Hervorm nou die verkiesingstelsel: IRR - August 27, 2025

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika se huidige verkiesingstelsel slaag nie in sy doel nie. Die Verkiesingspaneel vir Hervorming en Raadpleging doen ‘n omvattende hersiening van die stelsel en moet einde volgende maand aanbevelings aan die parlement voorlê. Marius Roodt van die instituut sê die land het ‘n verkiesingstelsel nodig wat proporsioneel, regverdig en toerekenbaar […]

Read More

Shane Christie, voorstander van veiliger rugby, sterf op 39 - August 27, 2025

Die Nieu-Seelandse rugbyspeler, Shane Christie, wat ‘n uitgesproke voorstander was van nadere studie van die verband tussen harsingskudding en langtermyn breinbeserings, is in die ouderdom van 39 oorlede. Christie, wat vir die Highlanders in Superrugby gespeel het en Nieu-Seelandse Maori verteenwoordig het, is in sy huis in Nelson aangetref nadat die polisie na die adres […]

Read More

25 nuwe netwerktorings in gebruik geneem - August 27, 2025

Die IKT-infrastruktuurverskaffer Powercom het 25 nuwe netwerktorings oor agt streke in gebruik geneem teen ‘n koste van 40 miljoen Namibiese dollar. Die toevoegings, wat oor ‘n jaar voltooi is, bring Powercom se nasionale totaal op 318 torings te staan, teenoor 276 vier jaar gelede. Tydens die simboliese inhuldiging in Iikokola-dorp, Omusati, het inligtingminister Emma Theofelus […]

Read More

Versterk Tabakwet, vra Cosatu - August 27, 2025

Cosatu versoek die parlement om die Wet op die Beheer van Tabak en Elektroniese Afleweringstelsels te versterk. Die vakbond sê hy sal verseker amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, die Polisie, die Valke en Staatsveiligheid is opgelei en toegerus om die oorlog teen onwettige handel te wen. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê die vakbond het […]

Read More

Brittanje gee studente uit Gaza hoop - August 27, 2025

Die ministerie van Binnelandse Sake in Brittanje het ingestem om immigrasiereëlings aan te pas om studente uit Gaza te help om volgende maand volledig-befondsde plekke in universiteite in die Verenigde Koninkryk te bekom. Studente sal glo toegelaat word om biometriese toetse in ‘n derde land te ondergaan voor hulle na die Brittanje reis. Die Israelse […]

Read More

Faf moet teen All Blacks speel: Fourie de Preez - August 27, 2025

Rugby: Die legendariese voormalige Springbok-skrumskakel Fourie du Preez glo Faf de Klerk moet die nommer nege-trui dra in die Rugbykampioenskaps-toetse teen die All Blacks. De Klerk is op beseringsbystand terwyl Grant Williams, Morné van den Berg en Cobus Reinach ingesluit is vir die twee wedstryde in Nieu-Seeland. Du Preez sê De Klerk se ervaring sou […]

Read More

Lae-koolstof waardeketting plaaslik ontwikkel - August 27, 2025

Die Namibië Groenwaterstof-program het saam met Broadmind Mining en HyIron Green Technologies ‘n lae-koolstof industriële waardeketting ontwikkel. Die doel is om Namibië se minerale rykdom en groen tegnologie te gebruik om produkte soos groen staal te produseer. Jona Musheko, woordvoerder van die program, het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Read More

DA vat Sassa-probleme Parlement toe - August 27, 2025

Die DA sê armes en kwesbares kan nie langer deur Sassa onwaardig behandel word terwyl die agentskap eintlik maatskaplike beskerming moet bied nie. ʼn Groep pensioenarisse en hulle ondersteuners het na die Parlement opgeruk oor Sassa se probleme wat onbetaalde toelaes en lang toue insluit. Alexandra Abrahams van die DA sê hulle wil die pensioenarisse […]

Read More

Zim stel verbod op mielie-invoere in, het rekord-oes - August 27, 2025

Zimbabwe het weer ‘n verbod op mielie-invoere teruggebring om plaaslike boere ‘n hupstoot te gee. Die land het ‘n rekord-oes aangeteken na verbeterde reënval produksie verhoog het en die skerp afname van verlede jaar omgekeer toe El Niño die land gedwing het om op invoere staat te maak. Zimbabwe, wat jaarliks ongeveer 1,8 miljoen metrieke […]

Read More

Geloofsgemeenskappe sal nie Gaza-stad verlaat nie - August 27, 2025

Katolieke en Grieks-Ortodokse priesters en nonne sal in Gaza-stad aanbly ten spyte van Israel wat beplan om die stad militêr oor te neem. In ‘n gesamentlike verklaring het godsdienstige gemeenskappe gesê ontruimingsbevele is reeds vir verskeie woonbuurte in Gaza-stad uitgereik. Honderde ontheemdes het sedert die uitbreek van die oorlog in die Grieks-Ortodokse kamp van Sint […]

Read More