Vrede tussen Pakistan en Afghanistan wankel - October 27, 2025
Pakistan se minister van verdediging, Khawaja Muhammad Asif, het ‘n waarskuwing gerig dat mislukking in die voortgesette vredesonderhandelinge met die Taliban in Istanbul tot volskaalse oorlog langs die gedeelde grens kan lei. Die gesprekke is daarop gemik om ‘n onlangse wapenstilstand te verstewig en ‘n daadwerklike moniteringsmeganisme te vestig om oorgrens-aanvalle deur die Tehreek-i-Taliban Pakistan […]
Namibiese Teater- en Filmtoekennings maak terugkeer - October 27, 2025
Die Nasionale Teater van Namibië, in vennootskap met die Namibiese Filmkommissie, het die terugkeer van die Namibiese Teater- en Filmtoekennings aangekondig. Dit sal op 19 Maart 2026 by die Nasionale Teater van Namibië plaasvind. Hierdie gesogte geleentheid vier die kreatiewe uitnemendheid, veerkragtigheid en kulturele impak van Namibiese teater- en film-praktisyns. NTN-woordvoerder Desiree Mentor het aan […]
Spekulasie loop oop oor Ithete se afdanking - October 27, 2025
Die adjunk-eerste minister en energieminister, Natangwe Ithete, is Sondag deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgedank. Sy het nie redes verskaf nie en media spekuleer vanoggend dat dit moontlik kan wees oor sy ondersteuning vir in-situ-loging van uraan by Leonardville, sowel as sy rol by Nida en die verkoop van 200 hektaar se grond aan die kus […]
Gryslys: Net twee punte oor, sê Eiseb - October 27, 2025
Namibië het internasionale erkenning ontvang vir sy vordering in die bekamping van finansiële misdade. Die Finansiële Aksie-taakmag het amptelik Namibië se derde vorderingsverslag aangeneem en die land geprys vir die oplossing van 11 uit 13 strategiese tekortkominge sedert dit in Februarie 2024 op die gryslys geplaas is. Die direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, Bryan Eiseb, […]
Vyfjaarpermit is goeie idee maar … implementering - October 27, 2025
Namibië is van plan om sy visumproses te vereenvoudig en ‘n vyfjaarpermit vir ernstige beleggers in te stel, na aanleiding van ‘n opdrag van president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die stigter van die Namibië Reis- en Toerismeforum, Nrupesh Soni, die idee vir sakereisigers verwelkom, maar gewaarsku dat behoorlike implementering […]
ANC verwelkom Afrikaners in SA se standpunt - October 27, 2025
Die ANC sê hy verwelkom Afrikaans-sprekende Suid-Afrikaners se standpunt. Byna 50 Afrikaner-akademici, -kerkleiers en ander -beroepspersone het saam ʼn brief geskryf en geteken met die titel: Not in our Name: Afrikaners Respond to the Misuse of Their Story in US Politics. In die brief verwerp hulle die Amerikaanse siening wat Afrikaners as slagoffers van rassevervolging […]
Dubbel-moordenaar Lichtenstrasser dood in sy sel gevind - October 27, 2025
Die moordenaar Ernst Lichtenstrasser is dood in sy sel in die Windhoek-gevangenis aangetref. Terwyl selfmoord vermoed word, moet ‘n lykskouing uitgevoer word. Die 64-jarige is twee lewenslange vonnisse in April 2024 opgelê vir die moord op Eckhardt Mueller en Heimo Hellwig, NIMT-hoofde, in Arandis in April 2019. Na hy in November 2023 skuldig bevind is, […]
Saftu veroordeel Eskom se slimmeter-plan - October 27, 2025
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het Eskom se aankondiging sterk veroordeel om teen Maart 2026 ‘n halfmiljoen slimmeters te installeer, ten spyte daarvan dat hulle slegs 278 000 in voorraad het. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê dié Eskom-plan is teen-armoede, en ‘n inkomstegedrewe obsessiewe beleid wat invordering bo diens, straf bo solidariteit en winste […]
Twee vas vir Louvre-roof - October 27, 2025
Twee verdagtes is Saterdagaand in hegtenis geneem vir die diefstal van kosbare kroonjuwele uit Parys se Louvre-museum. Een van die verdagtes was besig om voor te berei om na Algerië te reis, het polisiebronne aan Franse media gesê, terwyl die ander een na Mali op pad was. Items ter waarde van 102 miljoen Amerikaanse dollar […]
Sinner vat vierde titel in Wene - October 27, 2025
Die topgekeurde Jannik Sinner het sy vierde titel van die seisoen en sy 22ste loopbaan-kroon gebuit toe hy die Weense Ope in Oostenryk gewen het. Die Italianer was een stel agter, maar het ingehaal en die Duitser, Alexander Zverev, geklop. Die 24-jarige Sinner is die eerste man wat agt ATP-eindwedstryde in agtereenvolgende seisoene haal sedert […]