Bok-vroue haal eerste kwarteindronde  - September 1, 2025

Die Springbok-vroue het in York, Engeland, ʼn 29-24 bonuspunt-oorwinning oor Italië behaal en die eerste keer ooit die Wêreldrugby-beker vir Vroue se kwarteindronde gehaal. Aseza Hele, Nadine Roos, Ayanda Malinga, Sizophila Solontsi en Sinazo Mcatshulwa het Suid-Afrika se vyf drieë gedruk en hulle ʼn tweede oorwinning in Groep D besorg. Hulle het Brasilië in hul […]

Read More

Unam reageer op Wi-Fi klagtes   - September 1, 2025

Studente by Unam kla sedert 14 Augustus oor swak Wi-Fi-dienste op kampus, veral in die koshuise en hoofbiblioteek. Hulle sê dit ontwrig hul studies en sommige het aanlyn toetse gemis weens die probleem, terwyl hulle vir die dienste betaal. Sommige sê hulle moes desperate planne maak soos om by ander instellings te studeer, en sê […]

Read More

Nuwe reël 108-maatreëls is menslik - September 1, 2025

Kommentaar oor die onlangse veranderinge aan Reël 108 word nog voortgesit. Die wet sal nou sterker beskerming bied vir huiseienaars wat skuld in die gesig staar. Toni Hancox die direkteur van die Regshulpsentrum het aan Kosmos 94.1 gesê die nuwe reëls is ‘n welkome stap, wat verseker dat howe na persoonlike omstandighede kyk voordat ‘n […]

Read More

Aborsie-sindikaat aan die kus oopgevlek - September 1, 2025

Inligting oor ‘n sindikaat van buitelanders wat hulle as dokters voordoen en aborsiepille aan agente in verskillende dorpe verkoop, het Vrydagaand tot die arrestasie van ‘n Namibiese vrou in Tamariskia in Swakopmund gelei. Die vrou het 16 aborsiepille ter waarde van 3 200 Namibiese dollar aan ‘n polisiebeampte verkoop wat in die geheim gewerk het. […]

Read More

Laaste uitstel in Coenie se kriptosaak - September 1, 2025

Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove sal weer op 6 Oktober in die laerhof in die hoofstad verskyn op klagte van bedrog van 163 miljoen Namibiese dollar, 31 aanklagte van die bedryf van ‘n bankbesigheid sonder magtiging, 31 aanklagte van geldwassery en ‘n aanklag van die bedryf van ‘n Ponzi-skema. Die twee het in […]

Read More

Shalulile maak sokkergeskiedenis in die buurland - September 1, 2025

Harde werk, toewyding en geloof is die geheim vir sukses, sê Namibië se internasionale sokkerspeler, Peter Shalulile. Shalulile het die naweek Suid-Afrikaanse sokkergeskiedenis gemaak deur sy 130ste doel aan te teken. Die vorige rekord vir die meeste doelskoppe was 129 en het aan Siyabonga Nomvethe behoort. Shalulile, ‘n doelskieter vir Mamelodi Sundowns, het dié rekord […]

Read More

Sterftesyfer in NCS/NamPol ongeluk styg tot 16 - September 1, 2025

Die sterftesyfer in die naweek se gru-botsing naby Mariental, een van die dodelikste in 30 jaar, het tot 16 gestyg. Buiten vir die 11 lede van korrektiewe dienste, twee polisiebeamptes en een burgerlike wat Saterdag dood is ná ‘n tromp-op-botsing tussen ‘n polisievangwa en ‘n voertuig wat tronkbewaarders vervoer het, het nóg ‘n lid van […]

Read More

Buitelanders in Openbare Werke se Kaapse kampe word uitgesit - September 1, 2025

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die balju’s van die hof sal binnekort uitsettingskennisgewings aan honderde buitelandse burgers in Openbare Werke se tentkampe in Wingfield in Maitland oorhandig, en Paint City in Bellville, wat deur die stad besit word. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het toestemming verleen vir die verskuiwings wat tydens die Covid-19-inperking ingestel is. […]

Read More

Israel bevestig Hamas-woordvoerder se dood - September 1, 2025

Die Israelse Weermag het bevestig dat die woordvoerder van Hamas se gewapende vleuel, Abu Obeida, oor die naweek in ‘n lugaanval in Gazastad dood is. Die weermag sê Obeida was ‘n sleutelteiken van ‘n aanval in die al-Rimal-woonbuurt. Hamas het nog nie sy dood nie bevestig nie. Die weermag sê Obeida het propaganda- en sielkundige […]

Read More

Piastri palm sewende oorwinning in - September 1, 2025

Oscar Piastri van McLaren het ʼn dramatiese Nederlandse Grand Prix gewen en sy sewende oorwinning van die seisoen behaal. Sy spanmaat, Lando Norris, wat tweede kon klaarmaak, moes agt rondes voor die einde onttrek weens ʼn olielek. Max Verstappen van Red Bull was tweede en die Racing Bulls-renjaer, Isack Hadjar, was derde in sy eerste […]

Read More