AMTA en Nipam werk saam vir voedselveiligheid en sekerheid - August 25, 2025

AMTA en Nipam het ‘n ooreenkoms onderteken om voedselveiligheid en -sekerheid te bevorder. Die ooreenkoms sluit gesamentlike navorsing, kennisdeling en verbeterde bedrywighede in, met ‘n tegniese komitee wat projekimplementering en innovasie sal lei. Nipam se bemarkingsbestuurder, Johannes Hatutale, het meer.

Read More

Mede-Afrikane is nie die oorsaak van SA se hoë werkloosheid nie - August 25, 2025

EFF-leier Julius Malema sê mede-Afrikane is nie die oorsaak van Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfer nie, want die ware vyand is ʼn onhervormde ekonomie in die hande van die wit minderheid en multinasionale ondernemings. Hy het Sondag die hoofrede gelewer by die opening van die Nigeriese Balievereniging se jaarlikse algemene konferensie in Enugu, Nigerië. Die vereniging […]

Read More

Egipte sal na verwagting repokoers laat sak na 24% - August 25, 2025

Egipte se sentrale bank sal waarskynlik Donderdag sy repokoers met 100 basispunte verlaag om groei te ondersteun namate inflasie afkoel. Reuters berig dat agt ekonome wat ondervra is, sê die bank sy 24 persent sal verlaag tydens sy Monetêre Beleidskomitee-vergadering op 28 Augustus. Die huidige koers staan onderskeidelik op 25 persent. Inflasie het gedaal terwyl die […]

Read More

Nog 8 sterf in Gaza - August 25, 2025

‘n Verdere agt mense in Gaza het gesterf weens hongersnood en wanvoeding wat die totale aantal hongerverwante sterftes in die strook sedert die begin van die oorlog met Israel 22 maande gelede op 289 te staan bring, insluitend 115 kinders. Meer as ‘n halfmiljoen mense in Gaza staar hongersnood in die gesig, volgens die Geïntegreerde […]

Read More

CAN en Liberty bied Chica-pretdag aan - August 25, 2025

Die Kankervereniging van Namibië bied op 27 September die tweede jaarlikse Liberty Chica Familie Pretdag op 27 September 2025 aan. Die geleentheid samel fondse in vir die Chica-fonds, wat kinders met kanker en hul gesinne ondersteun deur verblyf, maaltye, vervoer en sorg by die Chica Interim Home, asook hulp aan die Pediatriese Onkologie-afdeling by Windhoek […]

Read More

Waar moet die geld vandaan kom en hoe sal verbruikers dit betaal? - August 25, 2025

Die regering beplan 200 000 nuwe elektrisiteitsverbindings teen 2030 te bewerkstellig. Hul mikpunt vir 2040 is 400 000 wat miljarde sal kos. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike energiekenner Harold Schütt oor die haalbaarheid van dié teikens gepraat.

Read More

Namcor-saak tot November uitgestel - August 25, 2025

Die bedrog- en korrupsiesaak van Namcor is tot 20 November uitgestel vir verdere ondersoek. Dit is vandag in die Windhoek-landdroshof uitgestel, toe vier van die beskuldigdes – Cedric Willemse, Lydia Elindi, Connie van Wyk en Austin Elindi – voor landdros Jurina Hochobes verskyn het. Die uitstel is gedoen in die afwesigheid van die ander beskuldigdes […]

Read More

Kommer oor regering wat leen vir projekte in buitelandse besit - August 25, 2025

Die Tender Bulletin berig dat daar kommer is oor die regering, wat 24 persent aandeelhouding in Hyphen Hydrogen Energy het, nou poog om 15,4 miljard Namibiese dollar te leen vir sy groen industrialisasie program. Die lenings beslaan 10,3 miljard dollar van die Europese Beleggingsbank, 15 miljoen dollar van die VN en tot 4,6 miljard dollar […]

Read More

Christine, Beatrice nie gereed vir internasionale deelname nie - August 25, 2025

Die Suid-Afrikaanse sterre Akani Simbine, Bayanda Walaza en Prudence Sekgodiso het die baan gedeel in die voorlaaste Diamantliga-byeenkoms in Brussel, België, met groot name soos die wêreldkampioen Sha’Carri Richardson van Amerika en die veteraan Jamaikaanse naelloper Shelly-Ann Fraser Pryce. Namibië se Christine Mboma en Beatrice Masilingi was egter nie daar nie. Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Kieserregistrasie het nie goeie opkoms gehad nie - August 25, 2025

Die aanvullende kiesersregistrasie vir die plaaslike owerheid-verkiesings is van 4 tot 19 Augustus gehou, met minder wat geregistreer het as wat verwag is, in terme van die hoeveelheid jeugdiges wat 18 geword het sedert die laaste algemene verkiesing. Die Verkiesingskommissie sê tussen 4 en 10 Augustus het 19 359 kwalifiserende kiesers landwyd geregistreer. Sommige politieke […]

Read More