Malema se skuldigbevinding aan haatspraak is skreiende skande vir Ramaphosa - August 28, 2025
AfriForum verwelkom die Gelykheidshof se uitspraak teen die EFF-leier Julius Malema. Die hof het Malema skuldig bevind aan haatspraak en aanhitsing tot geweld oor sy opmerkings in 2022 in sy toespraak by die EFF se derde provinsiale volksvergadering in die Wes-Kaap. Ernst van Zyl van AfriForum sê die uitspraak bevestig en beklemtoon wat almal reeds […]
Denemarke sê jammer vir gedwonge sterilisasie van Groenland se Inuit-vroue - August 28, 2025
Die Deense premier Mette Frederiksen het aan meer as 4 500 Groenlandse slagoffers van Denemarke se gedwonge geboortebeperkingsveldtog om verskoning gevra wat daarop gemik was om die Inuit-geboortesyfer te verminder. Die Deense owerhede het sowat die helfte van die eiland se 9 000 vrugbare Inuit-vroue in die 1960’s tot 1992 gedwing om ‘n voorbehoedmiddel, of […]
Nanso se teentjoef-veldtog in Erongo uitgerol - August 28, 2025
Namibië se jeug staar ‘n groeiende gesondheidsprobleem in die vorm van damprook in die gesig. In reaksie hierop het die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, sy #LosDieChoof-veldtog in die Erongo-streek van stapel gestuur. Hierdie jeuggedrewe inisiatief is daarop gemik om bewustheid oor die gevare van damprook te verhoog en gesonder keuses onder jongmense te bevorder. Hafeleni […]
NNN prioritiseer oud-Caprivi-gebied vir voedselproduksie - August 28, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het belowe om voedselproduksie in die twee Kavango- en Zambezi-streke te prioritiseer. Tydens ‘n besoek aan die Kalimbeza-rysprojek het sy innovering en vinniger vordering aangemoedig. Dit na die plaas se 108-ton-oes steeds onverwerk is weens ‘n gebreekte masjien.
SA se Graad 4 leerders sukkel ook met lees, wiskunde - August 28, 2025
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê Suid-Afrika moet toegang tot gehalte basiese leerwerk uitbrei en die dringendste onderwysuitdaging is die krisis in vroeë geletterdheid en syfervaardigheid. Gwarube het gepraat tydens die aanstelling van nuwe lede van die Nasionale Onderwys- en Opleidingsraad in Pretoria vandag. Die minister sê te veel kinders in Suid-Afrika bereik […]
Kim sal China se militêre parade bywoon - August 28, 2025
Noord-Korea se leier, Kim Jong Un, gaan volgende Woensdag ʼn militêre parade in Beijing, China, bywoon. Dit sal sy eerste besoek sedert 2019 aan China wees. Die sogenaamde “Victory Day”-parade is deel van China se vieringe vir die 80ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Altesaam 26 buitelandse leiers, onder andere Rusland se […]
Jean de Villiers bevraagteken Rassie se wedstrydplan - August 28, 2025
Die oud Springbok-kaptein Jean de Villiers sê ondersteuners verkies dit as die nasionale span wen, al is dit met vervelige rugby, en bevraagteken die hoofafrigter Rassie Erasmus se wedstrydplan wat hy glo die skare tevrede sal stel. Hy het verwys na Suid-Afrika se onlangse pakslae teen die Wallabies toe die span sy speelstyl verander het, […]
Nasionale veldtog vir skoolopknappings geloods - August 28, 2025
Die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, het die nasionale skoolrehabilitasieveldtog by die Mukuvi-laerskool in die Kavango Oos-streek van stapel gestuur. Die inisiatief is daarop gemik om vervalle skoolinfrastruktuur in al 121 kiesafdelings in die land se 14 streke op te knap en sal werklose gegradueerdes van beroepsopleidingsentrums en bekwame gemeenskapslede benut. Die doelwit van die […]
Minneapolis-skietery is haatmisdaad - August 28, 2025
Die FBI sê die noodlottige skietery by die Annunciation Catholic School in Minneapolis word as teen-Katolieke haatmisdaad ondersoek. Twee kinders, agt en tien jaar oud, is dood en 17 ander mense is beseer toe ‘n verdagte gedurende die mis losgebrand het. Die verdagte, geïdentifiseer as Robin Westman, is op die toneel dood nadat hy homself […]
Sanksies is al wat Putin sal keer, onderhandelings werk nie - August 28, 2025
Meer as 100 000 Oekraïnse huise was Woensdagaand sonder krag na die jongste Russiese hommeltuig-aanvalle op energie-infrastruktuur. Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het in ‘n plasing op Telegram gesê die Poltava-, Sumy- en Chernihiv-streke was beïnvloed. Die Oekraïnse energie-ministerie sê dit is ‘n voortsetting van Moskou se beleid om burgerlike infrastruktuur voor die winter te […]