Kabeldiefstal kos Erongo Red maandeliks N$500 000 - August 27, 2025

Erongo Red bestee elke maand meer as 500 000 Namibiese dollar om kragtoevoer te herstel weens koperdiefstal, wat ook die watervoorsiening na dorpe en myne ontwrig. Kusdorpe soos Hentiesbaai, Swakopmund en Walvisbaai word die hardste getref. Die publiek word aangemoedig om die misdade aan te meld, omdat die geld wat verlore gaan elders gebruik kan […]

Read More

TLU SA het groot kommer oor BKS en vermoë om dit te beheer - August 27, 2025

Die landbou-organisasie TLU SA is bekommerd oor die staat se gebrekkige vermoë om die bek-en-klouseer-uitbreking doeltreffend te beheer. Die siekte is in minstens vier provinsies aangemeld. TLU SA se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê die beweging van lewende hawe sonder behoorlike beheermaatreëls vererger die situasie terwyl ekonomiese druk op boere toeneem. Hy sê die huidige […]

Read More

Aanklaer vra vir doodstraf vir DRK se Kabila - August 27, 2025

Die militêre aanklaer van die Demokratiese Republiek die Kongo vra die doodstraf vir oudpresident Joseph Kabila. Hy word in sy afwesigheid verhoor op aanklagte van oorlogsmisdade, hoogverraad en steun aan die M23-rebelle. Bewerings sluit in moord, marteling, verkragting en ‘n komplot teen president Félix Tshisekedi se regering. Kabila, wat sedert 2023 oorsee woon, ontken die […]

Read More

Australië verban Iran se ambassadeur - August 27, 2025

Australië het die Iranse ambassadeur, Ahmad Sadeghi, verban en beskuldig dat die land aandadig is aan anti-semitiese brandstigtingsaanvalle in Sydney en Melbourne. Dit is die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog dat Australië ‘n ambassadeur verban. Eerste minister Anthony Albanese sê intelligensiedienste het tot die gevolgtrekking gekom dat Iran minstens twee antisemistiese aanvalle uitgevoer het. […]

Read More

Heldedag: Toekoms is in Namibiërs se hande, sê NNN  - August 26, 2025

Die nalatenskap van vryheidsvegters wat hul lewens vir Namibië se onafhanklikheid opgeoffer het, is eenheid, inklusiwiteit en vooruitgang, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die hede en toekoms is nou in die land se hande, het Nandi-Ndaitwah in haar toespraak tydens die 35ste Heldedagvieringe gesê, wat tans op Katima Mulilo in die Zambezi-streek onderweg is. Sowat 20 000 […]

Read More

Taxigeweld eis nóg lewens in Wes-Kaap  - August 26, 2025

Die Wes-Kaapse regering het die voortdurende dodelike geweld in die taxibedryf veroordeel. Nege mense, ses taxibestuurders en drie passasiers, is Maandag geskiet in afsonderlike voorvalle in Philippi-Oos en Khayelitsha. Drie mense is dood. Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, sê pendelaars, operateurs en die breër publiek se veiligheid is nie onderhandelbaar nie. Die provinsiale regering […]

Read More

Medisynetekort noop noodtoestand in Botswana  - August 26, 2025

‘n Tekort aan noodsaaklike medisyne en mediese toerusting het Botswana genoop om ‘n noodsaaktoestand in staatgesondheid te verklaar. President Duma Boko het Maandagaand ‘n noodplan van 18,3 miljoen Amerikaanse dollar aangekondig om die saak te beredder, maar beklemtoon dat regeringsfondse beperk is. Medisyne waaraan daar ‘n tekort is, sluit in behandeling vir kanker, MIV/vigs en […]

Read More

Motorsport: Groot aksie op Grootfontein die naweek - August 26, 2025

In motorsportnuus is groot name onder die 13 inskrywings vir die vierde been van Shell V-Power-tydren Saterdag op Grootfontein. Die geleentheid is ook ter herinnering aan wyle jaer Jaco van Dyk, wat in Julie in ‘n motorongeluk oorlede is. Francois Lottering van MotorMedia Namibia het meer:

Read More

DBN belê bykans N$1 miljard in Oshana  - August 26, 2025

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het sy sedert sy ontstaan bykans 978 miljoen Namibiese dollar in projekte in die Oshana-streek belê. Konstruksie het die meeste lenings gekry, altesaam 170,8 miljoen dollar, gevolg deur behuisingsprojekte met 152,6 miljoen. Projekte vir kragvoorsiening is met 116,8 miljoen in totaal gefinansier. 

Read More

Korrupsiekommissie in SA lamgelê  - August 26, 2025

Die Madlanga-kommissie sal nie op 1 September kan begin met sy ondersoek na bewerings van politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel nie. Dit word daaraan toegeskryf dat die department van justisie en staatkundige ontwikkeling probleme ondervind met die verkryging van noodsaaklike infrastruktuur. Die voorsitter, regter Mbuyiseli Madlanga, sê dit is betreurenswaardig dat ’n aansienlike […]

Read More