Ballistiese kenner getuig voor Madlanga-kommissie - October 27, 2025

Die Madlanga-kommissie sal vandag getuienis van ‘n forensiese ballistiese kenner van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Pretoria aanhoor. Die kommissie ondersoek bewerings van kriminaliteit, politieke inmenging en korrupsie binne die strafregstelsel. Die forensiese ballistiese kenner sal na verwagting bewyse lewer wat verband hou met die moord op die Vereeniging-ingenieur Armand Swart, wat vermoedelik ‘n geval van […]

Read More

Newsom het sy visier op die Withuis - October 27, 2025

Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, het sy oog op die Withuis in 2028. Hy gee president Donald Trump baie gas aanlyn en het ‘n liefling van Demokrate in die VSA geword. Hy het met CBS Sunday Morning gepraat en sê hy wil eers verseker dat Demokrate beheer van die Huis kry in volgende jaar […]

Read More

Motorsport-expo was reuse-sukses - October 27, 2025

M+Z Motors en Big Boy Racing Motorsport-expo. Daar was talle geleenthede met verskeie sportkodes soos die 4×4-vasbyt, drifting en meer. Francois Lottering was daar.

Read More

Brown kritiseer talle fondse, en sê DBN misluk - October 27, 2025

President Netumbo Nandi Ndaitwah het by die Namibiese Openbare-Private Forum versoek dat afgevaardigdes eerlik moet wees oor hoe 500 000 werke geskep kan word, soos sy belowe het om te doen. Die geleentheid is deur die Namibiese Beliggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad aangebied om werkskepping te bevorder. Rowland Brown, medestigter van Cirrus, het sy mening gelug.

Read More

Meisie, 3, verdrink in poel afvalwater - October 27, 2025

‘n Driejarige dogtertjie het Vrydagmiddag in Tseiblaagte op Keetmanshoop verdrink toe sy in poel afvalwater naby ‘n konstruksieperseel geval het terwyl sy met ‘n maatjie gespeel het. Die water het uit riooldreine in die omgewing gelek. Die kind se ma was besig met huiswerk. ‘n Buurvrou het die dogtertjie uit die water gehaal en haar […]

Read More

McKenzie moet die Oscars se geld gee – DA - October 27, 2025

Die DA doen ‘n beroep op die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, om dringend Suid-Afrika se amptelike inskrywings vir die 2026 Oscar-toekennings te befonds. Die party sê privaat instellings soos MultiChoice en AFDA het reeds hul steun toegesê, terwyl die Stad Kaapstad en die Nasionale Film- en Videostigting hulle nou amptelik tot […]

Read More

VSA, China onderteken raamwerkooreenkoms - October 27, 2025

Amerika het ʼn raamwerkooreenkoms met China bereik om te keer dat ʼn bykomende 100-persent tarief op Chinese invoere gehef word. Dit kom in aanloop tot Donderdag se belangrike ontmoeting tussen president Donald Trump en sy Chinese ampsgenoot, Xi Jinping. Die Chinese regering sê in ʼn verklaring albei onderhandelingspanne het ʼn basiese ooreenkoms bereik oor reëlings […]

Read More

Twee Tanzaniërs, dwelms ter waarde van N$1,2m  - October 27, 2025

Twee Tanzaniërs is die naweek in afsonderlike voorvalle gearresteer ná hulle met kokaïen en dagga met die totale waarde van bykans 1,2 miljoen Namibiese dollar betrap is. Sondag het die polisie op ‘n huis in Doradopark in Windhoek toegeslaan en sowat 13,8 kg dagga, asook meer as 200 gram kokaïen, met die totale waarde van […]

Read More

MK soek leefstyloudits vir regbank  - October 27, 2025

Die MK-party sê hy het sy oproep vir omvattende leefstyloudits vir alle lede van die regbank wat deur die staatskas befonds word, herhaal. Dit volg op die plofbare getuienis by die Madlanga-kommissie wat beweer dat die waarnemende regterpresident van Gauteng, regter Aubrey Ledwaba, omgekoop is vir 2,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand om borgtog aan die vermeende […]

Read More

EU stel sy prioriteite vir COP30  - October 27, 2025

Die Europese Parlement het sy prioriteite vir die Verenigde Nasies se Klimaatsveranderingskonferensie in Brasilië volgende maand aanvaar. COP30 sal fokus op pogings wat nodig is om die wêreldtemperatuur tot 1,5 grade Celsius te beperk, en vordering met die finansieringsbeloftes wat by COP29 gemaak is. ‘n Lid van die Europese Parlement, Lídia Pereira, sê hulle wil […]

Read More