Xi druk vir Trump die spreekwoordelike pit - August 29, 2025

Terwyl die Amerikaanse president Donald Trump sukkel om ‘n ooreenkoms met die Russiese president, Vladimir Putin, te bereik om die oorlog in Oekraïne te beëindig, maak China se leier Xi Jinping gereed om Putin en Kim Jong Un van Noord-Korea in Beijing te ontvang. Die Chinese leier wil Beijing se mag op die internasionale verhoog […]

Read More

President is steeds in Kavango, besoek groenskemas - August 29, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah is steeds op besoek in die noorde van die land na die Heldedag vieringe op Katima Mulilo. Sy het besoek afgelê aan ‘n paar groen skema-projekte om vordering te inspekteer, uitdagings te assesseer en vennootskappe te versterk. Die president het gesê dat landbou gesamentlik deur die regering en gemeenskappe geprioritiseer moet word.

Read More

Dinge in SA is erger onder Ramaphosa - August 29, 2025

Die Activists and Citizens Forum sê president Cyril Ramaphosa het die mense van Suid-Afrika in die steek gelaat. Dit volg na inwoners van Westbury in Johannesburg, Gauteng, die week die strate ingevaar het oor ‘n gebrek aan skoon drinkwater en ander basiese dienste. Dennis Bloem van die forum voer aan dat toestande onder Ramaphosa se […]

Read More

Kiëf-aanval bewys Putin wil nie oorlog stop nie - August 29, 2025

Die Europese Unie het Rusland se gesant in Brussel ontbied nadat minstens 14 mense dood en die EU se diplomatieke sending in die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, beskadig is in ‘n reuse-aanval. Die hoof van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê dit bewys die Kremlin sal nie huiwer om sy buurland te terroriseer nie, […]

Read More

Pieter de Villiers vrygespreek op seks-aanklagte - August 29, 2025

Die Malmesbury Streekshof in die Wes-Kaap het die gewese Springbok-afrigter Peter de Villiers vrygespreek op aanklagte van seksuele aanranding en crimen injuria. ʼn Vrou het beweer De Villiers het haar aangerand nadat hy haar verlede Januarie ná ʼn geleentheid by haar huis gaan aflaai het. Die GOOD-party het daarna De Villiers se lidmaatskap beëindig. Sy […]

Read More

Amta begin mahangu aankope - August 29, 2025

Die Agro-Bemarkings- en Handelsagentskap, Amta, het met graanverkryging in Oshikoto begin. Geregistreerde boere verhandel mahangu aan Amta vir berging in silo’s. Stephen Iimbili, Amta se nasionale strategiese voedselreserwebeampte, het aan die nasionale uitsaaier gesê dat die proses aan die gang is en binnekort na ander streke sal uitbrei.

Read More

SA vra heroorweging van EU se koolstofmeganisme - August 29, 2025

Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het die Europese Unie versoek om sy beplande instelling van ‘n omvattende heffing op koolstof-intensiewe invoerprodukte te heroorweeg. Die EU se koolstof-aanpassingsmeganisme is ontwerp om vrystellings te verminder en seker te maak dieselfde bykomende belasting word op invoere gehef as op plaaslik-vervaardigde produkte wat baie koolstof vrystel. Die […]

Read More

Europese oorlog: Withuis blameer albei partye - August 29, 2025

Terwyl ‘n bohaai in Europa losgebars het na Rusland se dodelike missiel-aanval op Kiëf, was dit relatief stil in Amerika. Karoline Leavitt, perssekretaris van die Withuis, het gesê president Donald Trump was nie gelukkig oor die Russiese aanval nie, maar ook nie verbaas nie. Senior korrespondent David Blevins het uit Washington aan Britse media ‘n […]

Read More

Suid-Korea skep wet wat selfone in skole verbied - August 29, 2025

Suid-Korea het ‘n wet deurgevoer wat selfone en digitale toestelle in die land se klaskamers verbied vanaf Maart volgende jaar. Alle partye het die wet gesteun wat daarop gemik is om sosiale media se invloed op jongmense te verminder en bestaande beperkings te formaliseer. Opnames toon Suid-Korea is een van die lande met die meeste […]

Read More

Elke belastingbetaler dra 26,4 ander Namibiërs  - August 29, 2025

‘n Ontleding deur Cirrus in die hoofstad toon dat 547 000 individue uit ‘n totaal van 1,88 miljoen wat van werkende ouderdom is, werk het. Cirrus het die 2023 sensus-syfers gebruik en bevind dat amper 21 persent 1 000 dollar of minder maandeliks verdien met 18,9 persent tussen 1 000 en 2 000 dollar. Cirrus […]

Read More