Vier sindikate by Tembisa-skandaal betrek - August 24, 2025

Die Spesiale Ondersoekeenheid het meer as 100 amptenare in vier sindikate onthul wat betrek word by korrupsie in die Tembisa-hospitaal. Die deurbraak spruit uit ‘n driejaar lange ondersoek na inligting verskaf deur die vermoorde fluitjieblaser Babita Diokaran, wat in 2021 doodgeskiet is nadat sy onreëlmatighede blootgelê het. Haar familie sê hulle bly hartseer, maar trots […]

Read More

‘Blou draak’ sluit Spaanse strand  - August 24, 2025

Strande in die dorp Guardamar del Segura, in die suidooste van Spanje, was vir twee dae gesluit na die ontdekking van twee giftige seeslakke in die water. Die plaaslike polisie sê om veiligheidsredes is alle swem op munisipale strande verbied. Die blou draak, in die omgangstaal so vernoem na sy ooreenkoms met die mitiese wese, […]

Read More

Rugby: All Blacks deurslaggewend vir Bokke  - August 24, 2025

Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê gister se oorwinning oor Australië het die moreel gebou, maar die Rugbykampioenskap-titel berus steeds op ‘n oorwinning in Nieu-Seeland. Erasmus sê die oorwinning van 30-22 was ver van ‘n perfekte wedstryd. Hy sê in vergelyking met verlede week se twee of drie uit tien vertoning, was hierdie week ‘n ses […]

Read More

Nuwe kraamfasiliteit op Onandjokwe amper voltooi  - August 24, 2025

Die nuwe kraamfasiliteit by die intermediêre hospitaal op Onandjokwe nader voltooiing en sal op 20 Oktober ingehuldig word. Die fasiliteit kan 20 pasiënte huisves en sal die eerste van sy soort in die land wees. Buiten vir private kamers en geriewe vir dokters en verpleegsters, het dit ook ‘n gespesialiseerde ginekologie- en kraamteater. Buitepasiënte sal […]

Read More

Ramaphosa, Europese leiers bespreek Oekraïne - August 24, 2025

President Cyril Ramaphosa het pogings om die Rusland-Oekraïne-konflik te beëindig met verskeie Europese leiers bespreek. Hy het met die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky, die Franse president Emmanuel Macron en die Finse president Alexander Stubb gesels. Dit volg na inligtingsessies deur die Russiese president Vladimir Putin. Presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramaphosa het dringende bilaterale en […]

Read More

Pentagon-grootkop kry trekpas  - August 24, 2025

Die Amerikaanse minister van verdediging, Pete Hegseth, het die hoof van die Pentagon se intelligensie-agentskap, luitenant-generaal Jeffery Kruse, afgedank net weke nadat die Withuis ‘n hersiening van die uitwerking van Amerikaanse aanvalle op Iran verwerp het. In Junie het president Donald Trump sterk teruggekap teen ‘n uitgelekte verslag waarvolgens die aanvalle op Iran se kernprogram […]

Read More

Sokker: Pitso Mosimane swaar gestraf  - August 24, 2025

Die Suid-Gautengse Hooggeregshof het beslis dat die afrigter Pitso Mosimane en sy agentskap, MT Sports, meer as sewe miljoen rand, plus sewe persent rente vanaf Mei 2021 aan Mamelodi Sundowns moet terugbetaal. Dit volg na Mosimane se vertrek na Egipte se Al Ahly in 2020, enkele maande na ‘n vierjaar-kontrakverlenging met ‘n terugvorderingsklousule. Regter Shaanaz Mia het die […]

Read More

Digitale platform vergemaklik handel - August 24, 2025

‘n Digitale platform wat uitvoerders en invoerders in staat stel om handelsverwante struikelblokke wat by grensposte en ander handelspunte teëgekom word direk aan die betrokke owerhede aan te meld, is bekendgestel. Die Namibiese Handelsforum het, in samewerking met die handelministerie en die Internasionale Handelsentrum, die Handelshindernis-waarskuwingsmeganisme van stapel gestuur. Die forum se woordvoerder, Jeanine Teega, […]

Read More

Boksborg-ontploffing: Groot siviele eis ingedien  - August 24, 2025

Die families van 67 slagoffers, insluitend oorlewendes en die families van die 41 oorledenes, het ‘n siviele regsgeding van 65 miljoen rand aanhangig gemaak byna drie jaar na die LPG-tenkwa-ontploffing in Boksburg. Die aansoek in die Johannesburgse Hooggeregshof noem Infinite Fleet Transport, Innovative Staffing Solutions en die Stad Ekurhuleni as verweerders. Die eisers beweer nalatigheid in voertuigmonitering, opleiding […]

Read More

Asielverblyf in Brittanje stook onrus  - August 24, 2025

Brittanje staal hulself vir voortgesette betogings vandag rakende hotelle wat verblyf aan asielsoekers verskaf. Verskeie betogings deur groepe wat daarteen gekant is, sowel as groepe wat ten gunste daarvan is, het Saterdag in Engeland, Skotland en Wallis voorgekom. Spanning oor dié kwessie bestaan ‘n geruime tyd. Betogings word vandag in stede soos Manchester, Birmingham en […]

Read More