Mynbousektor ruggraat van Namibië se ekonomie: Cirrus - August 25, 2025

In sy jongste ontleding van die mynbedryf sê Cirrus Namibië se mynbousektor is die ruggraat van die ekonomie en dra by tot werksgeleenthede, uitvoerverdienste, inkomende beleggings en belastinginkomste. Die bedryf se belasting en tantieme dra gemiddeld 4,1 persent van die regering se jaarlikse inkomste by. Mynboumaatskappye staar hoër korporatiewe winsbelastingkoerse in die gesig as nie-mynboumaatskappye, […]

Read More

China kry Chenin Blanc-bederfie - August 25, 2025

Die 2025 Chenin Blanc-uitdaging se toptien-wenners is aangekondig en word later vanjaar op ProWine Shanghai in China vertoon. Stellenbosch oorheers weer en spog met vier van die tien inskrywings. Boonop is drie van die vier van Stellenrust Wines, wat die gereeldste wenners in die kompetisie is. Standard Bank, wat die kompetisie borg, se hoof van […]

Read More

BoN hou binnelandse effekte-veiling - August 25, 2025

Die Bank van Namibië sal op 27 Augustus 2 miljard Namibiese dollar in ‘n veiling van binnelandse effekte insamel, wat 1,5 miljard dollar in nominale vaste-koers-effekte en 500 miljoen dollar in inflasie-gekoppelde instrumente behels. Die veiling is deel van ‘n nuwe binnelandse leningsplan van 2 miljard dollar wat ingestel is ná vertragings in eksterne finansiering, […]

Read More

Loterykommissie kort dringend nuwe voorsitter: DA - August 25, 2025

Die DA maan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om dringend ʼn nuwe voorsitter vir die Nasionale Loterykommissie aan te stel. Dit volg na die bedanking van Barney Pityana. ʼn DA-woordvoerder, Toby Chance, sê die minister moenie sy voorganger, Ebrahim Patel wat 18 maande gevat het om die gewese voorsitter, Alfred Nevhutanda, […]

Read More

Oorlewende van Aus sampioenvergiftiging sê hy ‘lewe net deels’ - August 25, 2025

Die enigste Australiese oorlewende van ‘n beeshaasgereg-middagete wat dodelike giftige sampioene bevat het, sê hy voel hy lewe net deels ná die dood van sy vrou. Die Baptiste-pastoor, Ian Wilkinson, het die eerste slagofferverklaring in die Hooggeregshof in die staat Victoria voorgelees tydens Erin Patterson se vonnisoplegging. ‘n Jurie het Patterson skuldig bevind aan die […]

Read More

Fleetwood wen Toerkampioenskap, sy eerste PGA-toertitel - August 25, 2025

Gholf: Tommy Fleetwood van Engeland het met sy 164ste poging sy eerste PGA-toertitel verower deur die Toerkampioenskap en ook die FedEx-beker te wen. Die 34-jarige Fleetwood het drie houe vóór Patrick Cantlay en Russell Henley van Amerika geëindig. Hul landgenoot en die verdedigende kampioen, Scottie Scheffler, was met nóg ‘n hou minder gesamentlik vierde. Fleetwood […]

Read More

Moenie jaag nie, wees bedagsaam op paaie! - August 25, 2025

Swaar verkeer word landwyd verwag terwyl Namibië Heldedag herdenk. Die Namibiese polisie doen ‘n beroep op alle padgebruikers om versigtigheid, geduld en verantwoordelikheid te beoefen terwyl hulle op die paaie is. Adjunk-kommissaris Rozario Coetzee het in ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid beklemtoon om reisreëlings vooraf te tref om potensiële vertragings wat veroorsaak […]

Read More

ANC ‘het vergeet hy bestaan om mense te dien’ - August 25, 2025

Die ANC veteraan en voormalige minister, Naledi Pandor, sê die party het sy glorie verloor en het vergeet dat hy bestaan om die mense te dien. Sy was Sondag ‘n spreker by die Gertrude Shope-gedenklesing in Pretoria. Shope is in Mei vanjaar oorlede op die ouderdom van 99. Pandor sê landsburgers kyk met minagting, skok […]

Read More

Duisende ontruim, vlugte gekanselleer in Viëtnam voor Tifoon Kajiki - August 25, 2025

Viëtnam het skole en lughawens gesluit en duisende mense ontruim voor die aankoms van die kragtige Tifoon Kajiki. Die storm het gister die suidelike Chinese eiland Hainan getref en bome omgewaai en oorstromings veroorsaak voor dit oornag die Golf van Tonkin bereik het met volgehoue windspoed van 166-kilometer per uur. Volgens Viëtnam se weersvoorpeller is […]

Read More

Springbokke nou tweede op wêreldranglys - August 25, 2025

Rugby: Suid-Afrika het Ierland verbygesteek en is nou tweede op die wêreldranglys ná hul oorwinning van 30-22 oor Australië in Kaapstad in die tweede ronde van die Rugbykampioenskap. Nieu-Seeland is steeds eerste ondanks hul nederlaag van 29-23 teen Argentinië in Buenos Aires. Dit was die Pumas se eerste toets-sege oor die All Blacks op hul […]

Read More