Amnestie vir onwettige wapens in Erongo - August 23, 2025

Inwoners van Erongo kan van 1 tot 30 September vrywillig onwettige vuurwapens en ammunisie in hul besit by hul naaste polisiekantoor inhandig sonder om enige vervolging te vrees. Die polisie in die streek het ‘n beroep op inwoners gedoen om van die geleentheid gebruik te maak in belang van die publiek en nasionale veiligheid. 

Read More

Werkloosheid, ongelykheid reuse-uitdagings in SA - August 23, 2025

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, sê werkloosheid en ongelykheid bly Suid-Afrika se grootste ekonomiese uitdagings. Tydens die Tesourie se eerste openbare mikro-fiskale beleidswerkswinkel in Pretoria het hy stadige groei, hoë skuld en stygende befondsingsdruk as voortdurende bekommernisse uitgelig. Hy sê in sy vierde jaar in die amp was daar sekere verrassings in die beplanning […]

Read More

Britte betaal miljoene in skadevergoeding aan Keniane - August 23, 2025

Die Verenigde Koninkryk het ingestem om skadevergoeding aan meer as 7 000 Keniane te betaal wat geraak is deur ‘n brand wat deur ‘n Britse militêre oefening vier jaar gelede veroorsaak is. Die saak is ná ‘n uitgerekte regsgeding buite die hof geskik. Volgens ‘n prokureur van die eisers gaan die Britse regering 2,9 miljoen […]

Read More

Rugby: Bokke maak staat op ervaring in stryd teen Wallabies   - August 23, 2025

Die Springbokke sal staatmaak op hulle meer ervare spelers om die wedstryd te beheer wanneer hulle die Wallabies in die tweede ronde van die Rugbykampioenskap in Kaapstad aandurf. Die Bokke se hoofafrigter, Rassie Erasmus het tien veranderings vir vanmiddag se herontmoeting om 17:10 aangebring. Een van die belangrike veranderings is Handré Pollard wat Manie Libbok […]

Read More

Khorixas-brand woed verbete voort - August 23, 2025

Die goewerneur van die Kunene-streek, Vipuakuje Muharukua, het ‘n dringende beroep op vrywilligers gedoen om te help om ‘n veldbrand te bestry wat sedert Donderdag in die Khorixas-omgewing woed. Die Kantoor van die Eerste Minister het aangebied om 120 vrywilligers met die Food for Work-program hiervoor te vergoed. Twee trokke vol weermaglede het laat Vrydagaand […]

Read More

SADP spreek intelligensiehoof vry - August 23, 2025

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die hoof van die polisie se Misdaadintelligensie-eenheid, Dumisani Khumalo, vrygespreek van alle oortredings ná ‘n interne ondersoek oor korrupsiebewerings. Khumalo en sy medebeskuldigdes staan tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie oor die aanstelling van Dineo Mokwele in ‘n uitvoerende rol in 2024 sonder die regte kwalifikasies. Hy het Vrydag in […]

Read More

G’n parool ook vir Lyle Menendez - August 23, 2025

‘n Paroolraad in Kalifornië het parool geweier vir Lyle Menendez, wat saam met sy broer skuldig bevind is aan die moord op hul ouers in 1989. Erik Menendez is Donderdag parool geweier. Dit is ‘n verlammende slag vir beide broers ná jare se stryd om vrylating. Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, het die mag […]

Read More

Gholf: Broomhead wen vierde Sonskyntoer-titel - August 23, 2025

Jonathan Broomhead het sy vierde Sonskyntoer-titel binne 16 maande verower nadat hy Jean-Paul Strydom Vrydag in ‘n uitspeelwestryd op die eerste putjie in die Sunbet-uitdaging by die Wingatepark-buiteklub geklop het. Broomhead en Strydom het hul gewone spel gelykop in die eerste plek op 13 onder baansyfer voltooi na hul onderskeie laaste rondes van 68 en […]

Read More

Shoombe vat leisels by veeartseny  - August 23, 2025

Die landbouministerie het dr. Kenneth Kennedy Shoombe as die nuwe hoof van veeartsenydienste in Namibië aangestel. Shoombe sal ook die land by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid verteenwoordig. Voor sy aanstelling, wat van 1 Augustus geld, was Shoombe adjunkhoof van veeartsenydienste en ook die voorsitter van Kaza se groep oor dieregesondheid. 

Read More

Wegholbrande risiko vir sewe provinsies in SA  - August 23, 2025

AfriForum waarsku oor die gevaar van lewensgevaarlike wegholbrande in sewe provinsies die naweek weens uiterste hitte, droë toestande en sterk wind. ‘n Vlak rooi-waarskuwing is uitgereik vir Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap. ‘n Woordvoerder Tarien Cooks het inwoners gevra om oop vure te vermy en brandbestrydings-toerusting en watervoorraad byderhand te […]

Read More