Israel lê beslag op ‘terreurfondse’ in Ramallah - August 27, 2025
Israeliese veiligheidsmagte het op sowat agt-miljoen-rand van wat hulle “terreurfondse” noem, beslag gelê tydens ‘n klopjag in die besette Wesoewer. Israeliese magte het ‘n geldeenheidwisselaar in Ramallah geteiken en tientalle Palestyne gewond gelaat. ‘n Verklaring deur ‘n polisiewoordvoerder sê die Israeliese grenspolisie en die weermag het ‘n geldeenheidswisselaar in die hartjie van Ramallah bestorm wat […]
Indiese draaibouler Ashwin tree uit IPL - August 27, 2025
Krieket: Die Indiese draaibouler Ravichandran Ashwin het sy uittrede uit die Indiese Premierliga aangekondig, maar sê hy is dalk steeds vir ander franchise-kompetisies beskikbaar. Die 38-jarige sê hy gaan onmiddellik ander moontlikhede ondersoek. Ashwin het die eerste van sy 221 IPL-wedstryde vir Chennai Super Kings gespeel en ook vir Rising Pune Supergiants, Delhi Capitals, Rajasthan Royals […]
Stel suikerbelasting in vir beter gesondheid: Voedselsekuriteitsalliansie - August 27, 2025
Die Voeding- en Voedselsekuriteitsalliansie van Namibië doen ‘n beroep op ‘n nasionale suikerbelasting as deel van sy breër strategie om die land se groeiende las van nie-oordraagbare siektes en wanvoeding aan te spreek. Die organisasie waarsku dat Namibië nou ‘n “dubbele las” van wanvoeding en oorvoeding in die gesig staar, waar ondervoede bevolkings saamleef met […]
2026 Africa Motocross of Nations kom na Namibië - August 27, 2025
Namibië sal die 2026-uitgawe van die Africa Motocross of Nations kampioenskappe aanbied, ‘n belangrike prestasie vir die plaaslike motocross-gemeenskap. Die aankondiging was ‘n verrassing, en die plaaslike reëlingskomitee sal vandeesweek vergader om met voorbereidings te begin. Namibië het al voorheen internasionale motocross- en enduro-geleenthede aangebied, hoewel op ‘n kleiner skaal. Die motocross-beampte Ingo Waldschmidt sê […]
Swak regeringskommunikasie lei tot waninligting - August 27, 2025
Namibia Fact Check het gewaarsku dat swak en onduidelike kommunikasie van regeringsamptenare dikwels lei tot openbare verwarring en onakkurate beriggewing, wat uiteindelik beide media-geloofwaardigheid en vertroue in staatsgeleide inisiatiewe skaad – veral op die gebied van bewaring. Namibia Fact Check-redakteur Frederico Links se opmerkings kom te midde van groeiende wêreldwye kommer oor waninligting, wat die […]
Produsenteprysindeks vir produksie daal steeds in Kwartaal 2 - August 27, 2025
Die Namibië Statistieke-agentskap berig dat die totale produsenteprysindeks vir produksie in die tweede kwartaal van 2025 steeds gedaal het, met ‘n kwartaal-tot-kwartaal daling van 3,1 persent en ‘n jaar-tot-jaar kontraksie van 2,5 persent. Die agentskap sê die kwartaalikse daling was hoofsaaklik toe te skryf aan die dalende pryse van vervaardigde produkte, wat met 9,3 persent geval […]
Hoekom is die kragprysstyging 13,6%, Stad Windhoek? - August 27, 2025
Die herrie blyk om los te wees na die verhoging in kragtariewe in die hoofstad. Terwyl Stad Windhoek volhou dat elektrisiteitstariewe slegs met 3,9 persent gestyg het, beweer sommige inwoners in buurte soos Kleine Kuppe, Pionierspark en Olympia dat hul jongste rekeninge stygings van tot 13,6 persent toon, wat vrae laat ontstaan. Windhoek-inwoner, John Dalton […]
Trump dreig weer met Russiese sanksies - August 27, 2025
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het weer gedreig om swaar ekonomiese strafmaatreëls teen Rusland in te stel as president Vladimir Putin weier om die oorlog teen Oekraïne te staak. Trump probeer persoonlike gesprekke bewerkstelling tussen Putin en president Volodymyr Zelensky van Oekraïne. Trump sê hy wil nie nuwe sanksies of tariewe instel wat Rusland se […]
NamPost maak gereed vir sosiale toelae-betalings - August 27, 2025
NamPost sê sy oorname van maatskaplike welsyn toelaag-betalings sal slegs van toepassing wees op begunstigdes wat hul toelaes ontvang deur NamPost-poskantore en mobiele spanne, nie diegene wat deur banke of ander finansiële instellings betaal word nie. NamPost sal amptelik die verspreiding van sosiale toelaes landwyd vanaf 1 Oktober oorneem. Gladwin Groenewaldt, NamPost se bestuurder van […]
Geen Nasionale Wag in Chicago, Trump! - August 27, 2025
Die goewerneur van Illinois, JB Pritzker, sê president Donald Trump het nie die reg om gewapende Nasionale Wag-troepe in Chicago te ontplooi nie. Trump dreig nou reeds ‘n geruime tyd en sê Chicago is ‘n “killing field”. Pritzker het met die media gepraat.