Drie pleeg selfmoord oor die naweek - August 25, 2025
Drie mense het die afgelope naweek hul eie lewens in Namibië geneem. In Windhoek het ‘n 40-jarige vrou haarself Saterdag by ‘n fasiliteit vir geestesgesondheid in Pionierspark gehang. Vrydag het ‘n 30-jarige vrou haarself vermoedelik in die Ohamautsi-nedersetting in Omusati gehang. In die Omandakani-nedersetting het ‘n 31-jarige Angolese man Saterdag selfdood in ‘n dam gepleeg. […]
McKenzie moet ondersoek instel na tantième vir akteurs en aktrises - August 25, 2025
Die Forum for South Africa vra die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, om dringend beleid in te stel wat sal seker maak akteurs en aktrises ontvang voor en na hul dood tantième vir hul werk. Die minister is gekritiseer oor sy teenkanting teen die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg wat tantième-regte vir hierdie kunstenaars […]
Israel se aanval op Sana’a dood 6, beseer 86 - August 25, 2025
Israeliese aanvalle het Jemen se hoofstad Sana’a getref as vergelding vir Houthi-missiele wat na Israel afgevuur is, met ‘n Houthi-gesondheidsbeampte wat sê die aanval het ses mense gedood met 86 beseer. Die Israeliese weermag sê die teikens sluit ‘n militêre kompleks in wat die presidensiële paleis, twee kragsentrales en ‘n brandstofbergingsterrein huisves. Die aanvalle is […]
LPM veroordeel Sankwasa se optrede by Katima - August 25, 2025
Stedelike ontwikkelingsminister James Sankwasa se afdanking van Katima Mulilo se dorpsraad is ‘n aanval op die demokratiese keuse van die dorp se inwoners, sê die Landless People’s Movement. Sankwasa voer aan die afdanking was in terme van die wet op plaaslike owerhede, en spruit uit die raad wat sonder ministeriële toestemming grond vir voertuie geruil […]
ANC verloor steun, nou onder 30% - August 25, 2025
‘n Nuwe peiling deur die DA toon dat die ANC 11 persentasiepunte nasionaal verloor het sedert verlede jaar se algemene verkiesing, met die party se steun nou onder 30 persent. Die DA is net een persentasiepunt agter met 29 persent. Die DA het die ANC ook in verskeie metropolitaanse gebiede verbygesteek. In Johannesburg is die […]
Chicago-burgemeester skop vas teen Nasionale Wag - August 25, 2025
Politieke leiers in Chicago kritiseer ‘n voorstel wat president Trump laat verlede week gemaak het dat hy binnekort Nasionale Wag-troepe na die strate van die Middeweste-metropool sal stuur om misdaad te bestry. Burgemeester Brandon Johnson, ‘n Demokraat, sê dat Trump se benadering ongekoördineerd, ongeskik en ongesond is.
Spanje se hitte vanjaar die ergste op rekord - August 25, 2025
Spanje se meteorologiese agentskap sê die hittegolf van 16 dae wat die land hierdie maand geteister het, was die ergste op rekord. Die hittegolf het meer as ʼn duisend lewens geëis en veldbrande veroorsaak wat steeds in die noordelike en westelike dele van die land woed. Die agentskap sê voorlopige syfers wat van drie tot […]
Chinese sakeman moet skadevergoeding aan oud-werker betaal - August 25, 2025
Die hoërhof die Chinese sakeman Li Bailong gelas om 230 000 Namibiese dollar skadevergoeding aan voormalige werknemer, Itakeya George, te betaal nadat bevind is dat hy haar aan vernederende en verkleinerende behandeling onderwerp het tydens haar ontslag. Dit kom na die voorval in November 2021 by Li se winkel in Chinatown in die hoofstad waar […]
Twee gestremde vroue oor die naweek verkrag - August 25, 2025
Twee verstandelik gestremde vroue is die naweek na bewering in afsonderlike voorvalle in die Oshikoto-streek verkrag. ‘n Sewentigjarige man het Vrydagoggend vermoedelik ‘n 32-jarge vrou in die Onakankuzi-oos-nedersetting verkrag. Hy is nog nie gearresteer nie. In die Iipanda-nedersetting het ‘n Angolese man Vrydagaand glo ‘n 22-jarige vrou by ‘n troue verkrag. Hy is in hegtenis […]
Numsa beding met groot sukses in motorbedryf - August 25, 2025
Die vakbond Numsa het vir die voertuigsektor ʼn loonooreenkoms vir die volgende drie jaar onderteken wat bo inflasie is. Dit dek 300 000 werkers wat onder die bedingingsraad vir die motorbedryf val. In die eerste jaar ontvang werkers ʼn loonverhoging van 6 persent en in die tweede en derde jaar ʼn verhoging van 5 persent. […]