Ekonoom Kasuto sien uit na bydrae by die Beplanningskommissie - September 1, 2025

Die ekonoom Jason Kasuto, wat onlangs by Namibië se Nasionale Beplanningskommissie aangestel is, bring sy onafhanklike stem en visie vir inklusiewe groei na die tafel. Kasuto, afkomstig van die Ekonomiese Vereniging van Namibië, sê sy missie is om lewensgehalte te verbeter en ‘n meer billike ekonomie vir almal te bou. Kasuto sluit aan by 18 […]

Read More

SAKP bly verbind tot samewerking met ANC - September 1, 2025

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê sy verkiesing-strategie vir 2026 sal daarop gemik wees om die krisis van werkersklas-verteenwoordiging aan te spreek. Die SAKP se Sentrale Komitee het oor die naweek vergader, waar omvattende verslae van die Politieke Buro en die Sekretariaat bespreek is. Die verslae gee ‘n diepgaande ontleding van die plaaslike en wêreldwye situasie. […]

Read More

Alcaraz en Djokovic deur na kwarteindronde by Amerikaanse Ope - September 1, 2025

Die wêreld-nommer-twee, Carlos Alcaraz van Spanje, is deur na die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope nadat hy Arthur Rinderknech van Frankryk geklop het. Die 38-jarige Serwiër, Novak Djokovic, het die Duitse kwalifiseerder, Jan-Lennard Struff, maklik verslaan om die oudste man in die geskiedenis te word wat die kwarteindronde van al vier majors se enkelspelrondes in […]

Read More

Meer as 18 miljoen Angolese kwanza uit voertuig op Oshakati gesteel - September 1, 2025

Meer as 18 miljoen Angolese kwanza in kontant, bykans 347 000 Namibiese dollar, is Vrydagmiddag na bewering uit ‘n motor gesteel wat tussen die staatshospitaal en hoërhof op Oshakati geparkeer was. Volgens die slagoffer was hy in die hospitaal vir behandeling en met sy terugkeer was die deur van sy motor oopgebreek. Verskeie ander items […]

Read More

ECN lei kiesers op oor November stemmery - September 1, 2025

Die Verkiesingskommissie van Namibië sal van September tot November ‘n landswye kieser- en burgerlike inligtingsveldtog hou voor die streeksraad- en plaaslike owerheidsverkiesings. Dit is om te verseker dat alle stemgeregtigdes, insluitend plaaswerkers, toegang het tot die verkiesing. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, gesels.

Read More

Verdagte vas vir sluipmoord in Oekraïne - September 1, 2025

ʼn Verdagte is gearresteer in verband met die moord op die voormalige Oekraïnse parlementêre speaker, Andriy Parubiy. Hy is Saterdag in die stad Lviv doodgeskiet deur iemand wat hom as ʼn koerier voorgedoen het. Die 54-jarige Parubiy het bekendheid verwerf tydens Oekraïne se massabetogings wat sterker bande met die Europese Unie voorgestaan het, en in […]

Read More

CAF onderhandel vir miljoene se vennootskap om sokker te ontwikkel - September 1, 2025

Die Konfederasie van Afrika-sokker onderhandel oor ‘n agtjaar-vennootskap van 17 miljard Suid-Afrikaanse rand met die privaatsektor. Die president van CAF, Patrice Motsepe, het in Nairobi, Kenia, gesê die ooreenkoms is daarop gemik om befondsing vir Afrika-sokker in te bring, met die fokus op jeugkompetisies, akademies en talentontwikkeling vir seuns en meisies. Hy het gesê dit […]

Read More

Van der Linden verdedig likwidasie van voerkraal  - September 1, 2025

Bank Windhoek se aansoek vir die likwidasie van Linden Beef sal weer môre in die hof voorkom na David van der Linden, tans agter tralies in Okahandja op dwelmklagtes, ter elfder uur verdediging ingedien het. Die bank sê hy word 28,5 miljoen Namibiese dollar geskuld. Agra het ook onlangs ‘n eis van 7 miljoen dollar […]

Read More

Namcor-direksie niks lus vir Maureen nie  - September 1, 2025

Namcor se hele direksie dreig om te bedank ná Maureen Hinda-Mbuende, die voormalige adjunkminister van finansies, verlede week vir ‘n tydperk van ses maande as die tussentydse besturende direkteur van dié beleërde staatskorporasie aangestel is. Volgens The Namibian word die skuif as politieke inmenging beskou en was die direksie teen die aanstelling gekant. Namcor is […]

Read More

Greta en kie vaar weer na Gaza  - September 1, 2025

Greta Thunberg seil weer na Gaza met meer as 70 bote en honderde aktiviste uit 44 lande. Hulle het Sondag van Barcelona vertrek en sal hulpvoorrade by Tunisië optel. Die 22-jarige sê dit is ‘n sending om die uiters gewelddadige, sake-soos-gewoonlik internasionale stelsel uit te daag wat nie internasionale reg handhaaf nie. 

Read More