Trump glo Putin wil oorlog in Oekraïne stop - August 26, 2025

President Donald Trump van Amerika sê hy het met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, gepraat sedert verlede week se ontmoeting by die Withuis met president Volodymyr Zelensky van Oekraïne en ander Europese leiers. Rusland het verlede week 574 hommeltuie en 40 missiele op Oekraïne afgevuur in een van die ergste aanvalle in weke. Oekraïne het […]

Read More

Vrouerugby: Springbokke fokus nou op Italië  - August 26, 2025

Die hoofafrigter van die Springbok-vrouespan, Swys de Bruin, sê hulle fokus skuif nou na Italië nadat hulle Brasilië met 66-6 vermorsel het in hulle eerste Wêreldbeker-wedstryd. Nommer agt, Aseza Hele, het drie van Suid-Afrika se tien drieë gedruk. De Bruin sê al is Brasilië die laagste-gekeurde span in die toernooi, is hy steeds trots dat […]

Read More

Eerste 5G-dienste ‘n spel-veranderaar vir Namibië - August 25, 2025

MTC se onlangse bekendstelling van 5G-dienste in Namibië word beskryf as ‘n beduidende stap vorentoe in Namibië se digitale transformasiereis. MTC beoog om sy 5G-vermoëns uit te brei om meeslepende ervarings, gevorderde speletjies, slim pakhuise, telemedisyne en slim besproeiingsoplossings te lewer. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Pityana moet praat oor Lotery-tenderskandaal, vra BOSA - August 25, 2025

BOSA sê die skielike bedanking van die voorsitter van die Nasionale Loterykommissie, Barney Pityana, voor hy eens die helfte van sy termyn uitgedien het en sonder om redes te verskaf, laat die rooiligte flikker en regverdig ‘n onmiddellike ondersoek. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê Suid-Afrikaners verdien duidelikheid of Pityana se bedanking gekoppel is aan […]

Read More

Minstens 15 sterf in Israelse lugaanval op Gaza-hospitaal - August 25, 2025

Minstens 15 mense is dood in Israelse lugaanvalle op ‘n hospitaal in die suide van Gaza. Die Hamas-beheerde Ministerie van Gesondheid het in ‘n sosiale media-plasing gesê daar was twee aanvalle. Die eerste het die vierde verdieping van die Nasser-hospitaal geteiken en die tweede terwyl ambulanspersoneel probeer het om beseerdes te red en liggame te […]

Read More

Dit brand in Bwabwata Nasionale Park, lodges nog veilig - August 25, 2025

Veldbrande het in die Bwabwata Nasionale Park uitgebreek, veral noord en oos van die Divundu-Kongolo-snelweg, met berigte wat daarop dui dat die brande verder na naburige Angola versprei. ‘n Sterk noordwestelike wind stoot rook af na die Kavango-streek, maar daar is tans geen onmiddellike gevaar vir toeriste-lodges in die gebied nie. Mark Paxton van Shamvura-kamp, […]

Read More

Miller, Greeff nuwe Namibiese grondpadfietsry-kampioene - August 25, 2025

Namibië se Alex Miller het die eerste UCI Afrika-kampioenskap in grondpadfietsry gewen by die Khomas 100 buite Windhoek. Die hoofresies oor 157 kilometer het ook as die 2025 Namibiese kampioenskap gedien, en Miller spog dus nou met albei titels. Miller het reeds voorheen die kontinentale kampioenskap gewen, asook ‘n bronsmedalje by die 2022 Statebondspele. In […]

Read More

Medvedev val uit by Amerikaanse Ope - August 25, 2025

Tennis: Die viermalige Amerikaanse Ope-kampioen, Novak Djokovic, het die Amerikaanse tiener Learner Tien verslaan om na die tweede ronde van die toernooi deur te dring. Die Serwiër mik vir ‘n rekord 25ste Grand Slam-titel en het nou 75 agtereenvolgende eersteronde-oorwinnings by majors behaal. Benjamin Bonzi van Frankryk het die Rus Daniil Medvedev uitgeskakel. In die […]

Read More

IPC brei uit in sy kritiek op Katima raadsontbinding - August 25, 2025

Die IPC beskuldig Swapo daarvan dat hulle die ontbinding van die Katima Mulilo-stadsraad gebruik om die opposisie te verswak voor November se verkiesings. Die IPC se streekkoördineerder, Elvis Lizazi, het die stap ongrondwetlik genoem en gesê Swapo betrek ander partye by sy korrupsieskandale. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het die raad […]

Read More

NNN se eerste Heldedag-hoofrede lê voor - August 25, 2025

Die inligtingsministerie verwag dat sowat 20 000 mense vanjaar se Heldedag-herdenking môre in die Zambezi-streek sal bywoon. Die tussentydse uitvoerende direkteur van die ministerie, Linda Aipinge-Nakale, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah sal die hoofrede lewer. Dit sal Nandi-Ndaitwah se eerste Heldedag-herdenking as president van Namibië wees, het Aipinge-Nakale aan die media gesê.

Read More