Oregen Energy optimisties oor olie in Namibië - August 31, 2025

Die Kanadese maatskappy, Oregen Energy, is optimisties oor die vooruitsigte vir die ontdekking van olie in ‘n eksplorasieblok in die Oranje-kom aflandig Namibië. Oregen het ‘n indirekte belang van bykans 34% in Blok 2712A. Volgens die uitvoerende hoof van Oregen, Mason Granger, neem die vraag na olie internasionaal toe en steun die wêreld steeds op […]

Read More

Ramaphosa woedend oor moorddossiere - August 31, 2025

President Cyril Ramaphosa is woedend oor die besluit van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, om 121 politieke moorddossiere aan die KwaZulu-Natal-taakspan terug te besorg. Volgens City Press glo hy die optrede kan die Madlanga-kommissie van ondersoek vooruitloop. Presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya het aan die webblad gesê die president beskou dit as onverstandig van die polisiebestuur om te begin […]

Read More

Duisende betoog oor vermistes in Mexiko - August 31, 2025

Duisende mense het in Mexiko teen gedwonge verdwynings betoog en strenger optrede deur amptenare te eis. Meer as 130 000 mense is as vermis in Mexiko aangemeld. Byna al die verdwynings het plaasgevind sedert 2007, toe die destydse president Felipe Calderón sy “oorlog teen dwelms” van stapel gestuur het. In baie gevalle is diegene wat verdwyn […]

Read More

Rugby: Faf help Bokke teen All Blacks - August 31, 2025

Die ervare skrumskakel Faf de Klerk sal by die Springbokke in Nieu-Seeland aansluit vir die tweede been van hul Rugbykampioenskap-veldtog teen die All Blacks. Dit is vir die wedstryde wat hulle in Auckland en Wellington sal speel. De Klerk se insluiting vergroot die groep wat tans voorberei vir die eerste toets in Auckland tot 36. […]

Read More

Ngurare beloof sportstadions landswyd - August 31, 2025

Die regering gaan meer as 200 miljoen Namibiese dollar in sport-infrastruktuur landswyd belê, sê eerste minister Elijah Ngurare. Ngurare het Saterdag in ‘n toespraak in die Oshihepo-nederstetting in Ohangwena gesê dié ontwikkelingsprojek gaan reeds in die huidige begrotingsjaar geïmplementeer word. Elke kiesafdeling in die land gaan oor ‘n basiese sportstadion beskik, volgens hom:

Read More

Poskantoor in SA stop pakkies na Amerika - August 31, 2025

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het die uitgaande pakketdiens na die Verenigde State met onmiddellike ingang opgeskort. Dit volg ná nuwe Amerikaanse regulasies wat die belastingvrye toelaag van 14 000 rand staak. Pakkies by die Germiston internasionale possentrum wat nie hieraan voldoen nie, sal aan die senders terugbesorg word. Die opskorting sal voortduur totdat ‘n nuwe bestuurstelsel […]

Read More

Houthi-rebelle sweer wraak ná leiers se dood - August 31, 2025

Jemen se Houthi-rebelle het Saterdag onderneem om wraak te neem vir die dood van hul eerste minister en ander politieke leiers in Israelse lugaanvalle vroeër hierdie week. Die Houthi’s het bevestig dat eerste minister Ahmed al-Rahawi Donderdag in ‘n aanval op die Jemenitiese hoofstad Sana’a dood is. Ander is ook ernstig gewond. Al-Rahawi is die […]

Read More

Grand Prix: Piastri spring voor weg in Nederland - August 31, 2025

Oscar Piastri het Saterdag die voorste wegspringplek vir die Nederlandse Grand Prix ingepalm en is saam met sy spanmaat Lando Norris in die eerste ry, om McLaren se oorheersing van Formule Een vol te hou. Dit was die Australiese jaer vyfde top-wegspring vir die seisoen. Piastri hoop om vanmiddag sy voorsprong van nege punte oor […]

Read More

Duisende vuurwapens in misdaad in Namibië - August 31, 2025

Meer as 3 200 voorvalle waarin vuurwapens betrokke was, is tussen 2021 en 2024 deur die Namibiese polisie aangeteken. Altesaam 165 mense is vermoor en 538 sake van poging tot moord is ondersoek. Vuurwapens is ook in bykans 1 500 rooftogte in die oorsigtydperk gebruik. Die polisie het dié statistiek Vrydag tydens die bekendstelling van September […]

Read More

ANC steeds hul vennoot, sê SAKP - August 31, 2025

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê hulle beskou die ANC steeds as vennoot, ondanks planne om onafhanklik aan die 2026-plaaslike verkiesing deel te neem. Woordvoerder Mbulelo Mandlana het aan SABC News gesê die alliansie is gewortel in ‘n breër politieke program wat verder strek as verkiesings. Mandlana het erken dat die ANC-SAKP-taakspan nog in ‘n vroeë […]

Read More