Onhangwena-akwifer moet dringend ontwikkel word  - August 26, 2025

Die goewerneur van Ohangwena, Kadiva Hamutumwa, sê die akwifer in die streek moet dringend ontwikkel word om watersekuriteit vir huishoudelike-, landbou- en nywerheidsgebruik te verseker. Gronddamme in die opvangsgebiede vir reën- en vloedwater is ewe nodig, sê sy. Hamutumwa het ook die belangrikheid van pad- en netwerkinfrastruktuur vir sake-ontwikkeling beklemtoon en gesê ekonomiese groei steun […]

Read More

Skoolhoof, onderwyser in SA aangeval - August 26, 2025

Die Suid-Afrikaanse regering het alle vorms van geweld by skole veroordeel en sê dit ondermyn onderrig, veiligheid en kinders se toekoms. ʼn Gautengse skoolhoof is verlede week met ʼn mes gesteek toe sy probeer het om ʼn geveg tussen leerders van West Ridge High en Hoërskool Roodepoort te stop. In Klerksdorp, Noordwes, is talle leerders […]

Read More

China gebruik al meer steenkool  - August 26, 2025

China het sy gebruik van steenkoolenergie in die eerste helfte van hierdie jaar die meeste nog uitgebrei in die afgelope nege jaar. Dit is volgens ‘n verslag deur die Sentrum vir Navorsing oor Energie en Skoon Lug. China het 21-gigawatt se steenkoolkrag in die eerste ses maande van die jaar by sy netwerk ingesluit. Die […]

Read More

Rugby: Stryd teen All Blacks epies, sê Rassie  - August 26, 2025

Die Springbokke se afrigter, Rassie Erasmus sê hulle is onder geen illusie oor die geweldige uitdaging wat op hulle teen die All Blacks in Nieu-Seeland wag nie. Suid-Afrika kom op 6 September teen die All Backs op Edenpark te staan, voor hulle ‘n week later in Wellington weer sake uitspook. Die Bokke se afrigter het […]

Read More

Reën tot Vrydag voorspel - August 26, 2025

‘n Sterk bolugtrog is besig om oor Namibië in te beweeg en enkele reënbuie word vandag reeds in die Mariental-omgewing en die suidelike kusgebiede verwag. Vanaf môre gaan die stelsel versterk en goeie buie word tot Vrydag vir sekere dele van die land voorspel. Plaaslike weerkenner George van der Merwe het meer:

Read More

Sasol soek kraglisensie  - August 26, 2025

Sasol het by die Nasionale Energiereguleerder aansoek gedoen vir ‘n elektristeitshandelslisensie. Dit kom te midde van Nersa se finalisering van handelsreëls met Eskom wat lisensies betwis wat aan plaaslike handelaars toegestaan is. Die uitvoerende hoof van Sasol, Simon Baloyi, sê die lisensie sal aan Sasol plooibaarheid gee as beide ‘n groot aankoper en ook toekomstige […]

Read More

Netanyahu berou dood van joernaliste  - August 26, 2025

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy het berou oor die tragiese voorval by die Nasser-hospitaal in Gaza. Minstens 20 mense, insluitend vyf internasionale joernaliste, is dood in ʼn Israelse bomaanval. Die jongste sterftes bring die aantal joernaliste wat sedert die begin van die oorlog in Oktober 2023 in Gaza dood is, op byna […]

Read More

Krieket: Indië in die knyp ná dobbelwetplan  - August 26, 2025

Indië se beheerliggaam moet ‘n nuwe hoofborg kry nadat die sport-dobbelplatform Dream-Eleven sy kontrak van 766 miljoen rand gekanselleer het weens ‘n regeringsverbod op aanlyn dobbelary. Indië se grootste aanlyn dobbelplatform het in Julie 2023 ‘n driejaarkontrak onderteken om hoofborg te word van die nasionale mans- en vrouespan, en borg ook verskeie spanne in die […]

Read More

Meer as 20 000 vir Heldedag op Katima verwag  - August 26, 2025

Meer as 5 000 veiligheidsmagte, wat deur lugpatrollies ondersteun sal word, is op Katima Mulilo ontplooi om te verseker alles verloop glad by die 35ste Heldedagvieringe op die dorp vandag. Volgens die hoof van die polisie in die Zambezi-streek, kommissaris Andreas Shilelo, word polisiebeamptes ook op strategiese plekke geplaas om padveiligheid op te skerp. Die […]

Read More

Slimtrollies geen bedreiging vir werk nie, sê Shoprite  - August 26, 2025

Shoprite verseker Suid-Afrikaners sy nuwe slim Xpress-trollie hou geen bedreiging in vir werksgeleenthede nie. Die toets, wat by Checkers Hyper in Brackenfell en Checkers Constantia in die Wes-Kaap uitgevoer word, gebruik 20 tegnologies-gevorderde trollies wat dit moontlik maak vir kliënte om self produkte te skandeer terwyl hulle die totaal dophou, en om direk van die […]

Read More