Jong Namibiër bereik Noordpool-mylpaal - August 30, 2025

Teaghan Beresford, ‘n 15-jarige Swakopmunder, het die eerste Namibiër geword om die Noordpool te besoek. Sy was deel van ‘n 66 skoolkinders van 21 lande wat gekies is om aan boord ‘n Russiese kern-ysbreker na die Noordpool se reis vir die sesde internasionale artiese ekspedisie, of te wel die “Icebreaker of Knowledge”. Sy deel haar […]

Read More

Mbeki waarsku teen onmin tussen ANC, SAKP  - August 30, 2025

Oudpresident Thabo Mbeki het gewaarsku dat ‘n regstreekse verkiesingsuitdaging deur die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party teen die ANC in die 2026 munisipale verkiesing, konfrontasie tussen die twee langdurige bondgenote kan veroorsaak. Dit volg nadat die SAKP-woordvoerder, Mbulelo Mandlana, bevestig het dat die party die ANC steeds as ‘n vennoot beskou, ten spyte van planne om onafhanklik […]

Read More

Palestyne nie welkom by VN-vergadering in New York  - August 30, 2025

Die Palestynse president Mahmoud Abbas kan nie die VN se Algemene Vergadering in New York volgende maand bywoon nie nadat hy en 80 ander Palestynse amptenare se visums herroep is. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê hulle ondermyn vredespogings met hulle soeke na die erkenning van ‘n Palestynse staat. Die besluit is […]

Read More

Sokker: Lewandowski keer terug as kaptein vir Pole  - August 30, 2025

Die veteraan-doelskieter Robert Lewandowski is as kaptein aangewys na hy Vrydag deur die nuwe nasionale afrigter Jan Urban na die Pole-groep teruggeroep is vir die 2026 Wêreldbeker kwalifiserende ronde. Lewandowski, Pole se voorste puntemaker ooit, het in Junie geweier om vir die nasionale span te speel nadat Michal Probierz die doelskieter van sy kapteinskap onthef […]

Read More

Polisie soek visdief op Walvis  - August 30, 2025

Die polisie in Erongo het ‘n beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met inligting wat kan help om die verdagte vas te trek wat kartonne bevrore vis ter waarde van 240 000 Namibiese dollar op Walvisbaai gesteel het. Die verdagte het hom Dinsdagnag as ‘n werknemer van ‘n maatskappy voorgedoen en die […]

Read More

Polisieminister in SA soek verslag oor politieke moorde - August 30, 2025

Die minister van polisie, Firoz Cachalia, het ‘n gedetailleerde verslag van die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola oor die taakspan vir politieke moorde aangevra. Dit volg ná die terugbesorging van 121 dossiers aan die span te midde van bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Cachalia sê die saak is van openbare belang en moet deeglik […]

Read More

Trump-tariewe onwettig, sê hof  - August 30, 2025

‘n Amerikaanse appèlhof het beslis dat die meeste van president Donald Trump se tariewe onwettig is, wat ‘n moontlike regskonfrontasie kan veroorsaak en sy buitelandse beleidsagenda omver kan werp. In ‘n 7-4-beslissing het die Federale Amerikaanse Appèlhof Trump se argument verwerp dat die tariewe toegelaat word kragtens ‘n noodwet op ekonomiese magte en verklaar dit […]

Read More

Vrouekrieket: Wêreldbekertoernooi hervat in Engeland  - August 30, 2025

Die Vroue-Wêreldbekertoernooi hervat vandag in Engeland wanneer Kanada en Wallis mekaar pak aan die begin van die tweede ronde. Skotland speel teen Fidji, die gasvroue teen Samoa en Amerika teen Australië. Die Springbok-vroue speel môre teen Italië na hulle oortuigende oorwinning oor Brasilië in hulle eerste wedstryd, terwyl Ierland en Spanje sal kragte meet. Nieu-Seeland […]

Read More

Pediatriese terapiesentrum open in Swakop - August 30, 2025

Die Beyond Barriers pediatriese terapiesentrum, ‘n eerste van sy soort in die SADC-streek, open vandag sy deure in Swakopmund, wat ‘n geskiedkundige stap nader aan inklusiewe gesondheidsorg en hoop vir kinders met verskillende neurogestremdhede en hul gesinne aandui. Kosmos 94.1 Nuus het met Anthea Kostin, medestigter van Beyond Barriers, gepraat.

Read More

Ponzi-pastoor nege jaar tronk toe  - August 30, 2025

Die gewese pastoor Colin Davids van Platinum Forex en sy mede-aangeklaagde, Derek Bredenkamp, is elk nege jaar tronkstraf in die Handelsmisdaadhof in Bellville, Kaapstad, opgelê oor ‘n Ponzi-skema van 329 miljoen rand. Hulle is in Junie skuldig bevind in die saak wat ‘n dekade lank geduur het. Ondersoekers het bevind Platinum Forex was nie geregistreer nie en […]

Read More