Zelensky soek veiligheidswaarborge  - August 30, 2025

President Volodymir Zelensky sê beraadslagings deur Kiëf se vennote oor veiligheidswaarborge vir Oekraïne moet “dringend” tot leiersvlak verhef word, en die Amerikaanse president Donald Trump moet deelneem. Oekraïne soek standvastige verbintenisse deur Kiëf se bondgenote as deel van enige vredesooreenkoms om die oorlog met Rusland te beëindig. Zelensky het aan verslaggewers gesê hy verwag om […]

Read More

Curriebeker: Griekwas in weghol-oorwinning teen Cheetahs  - August 30, 2025

Die Griekwas het Vrydagaand in Bloemfontein ‘n uitstekende vertoning in die eerste helfte gelewer wat hulle tot ‘n oorweldigende 40-10 Curriebeker-oorwinning oor die Cheetahs gelei het. Beide spanne het met oorgawe aangeval, maar die Griekwas was die beste met vyf drieë in die eerste helfte om met 33-5 voor te loop. Die tweede helfte was […]

Read More

Copps 94.1: Besige Vrydagaand in Windhoek - August 30, 2025

‘n Aanranding en motorongeluk was van die insidente wat die Copps 94.1-span Vrydagaand in Windhoek moes hanteer. Kosmos 94.1 se Darren Smith was op die toneel en doen verslag:

Read More

Verkeerspolisie moet fokus verskuif  - August 30, 2025

Die Gauteng Provinsiale Wetgewer se Portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het sy kommer uitgespreek oor padblokkades deur die Metropolisie en Gauteng-verkeerspolisie wat al meer gebruik word vir inkomste-invordering eerder as misdaadvoorkoming. Tydens ‘n vergadering met premier Panyaza Lesufi en die provinsiale polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, het lede opgemerk dat baie operasies fokus op onbetaalde boetes in plaas daarvan […]

Read More

Liggame van Israelse gyselaars gevind  - August 30, 2025

Israel se weermag het die liggaam van een gyselaar en die oorskot van ‘n ander in Gaza herwin. Die eerste minister se kantoor sê die liggaam is uitgeken as Ilan Weiss, met die oorskot van die ander nog onbekend. Weiss se vrou en dogter is tydens die Hamas-aanval in Oktober 2023 ontvoer en tydens die […]

Read More

Krieket: Namibië se wedstryd teen Skotland afgelas  - August 30, 2025

Namibië se FNB Eagles se eendagwedstryd teen Skotland is Vrydag afgelas sonder dat ‘n enkele bal geboul is, ondanks ‘n paar ongewone tegnieke van die plaaslike veldbeamptes. Die loting in King City in Ontario, Kanada is weens reën vertraag en hoewel een spesifieke klam kol doelbewus aan die brand gesteek is, is die wedstryd afgelas ná […]

Read More

Dís hoekom kinders nie deur politici gebruik moet word nie - August 29, 2025

Meer inligting is bekend oor die kommentaar deur die Studente-unie van Namibië wat die gebruik van skoolleerders deur politici vir persoonlike gewin veroordeel. Die unie se voorsitter Bernard Kavau waarsku dat dit die kinders kan blootstel aan afknouery. Hy verduidelik in ‘n onderhoud met die nasionale uitsaaier.

Read More

Aksie teen indringerplante op Tuinroete begin - August 29, 2025

Die Tuinroete-munisipaliteit het ʼn splinternuwe platform geskep om indringerplante uit te roei. Die platform het ʼn waagmoedige, voorlopige visie om 30-persent van die indringerplante op die Tuinroete teen 2030 uit te wis. Dit sal die bewaring van biodiversiteit, watersekerheid en vermindering van veldbrande ondersteun. Burgemeester Andrew Stroebel sê indringerplante het meer aggressief toegeneem wat die […]

Read More

Thaise eerste minister verwyder oor foonoproep - August 29, 2025

Thailand se eerste minister, Paetongtarn Shinawatra, is deur die Konstitusionele Hof verwyder vir die skending van etiese bepalings in ‘n uitgelekte telefoonoproep in Junie. In die oproep het sy die Kambodja se voormalige leier, Hun Sen, “oom” genoem en die Thaise leër gekritiseer te midde van verergerende grensspanning met Kambodja. Die oproep is deur Hun […]

Read More

Sinner, Swiatek vorder in Amerikaanse Ope - August 29, 2025

Tennis: Die verdedigende kampioen, Jannik Sinner, het deurgedring na die derde ronde van die Amerikaanse Ope toe hy die Australiër Alexei Popyrin verslaan het. Dis die Italianer se 23ste opeenvolgende oorwinning in hardebaan-Grand Slam-toernooie. Alexander Zverev van Duitsland het teen Jacob Fearney van Brittanje gewen en Kamil Majchrzak het Karen Khachanov van Rusland kafgedraf. In […]

Read More