Net meer as N$33m in skuld by mosiehof geëis - August 29, 2025
Regters Deon Obbes en Andrew Corbett het vanoggend se mosiehof sessies hanteer waar 84 aansoeke vir verstekvonnisse gebring is met tien op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 37 van die aansoeke gebring en eis 20 eiendomme op met uitstaande skuld van 26,4 miljoen Namibiese dollar. Daar is ook 17 lenings met ‘n skuldlas van […]
Reël 108 aangepas vir primêre eiendomme - August 29, 2025
Die reëls rakende die beslaglegging op eiendom en opveil daarvan vir skuld is aangepas. Volgens die nuwe reëls moet die lener formele kennisgewing ontvang en die kans kry om sy finansiële situasie aan die hof te verduidelik voor ‘n primêre woning verkoop kan word. Daar word nou ook van regters vereis om ondersoek in te […]
BIG sê kontantbystand is van kritieke belang, nie BTW nie - August 29, 2025
Die Basiese Inkomstetoelaagkoalisie verwelkom dat die finansministerie nul-BTW op sommige noodsaaklike goedere oorweeg, maar waarsku dat dit nie ‘n plaasvervanger vir direkte inkomsteondersteuning vir behoeftige huishoudings is nie. Die koalisie voer aan dat BTW-vrystellings alle verbruikers bevoordeel, insluitend welgestelde huishoudings, en sodoende die impak vir die kwesbaarstes verwater. Kevin Wessels van die koalisie het met […]
Okh-gemeenskap prioritiseer nou jeugbemagtiging - August 29, 2025
Lede van die Okahandja-gemeenskap het onderneem om jeugdiges te prioritiseer aangesien jare van verwaarlosing baie van hulle ledig op straat gelaat het met min hoop of geleenthede. Hulle beklemtoon dat tensy dringende stappe geneem word om jongmense te bemagtig met onderwys, vaardigheidsontwikkeling en gemeenskapsprogramme, die dorp die risiko loop om ‘n hele generasie en sy […]
SA kry internasionale hulp om Gupta-miljarde op te spoor - August 29, 2025
Die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid sê hy word bygestaan deur internasionale finansiële instellings om geld wat die Guptas van die staat gesteel het, terug te kry. Volgens die Staatskapingskommissie het die staat sowat 72,3 miljard Suid-Afrikaanse rand aan die Guptas se misdaad-ryk betaal. Die nasionale adjunkdirekteur van openbare vervolgings, Ouma Rabaji-Rasethaba, het tydens ʼn paneelbespreking […]
Rwanda ontvang eerste 7 VSA-gedeporteerde migrante - August 29, 2025
Rwanda sê die eerste groep van sewe gedeporteerdes uit die VSA het in die land aangekom kragtens ‘n ooreenkoms met Washington. Ingevolge die ooreenkoms mag Kigali migrante hersien en goedkeur voor toegang verleen word. Hulle is blykbaar deur ‘n internasionale organisasie geakkommodeer en is besoek deur die Internasionale Organisasie vir Migrasie, sowel as verteenwoordigers van Rwanda […]
Kiëf-aanvalle: Brittanje ontbied ook Russiese ambassadeur - August 29, 2025
Die Russiese ambassadeur in Brittanje, Andrey Kelin, is deur die Ministerie van Buitelandse Sake ontbied nadat minstens 15 mense, insluitend vier kinders, in aanvalle op Kiëf dood is. Die eerste minister Keir Starmer het vroeër gesê Moskou saboteer hoop op vrede met sy sinnelose aanvalle. ‘n Oekraïnse afvaardiging sal Vrydag met Amerikaanse amptenare in New […]
Kraamvoordele loop los hande voor in SCC-uitbetalings - August 29, 2025
Die Maatskaplike Sekerheidskommissie se kraam-, siekte- en sterftefonds het die afgelope jaar 250,5 miljoen Namibiese dollar in eise betaal vir kraam-, ongeskiktheids- en aftree-, siekverlof- en sterftevoordele. Volgens die jongste data het kraamvoordele 163,8 miljoen dollar beloop, ongeskiktheids- en aftreevoordele 54,7 miljoen dollar, siekverlof 23,3 miljoen dollar en sterftevoordele 8,7 miljoen dollar. Oor die afgelope […]
Sandmyne by Sandrivier beskadig die omgewing - August 29, 2025
Die DA in Limpopo sê onwettige sandmynbou langs die Sandrivier benadeel die omgewing, die watergehalte en boere se lewensbestaan. Boere en landelike gemeenskappe ondervind ernstige probleme met besproeiing en toegang tot water. Die party sê dit lyk asof baie bedrywighede die behoorlike openbare deelnameprosesse omseil het. Die DA-lid, Jacques Smalle, belowe om dringende optrede aan […]
Minnesota-skieter was behep met kinders vermoor - August 29, 2025
Die waarnemende Amerikaanse prokureur-generaal van Minnesota, Joseph Thompson, sê die aanvaller wat Woensdag tydens die Mis by Annunciation Catholic School in Minneapolis begin skiet het, was behep met die idee om kinders dood te maak. Robin Westman het deur die vensters van die Annunciation Church op die kinders losgebrand terwyl hulle gebid het. Twee kinders, […]