‘n Boer maak mos ‘n plan - August 25, 2025
‘n Boer se uitvindsel uit die Karoo maak wêreldwyd opslae nadat dit suksesvol in Amerika getoets is as ‘n instrument om vee teen roofdiere te beskerm. Die spesiaal ontwerpte spykerhalsbande, wat die eerste keer in 1994 bekendgestel is om skape en bokke teen jakkalse te beskerm, toon nou belowende resultate teen coyotes op Amerikaanse plase. […]
Landelike internet onder die loep - August 25, 2025
Landelike internet toegang raak ‘n kritieke uitdaging in Namibië met landbou, die jagbedryf en toerisme, en sekuriteit wat daarop staatmaak. Voorgestelde mobiele satelliettoepassings word verder as onbekostigbaar vir boere beskou. Volgens die NLU se hoofbestuurder Roelie Venter is internetverbinding in landelike gebiede nie meer ’n luukse nie, maar ’n absolute noodsaaklikheid om daagliks sake te […]
NTB sê oor onwettige toeroperateurs - August 25, 2025
Die Namibiese Toerismeraad ontken bewerings dat onwettige toeroperateurs in die land werksaam is. Dit kom te midde van groeiende kommer onder belanghebbendes in die toerismesektor oor ongelisensieerde operateurs. Die raad se woordvoerder, Flora Quest, het bevestig dat hul onlangse ondersoek bevind het dat alle ondervraagde operateurs behoorlik geregistreer is en aan regulasies voldoen. Quest het […]
Bipa begin met deregistrasie van 137 000 entiteite - August 25, 2025
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, sal begin om elke maand 1 000 maatskappye van sy register te verwyder as deel van ‘n groot voldoeningsveldtog om meer as 137 000 nie-voldoenende entiteite uit te wis. The Brief berig dat die eerste deregistrasies sal op 29 Augustus plaasvind. Van die 229 000 entiteite wat ooit geregistreer […]
DBV waarsku oor impulsiewe aanneming van diere - August 25, 2025
‘n Oorbevolking van rondloperdiere is ‘n groeiende bron van kommer in die land. Sylvia Breitenstein, die Dierebeskermingsvereniging se hoof van operasies, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat baie mense impulsief troeteldiere kry sonder om hul behoeftes te verstaan en hulle later laat vaar. Hierdie ongesteriliseerde diere teel dan aan, wat bydra tot die stygende […]
Verontwaardiging met 3,9% verhoging in Whk-krag - August 25, 2025
Inwoners van Windhoek staar ‘n elektrisiteitstariefverhoging van 3,9% in die gesig wat vanaf 1 Augustus 2025 in werking tree – te midde van toenemende verontwaardiging oor bewerings van geheime goedkeurings, oordadige reistoelaes en ‘n gebrek aan openbare konsultasie. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van aktivis Shaun Gariseb.
Walvis huisroof: N$365 000 gebuit - August 25, 2025
‘n Vrou van 48 is Vrydagoggend in haar huis op Walvisbaai aangerand, vasgebind en beroof. Volgens die polisie het die dief na bewering ingebreek en twee goue horlosies, juwele, kontant, ‘n iPhone en skootrekenaar gesteel. Die totale waarde van die buit is 356 000 Namibiese dollar. Niemand is nog in verband met die voorval in […]
Meer SA-vroue dobbel om inkomste aan te vul - August 25, 2025
Kenners waarsku teen ‘n toenemende finansiële risiko nadat ‘n 2025 Old Mutual Spaar- en Beleggingsmonitor onthul het dat meer vroue dobbel om hul inkomste aan te vul. Die opname het bevind dat 46 persent van werkende vroue dobbel, met 52 persent wat dit doen vir ekstra inkomste. Baie vroue, veral enkelmoeders, gaan gebuk onder finansiële […]
Oekraïne sal nie gedwing word om te skik nie - August 25, 2025
President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê sy land sal nooit weer in die skande, wat Rusland ʼn skikking noem, gedwing word nie, en beklemtoon dat hulle net vrede nodig het. Hy het Sondag die land se 34ste Onafhanklikheidsdag gevier met ʼn toespraak op Kiëf se sentrale plein. Rusland het op die vooraand van Onafhanklikheidsdag 72 […]
Handelskou op Ongwediva spog met 450 uitstallers - August 24, 2025
Altesaam 450 uitstallers woon die Jaarlikse Ongwediva-handelskou by, wat vandag amptelik deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah geopen is. Nandi-Ndaitwah het uitgelig dat 26 van die uitstallers buitelands is en van Tanzanië, Kenia, Ghana, Zimbabwe, Botswana, Suid-Afrika en Indonesië afkomstig is. Die president was ook in haar skik met die teenwoordigheid van vroue- en jeuguitstallers by die […]