Jon Bon Jovi kondig wêreldtoer vir 2026 aan - October 27, 2025

Die Amerikaanse sanger Jon Bon Jovi sê hy is dankbaar om weer na die verhoog te kan terugkeer na sy stembandoperasie. Die groep het die week ‘n terugkeertoer aangekondig. Die 63-jarige sanger het in 2022 ‘n operasie ondergaan en het drie jaar van rehabilitasie nodig gehad om die krag te herwin om weer regstreeks te […]

Read More

Verrekeningsagente moet lisensies teen 31 Desember hernu - October 27, 2025

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, doen ‘n beroep op alle verrekeningsagente om hul lisensies vir die 2026-kalenderjaar teen 31 Desember 2025 te hernu. Lisensies wat nie teen die sperdatum hernu word nie, sal vanaf 1 Januarie 2026 opgeskort word in ooreenstemming met die Doeane- en Aksynswet. Hernuwings kan by enige NamRA Doeane- en Aksynskantoor of deur […]

Read More

SAKP verwelkom Geregshof se opdrag aan Israel oor Unrwa - October 27, 2025

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty het die raadgewende opinie van die Internasionale Geregshof verwelkom wat die Palestynse volk se reg op ‘n onafhanklike en soewereine staatskap en selfbeskikking herbevestig. Pius Vilakati van die SAKP sê hierdie grondliggende reg is deur die apartheid-Israel-regime onderdruk sedert Palestina vanaf 1947 binnegeval en beset is. Hy sê die regime het hongersnood […]

Read More

Mali sluit skole vir 2 weke – daar’s nie brandstof nie - October 27, 2025

Mali het skole en universiteite landwyd gesluit weens ‘n brandstoftekort wat veroorsaak is deur ‘n blokkade op brandstofinvoer wat jihadistiese militante op die hoofstad ingestel het. Klasse is vir twee weke opgeskort. Militante van die al-Qaida-gesteunde Jama’at Nusrat al-Islam wal-Muslimin-groep het vroeg in September ‘n verbod op brandstofinvoer uit buurlande na Mali aangekondig, wat die land […]

Read More

Rusland skiet 193 hommeltuie af - October 27, 2025

Russiese lugverdediging het talle Oekraïnse hommeltuie op pad na Moskou afgeskiet en byna 160 meer oor ander streke, in aanvalle wat ten minste een gedood en vyf ander beseer het. Rusland se ministerie van verdediging sê 34 Oekraïnse hommeltuie is afgeskiet op pad na Moskou. Daar was geen berigte van groot skade in Moskou nie, […]

Read More

Korrektiewe Diens sê oor Lichtenstrasser - October 27, 2025

Kosmos 94.1 Nuus het met die Korrektiewe Diens se adjunk kommissaris-generaal Sam Shaalulange gepraat oor wat volgende is na die moordenaar Ernst Lichtenstrasser dood in sy sel aangetref is. Terwyl selfmoord vermoed word, moet ‘n lykskouing uitgevoer word. Die 64-jarige is twee lewenslange vonnisse in April 2024 opgelê vir die moord op Eckhardt Mueller en […]

Read More

Dagga-plantasie in tuin in Grootfontein gevind - October 27, 2025

‘n Intelligensie-operasie deur die polisie het vroeg Saterdagoggend tot die arrestasie van ‘n Namibiese vrou gelei nadat 90 daggaplante in haar tuin in die Otjituuo-area in die Grootfontein-distrik gevind is. Die vars daggaplante het saam meer as 15 kg geweeg. Meer as ‘n halwe kilogram los dagga is ook op die perseel gevind. Die totale […]

Read More

Staking dreig in buurland se motorbedryf - October 27, 2025

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê hy het ʼn dooiepunt bereik in sy salarisonderhandelinge in die voertuigbedryf en ʼn staking is moontlik. Die dooiepunt het betrekking op die verhoging wat werkgewers aanbied om die onderhandelinge vir die volgende drie jaar af te handel. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het ʼn 6,5-persent salarisverhoging vir die eerste jaar en […]

Read More

Kameroen op hete kole, wag vir uitslae - October 27, 2025

Honderde betogers het Sondag die strate van Douala, Kameroen se ekonomiese hoofstad, ingevaar in reaksie op ‘n landwye oproep van die opposisiefiguur Issa Tchiroma Bakary. Betogers, meestal jongmense, eis dat die owerhede Tchiroma se oorwinning in die onlangse verkiesing erken en die ware uitslae bekend maak. Dit word vanoggend verwag. Spanning het toegeneem toe polisie en […]

Read More

Meisie, 3, oor die naweek verkrag - October 27, 2025

‘n Driejarige dogtertjie is Vrydagoggend vermoedelik deur ‘n 24-jarige man in die Oshikoto-streek verkrag terwyl haar ma hout gaan soek het. Die slagoffer is in die sorg van die verdagte en ouer kinders gelaat. Die dogtertjie het Vrydagaand begin huil toe haar ma haar gebad het en vertel wat gebeur het. Die kind is na […]

Read More