Women at Work kry lof vir sy werk onder vroue - August 29, 2025

Die Capricorn-stigting het 300 000 Namibiese dollar aan die Women at Work-opleidingsentrum geskenk, wat die totale ondersteuning sedert 2022 op 1,5 miljoen dollar te staan bring. Die sentrum, wat in 2009 gestig is, lei ongeskoolde vroue op in gasvryheid, kleremaak en lewensvaardighede. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van SME’s Compete oor die […]

Read More

Skole haal uit in NSSR-ligas se halfeindrondte - August 29, 2025

Die Namibië Sekondêre Skole-rugby ligas se halfeindrondte vind vandag en môre by die Dr. Hage Geingob-stadion in Windhoek plaas. Die aksie het vandag afgeskop met die jonger ouderdomsgroepe, wat insluit kragmetings tussen Windhoek Afrikaanse Privaatskool, Windhoek Hoërskool, Windhoek Gimnasium, Pro-Ed Akademie en Dr. Lemmer. Die dag sluit af met die Onder-19 B halfeindstryd tussen WHS […]

Read More

Agribank ly eerste verlies in 5 jaar, wil boere bystaan - August 29, 2025

Agribank het in 2024 ‘n verlies van 19 miljoen Namibiese dollar gely, die eerste in vyf jaar, met agterstallige lenings wat tot 34 persent van sy portefeulje van 3,1 miljard dollar gestyg het. Ten spyte van rekord-rente-inkomste en stygende uitbetalings, het kredietverswakkings en koste die prestasie getemper. Agterstallige skuld oorskry steeds 1 miljard dollar, ten […]

Read More

‘Ngungula’ skaad die ekonomie en ontwikkeling - August 29, 2025

Die smokkel van goedkoop brandstof uit Angola, of “ngungula”, het Namibië se Nasionale Energiefonds die afgelope vyf jaar 300 miljoen Namibiese dollar gekos, het amptenare by die Ongwediva Jaarlikse Handelskou onthul. Daar word uiteraard nie belasting en heffings op verkope betaal nie. Owerhede sê die onwettige handel, veral in die Oshana-, Ohangwena- en Omusati-streke, dreineer […]

Read More

Energieministerie verduidelik brandstofprys-besluit - August 29, 2025

Wêreldwye oliemarkverskuiwings in Julie het veroorsaak dat oliepryse gedaal het. Ten spyte van stygende vragkoste as gevolg van spanning in die Midde-Ooste, het ‘n sterker Namibiese dollar gehelp om invoerdruk te verlig. Die energieministerie het aangekondig dat September se brandstofpryse onveranderd sal bly, met onderverhalings wat deur die Nasionale Energiefonds geabsorbeer word. Die ministerie se […]

Read More

Brittanje verbied Israel by groot wapenskou - August 29, 2025

Die Britse regering het Israelse amptenare verbied om volgende maand ‘n groot wapenskou in Londen by te woon. ‘n Regeringswoordvoerder het aan CNN gesê die Israelse regering se besluit om sy militêre operasie in Gaza verder te eskaleer is verkeerd en gevolglik sal geen Israelse afvaardiging genooi word om die skou by te woon nie. […]

Read More

Bipa verduidelik deregistrasie van besighede - August 29, 2025

Na talle oproepe vir nakoming en inligtingsessies het Bipa vandag begin met die eerste deregistrasie van 1 000 besighede landwyd, omdat voordelige eienaarskap nie verklaar is nie. Daar sal maandeliks 1 000 van die 137 000 gederegistreer word. Waarnemende uitvoerende hoof van Bipa, Aina Kaundu.

Read More

Saftu kap hoër kragtariewe na Nersa se blaps - August 29, 2025

Die vakbondfederasie, Saftu, het kommer uitgespreek oor die energiereguleerder, Nersa, se skikkingsooreenkoms van 54-miljard Suid-Afrikaanse rand met Eskom. Dit volg nadat Nersa ʼn fout begaan het in die berekening van die kragvoorsiener se inkomste vir die huidige en volgende twee boekjare. Ná die prysbepaling se hersiening verhoog die tarief in elk van die volgende twee […]

Read More

Klimaatverandering bedreig miljoene kinders se toekoms - August 29, 2025

Klimaatverandering kan ten minste 5,9-miljoen kinders en jong mense in Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande in armoede dompel as regerings nie nou optree nie. Die getal kan tot 17,9-miljoen styg as lande hulle nie daartoe verbind om die vrystel van kweekhuisgasse te verminder nie. Dis volgens ‘n verslag van die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie […]

Read More

Chris Froome geopereer na ernstige val - August 29, 2025

Fietsry: Die viermalige Tour de France-wenner, Chris Froome het ‘n operasie ondergaan nadat hy veelvuldige beserings in ‘n ongeluk in die suide van Frankryk opgedoen het terwyl hy op ‘n oefenrit was. Die 40-jarige Brit het geen kopbeserings opgedoen nie, maar het ‘n gebreekte werwel, sy long het platgeval en vyf ribbes is gebreek. Geen […]

Read More