VN se Guterres vra ondersoek ná Gaza-aanvalle - August 26, 2025

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, vra ʼn onmiddellike en onpartydige ondersoek na dodelike Israelse aanvalle op die Nasser-hospitaal in Khan Yunis, Gaza. Minstens 20 mense, insluitend vyf joernaliste, is volgens berigte in die aanvalle dood. Die joernaliste het vir Reuters, Associated Press, Al Jazeera en die Middle East Eye gewerk. Guterres se woordvoerder, […]

Read More

Fietsry: Diewe teiken span in Spanje  - August 26, 2025

Agtien fietse ter waarde van sowat vyf miljoen rand is uit ‘n vragmotor gesteel wat aan die Visma-Lease a Bike-span behoort. Die Nederlandse span neem tans aan die La Vuelta a España in Spanje deel. ‘n Woordvoerder sê die werktuigkundiges het daarin geslaag om die toerusting te bekom sodat die span vandag in die derde skof kan wegspring. Die diefstal […]

Read More

NNN koester tradisionele owerhede - August 26, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n hoflikheidsbesoek aan tradisionele leiers in die Zambezi-streek afgelê voor vandag se 35ste Heldedag-herdenking. Presidensiële woordvoerder Jonas Mbamba het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die besoek die regering se verbintenis tot sterk bande met tradisionele owerhede beklemtoon.

Read More

Bek-en-klouseer steek kop uit in Vrystaat  - August 26, 2025

Die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling het vier nuwe gevalle van bek-en-klouseer bevestig. Drie van die gevalle is op twee kommersiële plase en in een gemeenskaplike weidingsgebied by Kroonstad opgespoor. Die vierde geval is op ʼn plaas naby Cornelia in die Mafube-munisipaliteit. Die departement sê beweging word beperk op alle plase binne ʼn […]

Read More

Trump vry opnuut na Noord-Korea - August 26, 2025

Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy wil die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un ontmoet, moontlik vanjaar nog. Sedert Trump se inhuldiging in Januarie het Kim die Amerikaanse president se herhaalde oproepe geïgnoreer vir die herlewing van direkte diplomasie wat hy tydens sy 2017-2021-termyn in die amp nagestreef het. Dit het egter geen ooreenkoms opgelewer om […]

Read More

Tennis: Alcaraz deur na tweede ronde van Amerikaanse Ope  - August 26, 2025

Die Spanjaard Carlos Alcaraz het Reilly Opelka van Amerika verslaan om die Amerikaanse Ope se tweede ronde te haal. Die tweede gekeurde Alcaraz mik vir sy tweede sege op Flushing Meadows. Die Suid-Afrikaner Lloyd Harris het met die Argentyn, Sebastian Baez, afgereken terwyl Casper Ruud van Noorweë die Oostenryker, Sebastian Ofner, geklop het. In die vroueafdeling […]

Read More

Honderde miljoene nodig om honger in Namibië te stuit  - August 26, 2025

Bykans 900 miljoen Namibiese dollar is nodig om te sorg dat mense in Namibië tot 2029 nie honger ly nie, toon die Wêreldvoedselprogram. Om voedselkwesbares tot die einde van Januarie volgende jaar te help, gaan sowat 8,8 miljoen dollar kos, sê die WFP in hul jongste verslag. In Julie vanjaar, het meer as 96 000 […]

Read More

Stryd teen prysmonster vorder, sê Reserwebank - August 26, 2025

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê sentrale banke vorder met die verlaging van wêreldwye inflasie. Kganyago het na sy terugkeer van die Jackson Hole Ekonomiese Simposium in die VSA, aan SABC News gesê gevare bestaan egter steeds, insluitend handelstariewe wat pryse kan verhoog. Hy is bekommerd oor die hoë lewenskoste wêreldwyd en […]

Read More

Grillerige parasiet versprei na mens  - August 26, 2025

‘n Geval van ‘n vleisetende beesbrommer-parasiet is vir die eerste keer in ‘n mens in Amerika gevind. Die vlieg eet beeste en ander warm-bloedige diere lewendig, met ‘n uitbreking verlede jaar in Sentraal-Amerika en Suid-Mexiko. Die Amerikaanse voorval is opgespoor in ‘n persoon van Maryland wat uit Guatemala gereis het. Die vroulike beesbrommer-vlieg lê eiers […]

Read More

Sokker: Manchester se Mainoo voor uitdaging  - August 26, 2025

‘n Onsekere toekoms lê voor vir Kobbie Mainoo by Manchester United nadat afrigter Ruben Amorim bekend gemaak het dat die middelveldspeler met sy kaptein Bruno Fernandes vir ‘n plek in die span meeding. Mainoo, wat vir Engeland speel, is nog nie in die nuwe seisien ingespan nie. Hy het die openingswedstryd wat Arsenal 1-nul gewen […]

Read More