Rusland het aansienlike toegewings gemaak – Vance - August 25, 2025
Amerika se visepresident, JD Vance, sê Rusland het aansienlike toegewings gemaak in samesprekings om sy oorlog teen Oekraïne te beëindig. Rusland se minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov, het volgehou dat enige veiligheidswaarborge aan Oekraïne, ook Rusland en sy grootste bondgenoot, China moet betrek, sowel as die VSA, die Verenigde Koninkryk en Frankryk. Vance het […]
Sperdatum vir Jeugfonds-aansoeke verleng - August 25, 2025
Die finansministerie sê die verlenging van die sperdatum vir die indiening van voorstelle onder die Nasionale Jeugfonds se loodsfase is 4 September. Voorleggings moet by streeksgoewerneurs kantore ingedien word. Na die loodsfase word daar van aansoekers verwag om hul aansoeke direk by die Ontwikkelingsbank van Namibië, Omgewingsbeleggingsfonds en AgriBank in te dien. Dit sal die […]
Eskom se operasionele herstel vorder goed - August 25, 2025
Eskom sê sy operasionele vordering spruit uit die opwekkingsherstelplan wat in Maart 2023 ingestel is. Hy voeg by dit word toegeskryf aan die toewyding van spanne wat daaraan werk om die nasionale netwerk te bestendig en te versterk. Die kragverskaffer het Sondag 100 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag gevier. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê in die huidige […]
Alles wat Putin gevrees het, het gebeur - August 25, 2025
Die voormalige Britse nasionale veiligheidsadviseur Lord Peter Ricketts is van mening dat Rusland en president Vladimir Putin verkeerd bereken het deur die Oekraïne in 2022 aan te val. Hy sê alles wat Rusland gevrees het, is reeds hier.
Amy Biehl se lewe vandag vereer - August 25, 2025
Die Amy-stigting sal vandag die lewe en nalatenskap van Amy Biehl, die 26-jarige Amerikaanse Fulbright-beurshouer wat op 25 Augustus 1993 in Gugulethu vermoor is, vereer. Amy se ma, Linda Biehl, en Ntombeki Peni – wat vir haar dood skuldig bevind is en nou ‘n leier in die stigting is – sal blomme by haar gedenkplek […]
MTC rol 5G uit in Namibië - August 25, 2025
MTC het 5G-dienste in Namibië bekendgestel en is die eerste operateur wat die tegnologie in die land bekendstel. Die aankondiging is Sondag by die Ongwediva Jaarlikse Handelskou gemaak. Die diens is nou beskikbaar in Ongwediva, Swakopmund, Walvisbaai en Windhoek, met wyer dekking wat in die komende maande beplan word. MTC se hoof tegniese en inligtingsbeampte, […]
111 amptenare by Tembisa-korrupsie betrek - August 25, 2025
Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Andy Mothibi, het bevestig dat daar stappe gedoen is om die onwettige kontrakte by die Tembisa-hospitaal te kanselleer. Mothibi het bevestig dat 111 amptenare by vier korrupsiesindikate betrek word. Tugprosesse word gevolg en sommige is reeds ontslaan. Hy het ook bevestig dat bates ter waarde van miljarde rand teruggevind […]
VSA-ambassadeur in Frankryk ontbied na ope brief - August 25, 2025
Die Franse ministerie van Buitelandse Sake het Amerika se ambassadeur, Charles Kushner, ontbied nadat hy ʼn brief aan president Emmanuel Macron geskryf het waarin hy beweer Frankryk doen te min om geweld teen Jode te bekamp. Kushner doen in ʼn ope brief in die Wall Street Journal ʼn beroep op Macron om dringend haatmisdaad-wette toe […]
EU-rolprentfees ondersteun ook Kino Namibia - August 25, 2025
Die EU-rolprentfees 2025 sal die jeug as dryfvere van verandering beklemtoon deur jong kreatiewe mense en plaaslike rolprentmakers te ondersteun. Tydens die bekendstelling in Windhoek het die EU-adjunk-sendinghoof, Ian Dupont, gesê die fees sal inisiatiewe soos Kino Namibia ondersteun, wat onlangs 78 jongmense in basiese rolprentvervaardiging opgelei het.
Sesde been van MotoCross-kampioenskappe met sukses aangebied - August 25, 2025
Die sesde been van die 2025 Nasionale MotoCross-kampioenskappe is die naweek by die Gallina-baan net buite die hoofstad aangebied. Daar is 38 ryers in nege klasse. Francois Lottering het meer oor die geleentheid en daar is ook baie goeie nuus vir die sportkode.