Natis gaan aanlyn, publiek moet registreer - August 27, 2025

Natis skuif meer dienste aanlyn, van permitte tot lisensiehernuwings, wat vinniger en geriefliker toegang vir motoriste belowe. Die stelsel laat bestuurders nou toe om permitte om te skakel, voertuiglisensies te hernu en toegang tot sleuteldienste te verkry sonder om in lang toue te staan. Owerhede sê die opgraderings is ontwerp om wagtye te verkort, verkeersopeenhopings […]

Read More

Brandstofprys vir September môre bepaal - August 27, 2025

Die komitee wat die September-brandstofprys sal bepaal, ontmoet môreoggend met ‘n moontlike aankondiging wat Vrydag sal gemaak word. Die prys van Brent- ru-olie het die afgelope maand met rondom 1,7 persent gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het met die energie-ministerie se petroleum-ekonoom, Salome Nghoshi gepraat.

Read More

NamPost berei voor om toelaagbetalings oor te neem - August 27, 2025

NamPost sê hy berei operasioneel voor om self die uitbetaling van toelaes te hanteer en herinner dat hy nie uitbetalings van begunstigdes wat hulle toelaes reeds by banke ontvang, sal hanteer nie. Hy sê in die eerste fase sal begunstigdes  geregistreer word met registrasie by sy takke wat in Oktober begin en uitbetalings wat in […]

Read More

Onsekerheid jaag beleggers weg - August 27, 2025

Namibië het hoog op die Beleidspersepsie-indeks van die Fraser-instituut geposisioneer, wat ‘n sterk beleggingsomgewing aandui, maar die konsep-mineraalwetsontwerp is nog nie gefinaliseer nie, en die onlangse aankondiging oor 51 persent plaaslike eienaarskap het nuwe kommer laat ontstaan. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat.

Read More

Dit is Wêreld Meredag - August 27, 2025

Mere, wat sowat 4 persent van die aarde se landoppervlakte bedek, verdwyn teen ‘n ontstellende tempo weens besoedeling, verlies aan habitat, indringerspesies en klimaatverandering. Die vandag Wêreld Meredag wat bewustheid oor die belangrikheid van mere en volhoubare bestuur daarvan en verwante ekostelsels, wil aanwakker. Die Verenigde Nasies Omgewingsprogram waarsku dat mere se ekostelsels teen 2050 […]

Read More

Lynminister besoek pluimvee, akkerbou projekte in Zambezi - August 27, 2025

Die landbouminister, Inge Zaamwani, het landbouprojekte in die Zambezi-streek besoek. Hierdie terreine, insluitend die Liselo-tuine en Chefuzwe-pluimvee, trek voordeel uit die ministerie se waardekettingprogram. Zaamwani sê dat die ministerie deur die projekte produktiwiteit, marktoegang, waardetoevoeging en plaaslike bemagtiging bevorder.

Read More

MIV-befondsing… GOOD vra waar’s die regering se plan? - August 27, 2025

Die GOOD-party sê drie maande is verby sedert Amerika mediese befondsing aan die land gestaak het, maar die regering het nog geen teenmaatreëls aangekondig nie. Twaalf fasiliteite in Suid-Afrika is ná die besnoeiings gesluit. Dit sluit klinieke vir MIV en vigs-pasiënte in, asook antiretrovirale fasiliteite. GOOD se nasionale jeugvoorsitter, Kaden Arguile, sê die werklikheid is […]

Read More

Trump se goedkeuring daal onder Amerikaners - August 27, 2025

‘n Nuwe Gallup-peiling bevind dat 40 persent van Amerikaners president Donald Trump se algehele werksprestasie goedkeur, in lyn met steun vir hom in Junie en Julie nadat dit 43 persent of hoër in die eerste vyf maande van die jaar geregistreer het. Amerikaners ondersteun Trump se prestasie op die ekonomie, 37 persent, en buitelandse sake, […]

Read More

F1: Pérez en Bottas sluit by Cadillac aan - August 27, 2025

Die Mexikaanse renjaer, Sergio Pérez, en die Fin Valtteri Bottas gaan volgens berigte volgende seisoen by die Formule Een-nuweling, Cadillac, aansluit. General Motors is verlede jaar as ʼn elfde span toegelaat en het besluit om onder die Cadillac-handelsmerk deel te neem. Pérez is nie vanjaar by ʼn span nie nadat Red Bull hom aan die […]

Read More

Ithete waarsku skrootmetaal-handelaars - August 27, 2025

Die adjunk-eerste minister en energie-minister, Natangwe Ithete, het kommer uitgespreek oor toenemende koperkabeldiefstal in die Otjozondjupa-streek. Tydens die inbedryfstelling van gesamentlike elektrifiseringsprojekte in Otjiwarongo se Ombili-informele nedersetting, het Ithete gesê dat vandalisme van elektrisiteitskiosks en kabeldiefstal inwoners steeds benadeel. Hy het skrootwerfoperateurs gewaarsku teen die koop van gesteelde koper en sê dat die praktyk misdaad […]

Read More