Chainsaw Man spring na bo by VSA-loket - October 27, 2025

Die Japannese animasiefilm, Chainsaw Man – The Movie: Reze Arc, was tydens sy openingsnaweek bo-aan die Amerikaanse lokettrefferlys. Die jongste rolprent van Sony se Crunchyroll volg die avonture van Denji, gespeel deur Kikunosuke Toya, ‘n tiener en demoonjagter. Universal se Black Phone 2 het na die tweede plek teruggesak, met Regretting You in die derde […]

Read More

Damian Willemse beseer, loop dalk November-toetse mis - October 27, 2025

Rugby: Die Springbokke sal dalk sonder heelagter Damian Willemse moet klaarkom vir die komende vyf einde-van-die-jaar-toetse. Hy het Saterdag ‘n dyspierbesering opgedoen toe die Stormers vir Benetton 31-16 geklop het in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die 27-jarige Willemse is in afrigter Rassie Erasmus se groep vir die November-toetse teen Japan, Frankryk, Italië, Ierland en Wallis. Die […]

Read More

Bipa hersien korporatiewe wetgewing - October 27, 2025

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, is besig met ‘n groot hersiening van Namibië se korporatiewe wetgewing om ‘n meer bemagtigende sake-omgewing te skep. Die Korporatiewe Wetsontwerp poog om twee belangrike sakewette, die Maatskappyewet en die Wet op Beslote Korporasies, te vervang. Dit word as verouderd en onresponsief tot die huidige ekonomiese realiteite beskou. Rapha […]

Read More

Swart ekonomiese bemagtiging bemagtig politici - October 27, 2025

Die Forum for South Africa sê die huidige beleid oor swart ekonomiese bemagtiging het nie in sy ware doel geslaag nie. Die DA het verlede week sy Wetsontwerp oor Ekonomiese Insluiting vir Almal bekendgestel wat daarop gemik is om die land se huidige SEB-wette met ʼn inklusiewe verkrygingstelsel te vervang. Die forum se leier, Tebogo […]

Read More

Angolese regbank begin staking - October 27, 2025

Volgens die algemene sekretaris van die Angolese Hofbeamptesunie, Joaquim de Brito Teixeira, is ‘n staking tydens ‘n buitengewone vergadering goedgekeur en kan dit in nuwe fases tot Augustus 2026 voortduur, indien daar geen reaksie van die lynministerie oor hulle eise is nie. Hy sê hulle moet staak om antwoorde te eis wat te doen het […]

Read More

Venezuela sê VSA is besig met valsvlag-operasie - October 27, 2025

Venezuela veroordeel wat hy beskryf as ‘n militêre provokasie deur die naburige Trinidad en Tobago in samewerking met die Amerikaanse Sentrale Intelligensieagentskap, wat daarop gemik is om ‘n volledige militêre konfrontasie met die Latyns-Amerikaanse nasie aan te spoor. Gesamentlike militêre oefeninge tussen die VSA en Trinidad en Tobago is tans aan die gang in die […]

Read More

So lyk die Mej. Heelal-kompetisie - October 27, 2025

Die Mej. Heelal 2025-skouspel is geskeduleer om op 21 November in Thailand plaas te vind en Mej. Namibië, Johanna Swartbooi, sal meeding. Die finale lys van deelnemers is nog nie gefinaliseer nie, maar meer as 100 lande is reeds bevestig. Swartbooi het onlangs by ‘n inligtingsessie oor die Mej. Heelal kompetisie gepraat.

Read More

Vrae het ontstaan oor koste van stembriewe - October 27, 2025

Die Tender Bulletin bevraagteken die koste van stembriewe vir die komende verkiesing. Die Verkiesingskommissie het aangekondig die kostes beloop 4,9 miljoen Namibiese dollar, maar die kommissie het net 2,9 miljoen dollar vir verlede jaar se presidensiële verkiesing betaal – dus, ‘n 69 persent styging. Uniprint sal net meer as 1,8 miljoen stembriewe vir die streeksraad […]

Read More

Ithete is ‘n liggegwig, afdanking sal nie binnegevegte veroorsaak nie - October 27, 2025

Die adjunk-eerste minister en energieminister, Natangwe Ithete, is Sondag deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgedank. Sy het nie redes verskaf nie en het vanoggend agter geslote deure die personeel van die ministerie toegespreek nadat sy gesê sy is vir nou in beheer daarvan. Kommentators meen dat daar binnegevegte in die party sal ontwikkel, met geteikende lekkasies […]

Read More

Mynbou kan meer as 18 000 werksgeleenthede in 4 jaar skep - October 27, 2025

Namibië se mynbousektor het ‘n ontwikkelingspyplyn ter waarde van meer as 48 miljard Namibiese dollar in gekombineerde kapitaaluitgawes, wat na verwagting 18 148 direkte werksgeleenthede oor die volgende vier jaar sal skep. Dit is volgens Irvinne Simataa, tweede visepresident van die Kamer van Mynwese. Simataa sê die sektor betree ‘n belangrike groeifase, gedryf deur nuwe […]

Read More