SAPD stel honderde oudspeurders aan - August 24, 2025
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 353 vakatures vir voormalige speurders op vastetermynkontrakte geadverteer en in hul vorige range heraangestel. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die heraanstelling sal die agterstand verlig en saakoplossing verbeter, aangesien speurders tans elk 300 dossiere moet ondersoek. Intussen het die polisie- en gevangenisse-vakbond, Popcru die skuif verwelkom asook ‘n herintegrasie-toelaag van 1 000 […]
VN smeek Netanyahu vir voedsel in Gaza - August 24, 2025
Die VN se hoof van hulp, Tom Fletcher, sê Vrydag se hongersnoodverslag volgens die Geïntegreerde Voedselsekuriteitsfase-skaal is “onweerlegbaar”. Hy het in ‘n verklaring op sosiale media gesê dit is ‘n hongersnood wat voorkom kon word as hulp toegelaat was. Kos hoop egter op by grense as gevolg van sistematiese obstruksie deur Israel, wat lei tot […]
Valskermspring: Wallis van SA neem vlerkpakvlieg na wêreldhoogtes - August 24, 2025
Die Suid-Afrikaner Jean-Jacques Wallis sê hy is gereed om Suid-Afrika in September by die gesogte World Wingsuit League Grand Prix in China te verteenwoordig, waar hy aan slalomspoed- en teikenstoot-items sal deelneem. Wallis het onlangs vlerkpakvlug na nuwe hoogtes geneem en asemrowende vlugte oor Tafelberg in Kaapstad onderneem. Die 35-jarige is een van die wêreld se vinnigste […]
Groenskema begin sonneblomme oes - August 24, 2025
Die Shadikongoro-groenskemaplaas in Kavango-Oos is reg om môre met die oes van 26 hektaar sonneblomme te begin. Plaasbestuurder Joseph Mutero sê ondanks uitdagings, is die skema gereed om sonneblomolie te begin produseer. Dié olie, Shadi Oil, gaan op die plaas geprosesseer en op plaaslike markte en die res van Namibië verkoop word. Shadikongoro het ook […]
Wes-Kaap kort nuwe metodes teen misdaad - August 24, 2025
Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, sê nuwe polisiëringsmetodes is nodig om misdaad te bestry, met die provinsie wat metropolisiëring versoek. Winde het aan Newzroom Afrika gesê provinsies moet die mag moet hê om ondersoeke te doen en intelligensie teen bendebedrywighede en wapengeweld in te samel. Dit volg nadat die Kaapstadse Raad ‘n mosie aangeneem het […]
Amerika skort visumaansoeke in Harare op - August 24, 2025
Die VSA het die meeste roetine-visumaansoeke by sy Harare-ambassade opgeskort, en voer as redes aan sekuriteitsrisiko’s en die oorskryding van visumverblyf deur Zimbabwiërs. Die opskorting raak toeriste-, studente-, sake- en immigrantvisums, hoewel diplomatieke visums grootliks onaangeraak bly. Reeds uitgereikte visums bly geldig. Die ambassade sê die pouse laat ‘n hersiening van siftingsprosedures toe. Die stap […]
Ministerie verduidelik leë medisynekas - August 23, 2025
Die gesondheidsministerie loop toenemend onder kritiek deur namate al hoe meer berigte na vore kom van klinieke wat nie meer noodsaaklike medikasie het nie, ‘n situasie wat dreig om behandeling vir pasiënte te ontwrig en pogings om die openbare gesondheidsorgstelsel te versterk, ondermyn. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya gepraat.
SA onthou fluitjieblaser Babita Deokaran - August 23, 2025
Dit is vandag vier jaar sedert die fluitjieblaser Babita Deokaran buite haar huis in Winchester Hills in Johannesburg doodgeskiet is nadat sy verdagte betalings van 100 miljoen rand by die Tembisa-hospitaal blootgelê het. Die enkelma en hoofrekenmeester van die Gautengse Gesondheidsdepartement is in ‘n koeëlreën dood oomblikke nadat sy haar dogter by die skool afgelaai […]
Gaza-hospitale bars uit nate - August 23, 2025
Die daaglikse besettingskoers in hospitale in Gaza staan nou op 300 persent, sê die Medical Relief Society in die oorloggeteisterde strook. Beseerdes oortref beskikbare teaters en chirurge ver, sê dié vereniging. Die meeste hospitale is in Israelse aanvalle sedert Oktober 2023 vernietig. Minstens 37 mense, waaronder vier kinders, is vanoggend in ‘n reeks Israelse aanvalle […]
Groot MotoCross-aksie vandag - August 23, 2025
In motornuus is dit vandag die laaste been van die nasionale MotoCross-kampioenskappe vir vanjaar. Francois Lottering van MotorMedia Namibia het meer: