en […]
Thristan vat sy tweede Omega Europese Meesters - September 1, 2025
Thriston Lawrence van Suid-Afrika het die Omega Europese Meesters in Switserland vir die tweede keer in vier jaar gewen. Die 28-jarige het ‘n laaste ronde van 66 aangeteken vir ‘n oorwinning met twee houe om ‘n vyfde DP World Tour-titel te verower. Die verdedigende kampioen Matt Wallace van Engeland, die Deen Rasmus Hojgaard en Fin, […]
Twee dood in naweek brande - September 1, 2025
Brande het die afgelope naweek twee lewens geëis. ‘n Baba van vyf dae oud is Vrydag in Wanaheda in Windhoek dood. Dit is nie bekend wat die brand veroorsaak het in die kamer van die slapende baba nie. Op Epako is ‘n man Sondag dood toe ‘n kers ‘n brand veroorsaak het in die huis […]