NNN betuig medelye met slagoffers van Mariental-ongeluk - August 30, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar medelye uitgespreek met die familie van die 14 mense wat vanoggend in ‘n tromp-op-botsing buite Mariental dood is. Elf van die oorledenes was lede van korrektiewe dienste, twee was polisiebeamptes en een ‘n burgerlike. “Geen woorde kan werklik die omvang van die verlies vasvang nie,” het Nandi-Ndaitwah gesê.
Motorsport: Die stof staan op Grootfontein! - August 30, 2025
In motorsportnuus is die Shell V-Power M&Z-tydren in volle swang op Grootfontein. Dit is die vierde been van die nasionale kampioenskappe. Twaalf spanne het ingeskryf, maar een moes reeds onttrek. Francois Lottering van MotorMedia Namibia het meer:
Wysigings oor beslagleggings verwelkom - August 30, 2025
Voormalige ombudsman John Walters het die langverwagte veranderinge aan eiendomsbeslagleggingswette geprys. Leners moet nou in kennis gestel word, in die hof aangehoor word, en eiendomme kan nie onder markwaarde verkoop word sonder twee onafhanklike waardasies nie. Dit, het Walters aan Kosmos 94.1 Nuus gesê, verdien applous.
Ramaphosa stel geskiedkundige G20-komitee bekend - August 30, 2025
President Cyril Ramaphosa het ‘n geskiedkundige Buitengewone G20 Komitee van Onafhanklike Kenners bekendgestel om wêreldwye welvaartsongelykheid aan te spreek. Met die Nobelpryswenner Joseph Stiglitz as voorsitter, sal die paneel van ses, insluitend Winnie Byanyima en die ekonoom Jayati Ghosh, die uitwerking op groei, armoede en multilaterale samewerking ondersoek teen die agtergrond van makro-ekonomiese vrese oor […]
G’n beskerming meer vir Kamala - August 30, 2025
Die Trump-administrasie het die voormalige visepresident, Kamala Harris, se Geheime Diens-sekerheidsbeskerming teruggetrek. Die administrasie het ‘n verlenging opgeskort wat deur oudpresident Joe Biden goedgekeur is vir die verslane Demokratiese presidentskandidaat. Haar gebruiklike beskermingstydperk van ses maande het op 21 Julie verstryk. Hoewel Harris ‘n lae profiel handhaaf sedert sy die verkiesing verloor het, beplan sy […]
Curriebeker: Leeus gaan uithaal teen Bulle - August 30, 2025
Die Leeus het dit duidelik gemaak hulle gaan alles uithaal om die Curriebeker te wen deur verskeie van hulle Verenigde Rugbykampioenskap-spelers te kies. Die unie se hoofafrigter, Ivan Rooyen, het ook oorgeneem by Mziwakhe Nkosi. Onder die VRK-spelers wat gekies is vir vanmiddag se wedstryd teen die Bulle in Johannesburg is die Springbokke Quan Horn […]
Gru-botsing buite Mariental eis 14 lewens - August 30, 2025
Veertien lede van die polisie en korrektiewe dienste is vroeg vanoggend net buite Mariental in ‘n kop-teen-kop-botsing dood, het die polisie bevestig. Meer as tien mense is met beserings in die hospitaal opgeneem, het mediese spanne op die toneel bevestig. Die ongeluk tussen die twee regeringsvoertuie het op die pad na Kalkrand gebeur toe die beamptes […]
Antwoorde steeds gesoek oor Swapo-gate - August 30, 2025
Vandag is die Internasionale Dag van die Slagoffers van Gedwonge Verdwynings. Hierdie Verenigde Nasies-herdenking beklemtoon die ernstige ongeregtighede en lyding wat aan slagoffers en hul families wêreldwyd veroorsaak word, en om aksie te bevorder om dié misdaad teen die mensdom te voorkom. Dr. Leefa Martin ‘n oorlewende van Swapo se Lubango-kerkers in Angola, en ‘n […]
Honderde aktiviste ruk op na Gaza - August 30, 2025
Pro-Palestynse aktiviste berei hulle voor om môre vanuit Spanje na Gaza te vaar in tientalle bote met hulp aanboord. Honderde mense van 44 lande, insluitend die Sweedse aktivis Greta Thunberg, sal na verwagting vanuit verskeie hawens na Gaza vertrek as deel van die grootste flottielje van die aard ooit. Hulle het regerings versoek om druk op […]
Curriebeker: Louw Nel lei WP - August 30, 2025
Die losvoorspeler Louw Nel neem die kapteinskap oor vir die Westelike Provinsie se Curriebeker-kragmeting vanaand teen die Pumas in Kaapstad. Connor Evans en Paul de Villiers vorm saam Nel die lostrio, terwyl Riley Norton na die slotposisie skuif in die plek van die beseerde kaptein, Gary Porter. Die enigste verandering aan die voorry is Mhleli […]