Wallabies verloor vir Skelton teen Argentinië - August 27, 2025

Die slot Will Skelton sal albei die Wallabies se Rugbykampioenskaps-wedstryde teen Argentinië misloop nadat hy besluit het om na sy Franse klub, La Rochelle, terug te keer vir die Top 14-seisoen. Dit is nog nie seker of hy vir die twee Bledisloebeker-toetse teen Nieu-Seeland sal terugkeer nie. Die Wallabies is tans tweede op die punteleer […]

Read More

WEF spreek kommer oor risiko van waninligting uit  - August 27, 2025

Waninligting is deur die Wêreld Ekonomiese Forum aangewys as die grootste globale risiko en sê dit sal so bly vir die volgende 20 jaar. Volgens die Forum bedreig dit stabiliteit en vertroue in regerings. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die oes van 723 wilde diere verlede jaar as gevolg van die droogte en vir voedselhulp. […]

Read More

Green Connection betreur onbillike energie-oorgang  - August 27, 2025

Green Connection en Natural Justice sê die stryd om te verseker dat Suid-Afrika na ‘n billike energie- en ekonomiese toekoms oorskakel, is steeds ‘n opdraande stryd. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het vroeër vandeesmaand die regering se goedkeuring van TotalEnergies se blok-boorplanne aan die kus tussen Kaapstad en Kaap Agulhas omvergewerp. Shahil Singh van Green Connection sê […]

Read More

Aussies soek na man wat drie polisielede skiet  - August 27, 2025

Die polisie in Australië soek na ʼn swaar gewapende man wat gister in Porepunkah, Victoria, drie polisiebeamptes geskiet het. Twee van die slagoffers is dood. Die verdagte is geïdentifiseer as die 56-jarige Dezi Freeman. Daar is op tien polisiebeamptes gevuur toe hulle na Freeman se eiendom gegaan het met ʼn lasbrief vir inhegtenisneming weens vermeende […]

Read More

Travis en Taylor is verloof  - August 27, 2025

Die veertienmalige Grammy-wenner Taylor Swift en die driemalige Super Bowl-kampioen Travis Kelce het verloof geraak sowat twee jaar nadat hulle hul verhouding aangekondig het. In ‘n gesamentlike Instagram-plasing het die paartjie geskryf “Your English teacher and your gym teacher are getting married”. Die plasing het meer as 24-miljoen likes gekry. Die aankondiging volg net dae […]

Read More

Boere uitgenooi na herlewingslandbou-dag  - August 27, 2025

Boere sal op 27 September by plaas Neu-Otjisororindi naby Gobabis bymekaarkom om herlewingslandbou te vier met ‘n spesiale fokus op hoëdigtheid-weiding onder Namibiese toestande. Hoogtepunte sluit in praatjies oor die koste en voordele van hoëdigtheid-weiding, ‘n paneelbespreking met Namibiese produsente en ‘n veldbesoek wat deelnemers ‘n eerstehandse kykie sal gee na weidingstelsels in aksie. Kosmos […]

Read More

Omgewingskonsultant nou eers aangestel vir groenwaterstof in nasionale park - August 27, 2025

Die Namibiese Groenwaterstofprogram het na jare se vertragings ‘n internasionale firma aangestel om ‘n omgewing impakstudie in die Tsau //Khaeb Nasionale Park uit te voer. Dit kom na hy reeds ‘n Chinese firma aangestel het om die 180 miljard Namibiese dollar se aanleg te bou. Environmental Resource Management is in meer as 40 lande gestel. […]

Read More

‘n Enkele geldeenheid vir Afrika hou baie uitdagings in - August 27, 2025

Voormalige Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma het ‘n enkele Afrika-geldeenheid gevra om handel te bevorder en afhanklikheid van die Amerikaanse dollar te verminder. Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu sê egter dat die idee tans onrealisties is. Kakujaha-Matundu het tydens ‘n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus groot uitdagings genoem.

Read More

MTC kan nie teen aanlynslenters beskerm nie - August 27, 2025

MTC sê hy is nie in staat om kliënte teen bankbedrog en aanlynslenters te beskerm nie. Volgens John Ekongo, bestuurder van korporatiewe sake, kan hy nie beskerming bied teen bedrieërs wat kaart-, bankbesonderhede, en eenmalige wagwoorde bekom nie. Hy kan ook nie sonder ‘n hofbevel enige ondersoek bystaan om oproepgeskiedenis en persoonlike inligting te oorhandig […]

Read More

Federale doodstraf vir moord in Washington DC - August 27, 2025

President Donald Trump van Amerika sê sy administrasie sal die doodstraf vra in moordsake in Washington, DC. Die meeste moorde in Washington word onder plaaslike wetgewing hanteer, maar aanklaers mag die doodstraf vra vir misdade wat onder federale reg val. Trump het in Januarie op die eerste dag van sy administrasie ʼn uitvoerende bevel onderteken […]

Read More