NNN bekommerd oor twis tussen plaaslike owerhede, inwoners - November 2, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê toenemende konflik tussen plaaslike owerhede en inwoners is kommerwekkend en belemmer dienslewering. Tydens haar toespraak Saterdag by die opening van die sake-ekspo op Helao Nafidi in Ohangwena, het die president ‘n beroep op samewerking tussen al die belangehebbers gedoen.
Grondstorting eis 21 lewens in Kenia - November 2, 2025
Die Keniaanse regering het bevestig dat 21 mense dood is ná ‘n grondstorting in die westelike deel van die land na swaar reënval. Meer as 30 mense is steeds vermis, terwyl 25 met ernstige beserings per helikopter na hospitale geneem is. Die Keniaanse Rooi Kruis, wat help om reddingspogings te koördineer, sê die gebiede wat die […]
Talle ernstige beseer in mesaanval op Cambridge-trein - November 2, 2025
Tien mense word vir lewensgevaarlike beserings behandel ná twee mans Saterdag passasiers op ‘n trein naby naby Cambridge in oostelike Engeland met messe aangeval het. Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en die hulp van die Britse teenterrorismepolisie is ingeroep. Die motief vir die aanval is onbekend. Brittanje se eerste minister Keir Starmer het […]
Krieket: Pakistan wen laaste T20 om reeks teen Proteas in te palm - November 2, 2025
Die Pakistanse boulers met Shaheen Shah Afridi op die voorpunt, het die sukkelende Suid-Afrikaanse kolwers weer eens oorrompel en hulle beperk tot 139 vir nege in die derde en laaste T20-wedstryd Saterdagaand in die Gaddafi-stadion in Lahore. Shaheen het 3 vir 26 gevat voordat Pakistan se sterkolwer Babar Azam 68 lopies van 47 balle geslaan […]
Speenkalfkampioenskap opnuut ‘n reuse-sukses - November 2, 2025
Die 2025 Agra Speenkalfkampioenskapreeks het in styl afgesluit met ‘n gala-geleentheid wat Namibië se top speenkalfprodusente en landbouvennote gevier het. Die reeks, wat oor 14 liggings en meer as 9 000 km strek, het meer as 9 000 speenkalwers ten toon gestel, wat uitnemendheid en innovasie in die land se veebedryf vereer het. ‘n Totaal […]
SA ondersteun internasionale handelsverbod op ivoor, renosterhoring - November 2, 2025
Die departement van bosbou, visserye en die omgewing het Suid-Afrika se volle steun vir die internasionale verbod op kommersiële handel in ivoor- en renosterhoring bevestig. Minister Dion George het beklemtoon die land sal nie handel heropen nie en wildbeskerming bo wins prioritiseer. In die aanloop tot CITES CoP20 in Uzbekistan sê die minister Suid-Afrika bly […]
Melissa een van kragtigste orkane ooit - November 2, 2025
Verskeie dae van stortreën, sterk winde en katastrofiese oorstromings het tot wydverspreide verwoesting oor die Karibiese Eilande gelei, met gesinne ontwortel is en noodsaaklike dienste ontwrig gelaat het. Orkaan Melissa het gemeenskappe oorstroom, gewasse vernietig en noodsaaklike infrastruktuur verlam, op haar pad deur Jamaika, Kuba, Haïti en die Dominikaanse Republiek. Paaie bly afgesny en kragonderbrekings […]
Rugby: Springbokke in weghol-oorwinning teen Japan - November 2, 2025
Rassie Erasmus het sy span geprys vir hul oortuigende oorwinning van 61-7 by Wembley-stadion in Londen Saterdag, en hoewel die Springbok-afrigter aangenaam verras was met die uitslag, het hy gesê die volgende paar weke sal heeltemal ander uitdagings bied. Die Bokke het agt drieë gedruk en is ‘n strafdrie toegeken en Japan beperk tot slegs […]
Gesondheid ondersoek voorval by Ndama-kliniek - November 1, 2025
Die gesondheidsministerie het ‘n ondersoek van stapel gestuur ná die Ndama-kliniek op Rundu Donderdag geweier het om ‘n graad 1-leerder te behandel omdat die kliniek se voorraad gesondheidspaspoorte op was. Personeel by die kliniek het ook nagelaat om amptelik gestempelde velle papier te gebruik wat as ‘n tydelike gesondheidpaspoort kon dien. In ‘n verklaring sê […]
Hof beslis ten gunste van AfriForum oor kragtariewe - November 1, 2025
Die Hooggeregshof in Pretoria het bevind Nersa se proses om munisipale elektrisiteitstariewe goed te keur, is ongrondwetlik. Die hof het beslis Nersa het versuim om behoorlike kostebepalings te doen en openbaredeelname-prosesse te volg. AfriForum het die saak met koste gewen en nuwe sperdatums vir openbare deelname verseker voor tariewe goedgekeur word. Die hof het Nersa […]