September-brandstofpryse bly onveranderd - August 29, 2025
Die brandstofpryse bly onveranderd in September, het die energieministerie aangekondig. Petrol kos steeds 20 Namibiese dollar 37 sent per liter by Walvisbaai, diesel 50dpm kos 19 dollar 92 sent per liter en diesel 10dpm 20 dollar 2 sent per liter. Die ministerie sê die gemiddelde internasionale oliepryse was in Julie effe laer, terwyl die Namibiese […]
AfriForum staan wysigingswetontwerp op Grondwet teen - August 29, 2025
AfriForum sê hy is sterk gekant teen Mzwanele Manyi van die MK-party se voorgestelde 22ste Wysigingswetontwerp op die Grondwet. Die privaatlid-wetsontwerp wil Artikel 25 van die Grondwet herskryf en herdefinieer hoe grond en natuurlike hulpbronne besit en bestuur word. Dit stel voor alle grond en natuurlike hulpbronne word gesamentlik deur die mense besit met voogdyskap […]
VN-hoof waarsku teen Israel se Gazastad-planne - August 29, 2025
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê Israel se eerste stappe vir ʼn militêre oorname van Gazastad is ʼn nuwe en gevaarlike fase en waarsku teen verwoestende gevolge. Volgens berigte is minstens 62 260 mense, insluitend kinders, sedert Oktober 2023 dood in Israelse aanvalle op Gaza. Guterres sê Israel se weermagoperasies, setlaar-geweld, slopings en […]
Edenpark-toets ‘Bokke se grootste sedert Wêreldbeker’ - August 29, 2025
Rugby: Die Springbokke se hulpafrigter, Tony Brown, beskou volgende Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks in Auckland as Suid-Afrika se grootste sedert hulle Wêreldbeker-oorwinning in 2023. Nieu-Seeland het sedert 1994 nog nie op Edenpark verloor nie, terwyl die Bokke in 1937 laas daar kon wen. Suid-Afrika het die Kiwi’s in hul laaste vier ontmoetings […]
Studente-unie sê politici buit kinders uit - August 29, 2025
Die Studente-unie van Namibië het wat hy beskryf as die gebruik van skoolleerders deur politici vir persoonlike gewin veroordeel. Hy dring aan op die beskerming van leerders se veiligheid op openbare platforms. Die unie sê dit is ‘n skending van die kinders se regte. Dit kom na kinders gebruik is om gedigte te lees en […]
Masemola soek stratgieë teen oorgrensmisdaad - August 29, 2025
Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola, sê oorgrensmisdaad is besig om toe te neem en hy doen ‘n beroep vir groter samewerking deur Interpol. Masemola het by die Interpol Afrika-streekkonferensie in Kaapstad die behoefte vir Afrikastate benadruk om saam te staan, beginnende by die SAOG. Afgevaardigdes het benadruk dat dwelmvervaardigers en verspreiders geteiken moet word eerder […]
Net Pole behaal (amper) nuwe Navo-teiken - August 29, 2025
Alle Navo-lede sal vanjaar ‘n langstaande teiken bereik om 2 persent van die BBP aan verdediging te bestee, maar slegs drie bereik tans ‘n nuwe, hoër 5 persent doelwit wat deur alliansieleiers in Junie gestel is. Meer as tien van die 32 lede het nie die 2 persent doelwit bereik nie. Dit is reeds in 2014 […]
E3 soek sanksies teen Iran - August 29, 2025
Frankryk, Duitsland en die Verenigde Koninkryk het Donderdag ‘n meganisme aan die gang gesit om sanksies teen Iran te hervat, na ‘n reeks vergaderings nie daarin geslaag het om ‘n ooreenkoms oor die Iranse kernprogram te bereik nie. Die drie Europese lande, bekend as die E3, waarsku Teheran al vir weke dat die Verenigde Nasies […]
Welgesteldes soek alternatiewe, Namibië is aanloklik, sê ekonoom - August 29, 2025
Welgestelde individue, insluitend Suid-Afrikaners kyk toenemend na Namibië vir groter sekuriteit, langtermynverblyf, beleggingsvooruitsigte en eiendomsgeleenthede. Hierdie tendens word uitgelig in die Africa Wealth Report, wat ‘n merkbare toename in die aantal individue met ‘n hoë netto waarde in Namibië oor die volgende dekade voorspel. Kosmos 94.1 het met ekonoom Dawie Klopper gesels om sy insigte […]
Savanna se toetsverslagtings het goed verloop - August 29, 2025
Savanna Beef het sy eerste toets verslagting uitgevoer om die slaglyn te toets. Dit het ten doel gehad om die funksionaliteit van alle toerusting te evalueer, nuwe personeel op die slaglyn op te lei, en hulle vertroud te maak met die nuutste masjinerie, data-opnamestelsels en sagteware. ‘n Ierse tegniese span, gekontrakteer deur Nexus EPC, het […]