Dodetal in Mariental-ongeluk styg - August 31, 2025

Die dodetal in die gru-ongeluk Saterdagoggend net buite Mariental het tot 15 gestyg, het Namibië se polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, aan Informanté bevestig. Dié tromp-op-botsing tussen ‘n polisievangwa en ‘n voertuig wat tronkbewaarders vervoer het, het sowat 3 km van die Hardap-gevangenis gebeur. Onder die oorledenes was 12 dieners van die gereg en twee verdagtes. […]

Read More

Onwettige handel stroop SA van miljarde - August 31, 2025

Tax Justice SA het die regering versoek om onwettige handel tot ‘n nasionale noodtoestand te verklaar nadat ‘n nuwe verslag van die Afrika-Unie onthul het dat Suid-Afrika daagliks meer as 250 miljoen rand aan misdaadsindikate verloor. Onwettige sigarette kos jaarliks 28 miljard rand, terwyl onwettige alkohol 16,5 miljard rand dreineer. Stigter Yusuf Abramjee het gewaarsku dat […]

Read More

Putin sleep vlerk by Indië - August 31, 2025

Die Russiese president Vladimir Putin sal in Desember amptelik besoek in Indië aflê, namate bande tussen die lande hegter word en na Amerika tariewe op Nieu-Delhi gehef het oor sy aankope van Russiese olie. Putin sal ook môre die Indiese eerste minister, Narendra Modi, op ‘n streeksberaad in China ontmoet. Die Amerikaanse president Donald Trump […]

Read More

Motorsport: Tydrenuitslae van Grootfontein - August 31, 2025

Net agt uit die 12 inskrywings in die Shell V-Power/M+Z nasionale tydrenkampioenskappe op Grootfontein kon die mas opkom. Dié tydren oor 10 trajekte het Saterdag op die noordedorp plaasgevind. Francois Lottering van MotorMedia Namibia het die uitslae:

Read More

Sersant sterf toe hy selfdood probeer stop  - August 31, 2025

Die polisie het die naam bekend gemaak van die beampte wat Woensdagaand op Walvisbaai in ‘n roofvoorval doodgeskiet is. Sersant Eustance Simasiku Matongo, 34 jaar oud, is na bewering deur Jacques Pienaar, ‘n Usakos-inwoner, geskiet. Die polisie het op Pienaar afgekom waar hy glo met ‘n vuurwapen teen sy kop gestaan het ná hy iemand by […]

Read More

Interdik teen taxiverenigings in Wes-Kaap - August 31, 2025

Die Wes-Kaapse LUR vir mobiliteit, Isaac Sileku, het die Hooggeregshof se dringende interdik teen die Cape Amalgamated Taxi Association en die Cape Organisation for the Democratic Taxi Association verwelkom ná voorvalle in Philippi-Oos, Khayelitsha en Macassar, waarin vyf mense dood en nege beseer is. Sileku sê dit dwing nakoming af en sal die geweld beëindig. […]

Read More

Hof sit voet neer oor migrante in VSA  - August 31, 2025

‘n Federale regter het ‘n poging van die Trump-administrasie gestuit om die deportasie van migrante wat in die VSA aangehou word, te bespoedig, en dit as ‘n skending van die regproses bestempel. Regter Jia Cobb het gesê, anders as migrante wat by of naby die grens aangehou word, teiken die administrasie nou mense wat ‘n […]

Read More

Curriebeker: Leeus verpletter Bulle se hoop  - August 31, 2025

Die Leeus het die Bulle se hoop in die Curriebeker aan skerwe laat spat en is in die top vier van die kompetisie ná ‘n vernederende oorwinning van 44-5. Die Leeus was teen rustyd gemaklik voor met 20-5, met die Bulle se enigste punte van die wedstryd ‘n drie deur Jaco van der Walt. Die […]

Read More

Trump wil R89 miljard se hulp stuit - August 30, 2025

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het stappe gedoen om 89 miljard rand se buitelandse hulp te verhoed wat deur die Kongres goedgekeur is. Dit dui op ‘n moontlike federale stilstand ná 30 September omdat Demokrate daarteen gekant is. Trump het aan die Huis van Verteenwoordigers geskryf en gesê die besnoeiings raak programme van die departement van […]

Read More

VN-waghond soek antwoorde oor Tsumeb-smelter  - August 30, 2025

Die Verenigde Nasies se waghond vir menseregte en die omgewing het ‘n sterk bewoorde verslag oor die Tsumeb-smelter uitgereik en dring aan op antwoorde oor beweerde benadeling van die gesondheid van werkers en lede van die gemeenskap. Die VN se spesiale rapporteurs sê hulle is “baie ernstig bekommerd” oor die negatiewe impak op menseregte en die […]

Read More