Daarstelling van onderwysraad deur DA verwelkom - August 29, 2025
Die DA verwelkom die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se inwerkingstelling van die Nasionale Onderwys- en Opleidingsraad. Die DA-lid, Nazley Sharif, sê die raad is in 2009 gestig en sal die departement as ‘n raadgewende liggaam oor basiese onderwysbeleids-aangeleenthede dien. Sy sê dit is die eerste keer dat die raad sy plek sal inneem […]
Nguema se neef tronk toe vir verduistering - August 29, 2025
Ekwatoriaal-Guinee se president Teodoro Obiang Nguema se neef, Baltasar Ebang Engonga, is tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir verduistering. Die provinsiale hof van Bioko het ook ‘n boete van ongeveer 3,9 miljoen Namibiese dollar aan die voormalige hoof van die Nasionale Finansiële Ondersoekagentskap opgelê. Engonga het verlede jaar berug geword oor ‘n uitgelekte seksvideo-skandaal en […]
Wood vasberade om fiks te wees vir die As - August 29, 2025
Engeland se snelbouler Mark Wood hoop om volgende maand vir Durham in die graafskap-kampioenskap te speel voor die reeks om die As teen Australië. Die 35-jarige het nog nie sedert Augustus verlede jaar in ‘n toets vir Engeland gespeel nie. Hy het in Februarie by die Kampioenetrofee ‘n kniebesering opgedoen. Wood het in ‘n onderhoud […]
The Namibian vier 40 jaar - August 29, 2025
Die Engelse dagblad, The Namibian, vier môre sy 40ste bestaansjaar met die eerste uitgawe wat op 30 Augustus 1985 verskyn het. Die koerant se stigter en veteraan joernalis Gwen Lister het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Sy sê dit is bewys van die veerkragtigheid van goeie joernalistiek. Sy sê mense het korrekte en kwaliteit inligting […]
Linden Beef: Daar’s waarskynlik nie goeie nuus vir Meatco nie - August 29, 2025
Linden Beef sal waarskynlik vandag gelikwideer word. Volgens Namibiese insolvensiewetgewing word verwag dat versekerde krediteure soos Agra en Bank Windhoek voorkeur sal geniet, wat beteken dat Meatco – ten spyte daarvan dat hulle glo meer as 400 beeste verloor het deur hul transaksies met Linden Beef – laaste in die ry sal wees vir enige […]
Miljoenêrs neem toe in Namibië - August 29, 2025
Miljoenêrs in Namibië het met 28 persent oor die afgelope dekade toegeneem tot 2 500, wat die land onder Afrika se vinniger groeiende welvaartsentrums plaas. Henley & Partners meet ‘n miljoenêr in Amerikaanse dollar en vanaf 1 miljoen Amerikaanse dollar. Volgens die jongste verslag van Henley & Partners is daar ook vier sentimiljoenêrs wat in Namibië […]
Konstruksie van kunsmis-aanleg by Daures begin - August 29, 2025
Die konstruksie van die ammoniumsulfaat-aanleg by die Daures groenwatersof-dorp sal volgende maand begin. In 2024 is die projek deur die Verenigde Nasies se Industriële Ontwikkelingsorganisasie as een van vyf Lighthouse-inisiatiewe gekies na ‘n internasionale kompetisie. Sodra dit voltooi is, sal die aanleg Namibië se eerste lae-koolstof, sintetiese ammoniak-gebaseerde kunsmis produseer. Die uitvoerende hoof van Daures […]
Skildery wat deur Nazi gesteel is, in eiendomsadvertensie gesien - August 29, 2025
Die Argentynse polisie gaan voort met hul soektog na ‘n 18de-eeuse Italiaanse portret wat vermoedelik 80 jaar gelede by ‘n Joodse versamelaar gesteel is deur ‘n voortvlugtige Nazi-offisier wat ná die Tweede Wêreldoorlog in Argentinië gaan woon het. Argentinië het tientalle Nazi’s en hooggeplaaste partylede wat uit Europa gevlug het beskerm om vervolging vir oorlogsmisdade […]
Bipa se deregistrasie begin vandag - August 29, 2025
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, begin vandag met die deregistrasie van besighede wat nie hul voordelige eienaarskap verklaar het nie. Die verklaring is ‘n wetlike vereiste en ook belangrik vir Namibië om van die Finansiële Aksie Taakmag se gryslys verwyder te word. Bipa se tussentyde uitvoerende hoof, Aina Kaunda, sê hulle sal elke maand […]
Vergeet van die Weste, SA moet sy steenkoolbronne benut - August 29, 2025
Die uitvoerende hoof van Coaltech SA, Avhurengwi Nengovhela, sê Afrika moet sy steenkoolbronne benut en nie op Westerse lenings staatmaak om die energiekrisis aan te pak nie. Nengovhela het sy saak vir steenkool tydens die debat oor die Billike Energie-oordrag by die Kontinentale energie- en infrastruktuurforum in Sun City, Noordwes, gestel. Hy voer aan Afrika […]