Verkrygingshersieningspaneel het 13 nuwe lede - August 28, 2025

Die finansminister het 15 individue aangestel in die Openbare Verkrygingshersieningspaneel vir ‘n driejaartermyn, effektief vanaf 1 Oktober 2025 tot 30 September 2028. Van die 15 lede is 13 nuut aangestel. Die paneel is uiters belangrik in die tenderproses. Wilson Shikoto, woordvoerder van die ministerie, het verdere besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Read More

Bruidegom sterf in feestelike geweervuur by eie troue - August 28, 2025

‘n Bruidegom is aan sy beserings dood nadat hy deur feestelike geweervuur getref is na sy eie troue in Noord-Turkye. Terwyl die pasgetroudes na die seremonie huis toe begelei is, is die 23-jarige bruidegom, uitgeken as Ali K., deur geweervuur beseer, na bewering deur ‘n vroulike familielid van sy vrou. Die 47-jarige vrou is deur […]

Read More

Lae waterdruk in Lüderitz, pyplyn-lek word herstel - August 28, 2025

NamWater het aangekondig dat waterlewering aan Lüderitz onder druk is nadat ‘n groot lek op die dorp se toevoerlyn opgespoor is. Herstelwerk het reeds begin, maar toevoer na die reservoir is vanoggend afgeskakel en inwoners word versoek om water spaarsamig te gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van NamWater, Lot Ndamanomhata, gepraat wat […]

Read More

Bohaai oor hervestiging van olifante uit dieretuine - August 28, 2025

Die hervestiging van olifante uit dieretuine in Pretoria en Johannesburg het gelei tot vurige debatte en verskeie petisies oor toegang tot wilde diere en bewaring in Suid-Afrika. Dit volg nadat Charley, die laaste olifantbul in die Pretoria-dieretuin, verskuif is na die private wildreservaat Shambala in Limpopo. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Biodiversiteit het dit as […]

Read More

Tweestaatoplossing ‘al wat Gaza-oorlog sal stop’ - August 28, 2025

Israeliese tenks het laat Woensdag na die Jabalia-gebied van Gaza-stad teruggetrek ná aanvalle op die stad, hoewel bombardemente op drie van die oostelike voorstede, Shejaia, Zeitoun en Sabra, voortgegaan het. Volgens die gesondheidsowerhede in Gaza het Israeliese aanvalle minstens 20 mense, waaronder ‘n vierjarige meisie, oor die enklawe doodgemaak. Intussen het die Palestynse ambassadeur Riyad […]

Read More

Medvedev swaar beboet vir Amerikaanse Ope-vloermoer - August 28, 2025

Tennis: Die Rus Daniil Medvedev is met 750 000 Namibiese dollar beboet vir sy woede-uitbarsting tydens sy eerste ronde-nederlaag teen Benjamin Bonzi van Frankryk op die Amerikaanse Ope. 2021 se kampioen het kwaad geword toe ‘n fotograaf op die baan gestap het terwyl hy in die derde stel wedstrydpunt moes afweer en het na die […]

Read More

Dis weer amnestie vir jou onwettige wapens - August 28, 2025

Dis weer Amnestie-maand in September en die Namibiese polisie bied die publiek ‘n geleentheid om onwettige wapens, ammunisie en meer in te handig sonder vrees vir vervolging. Die inisiatief sal môre van stapel gestuur word en begin amptelik op Maandag, 1 September. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol hoofinspekteur Elifas Kuwinga gepraat.

Read More

SA se G20-presidentskap in ‘mees kritieke stadium’ - August 28, 2025

Die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika se G20-presidentskap het sy mees kritieke fase betree namate voorbereidings vir die leiersberaad toeneem. Lamola sê onderhandelinge op ministeriële vlak sal deel wees van die Johannesburg-verklaring. Belangrike vergaderings wat voorlê, sluit in die G20 Ooreenkoms met Afrika in Johannesburg, ‘n voedselsekerheidsessie in Kaïro, Egipte, en ‘n […]

Read More

Geveg breek uit in Mexiko-senaat tydens debat - August 28, 2025

Mexikaanse senatore het handgemeen geraak na ‘n hewige debat oor beweerde oproepe deur die opposisie dat Amerika militêr teen dwelmkartelle moet ingryp. Die leier van die opposisie-PRI-party, Alejandro Moreno, het na die podium gegaan en Senaatspresident Gerardo Fernandez Norona van die regerende Morena-party, woedend gekonfronteer omdat hy nie ‘n spreekbeurt gegee is nie. Moreno het […]

Read More

Pete Samu terug vir Wallabies - August 28, 2025

Rugby: Die losvoorspeler Pete Samu is die eerste keer sedert 2023 terug in die Wallabies se groep vir die twee Rugbykampioenskaptoetse teen Argentinië. Die ervare stut Allan Alaalatoa en die losskakel Tom Lynagh is ook in afrigter Joe Schmidt se groep van 36 ingesluit. Die enigste nuweling is die Brumbies se skrumskakel, Ryan Lonergan. Schmidt […]

Read More