Ghislaine Maxwell sê Trump, Clinton is ‘skoon’  - August 23, 2025

Die Amerikaanse departement van justisie het transkripsies en klankopnames van sy Julie-onderhoud met Ghislaine Maxwell vrygestel. Sy dien tronkstraf van 20 jaar uit omdat sy die oorlede finansier Jeffrey Epstein gehelp het om jong meisies te misbruik. Maxwell sê sy het Amerikaanse president Donald Trump nog nooit in enige onvanpaste omstandighede gesien nie, en oudpresident […]

Read More

Vrouerugby: Springbokke môre teen Brasilië in Wêreldbeker  - August 23, 2025

Die Springbok-vroue begin Sondag hulle Wêreldbekerveldtog teen Brasilië in Northampton, England. Die afrigter van die Bokke, Swys de Bruin, het ‘n ervare groep gekies en verwag ‘n vasberade, berekende benadering van sy spelers teen die Suid-Amerikaners, wat vir die eerste keer in die Wêreldbeker speel. Hy sê die Bokke sal hou by hulle speelstyl en […]

Read More

Meer ligte brand in Noorde  - August 23, 2025

Altesaam 561 huishoudings in Omusati, Ohangwena, Oshana en Oshikoto is van elektrisiteit voorsien in die vyf maande sedert hy as adjunkpremier en minister van energie aangestel is, sê Natangue Ithete. Die ministerie het 12 miljoen Namibiese dollar hierin belê, terwyl Cenored 9 miljoen dollar bygedra het. Volgens Ithete beplan die ministerie 200 000 nuwe verbindings teen […]

Read More

Cope kwaai oor uitsetting van kwesbare kinders  - August 23, 2025

Die Congress of the People die uitsetting van kwesbare kinders uit die Boikagong Kinder- en Jeugsentrum in Mahikeng, Noordwes. Volgens verslae woon daar nou senior ANC-amptenare en lede van die department van maatskaplike ontwikkeling in die fasiliteit. Cope sê die sentrum, wat met openbare geld gekoop is, is bedoel vir wees- en mishandelde kinders. Die […]

Read More

Hitte toenemende risiko vir werkers, sê WGO  - August 23, 2025

Die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Wêreldmeteorologiese Organisasie waarsku teen die toenemende gesondheidsrisiko’s vir werkers as gevolg van uiterste hitte. In ‘n gesamentlike verslag het hulle aangedui dat produktiwiteit met twee tot drie persent afneem vir elke graad bo 20 grade Celsius, met gepaardgaande risiko’s soos sonsteek, dehidrasie en nierversaking. Die verslag dui aan dat amper helfte van […]

Read More

SA sportminister keelvol vir korrupsie - August 23, 2025

Die minister van sport in Suid-Afrika, Gayton McKenzie, het ‘n skerp waarskuwing gerig aan sportfederasies wat beskuldig word dat hulle fondse misbruik wat vir atlete bedoel is. McKenzie sê die departement sal nie korrupsie of finansiële wanbestuur toelaat wat atlete van geleenthede ontneem nie. Hy het beklemtoon dat bewilligde fondse atlete se ontwikkeling en prestasie […]

Read More

Ngurare vergader met Japanse eweknie  - August 23, 2025

Eerste minister Elijah Ngurare het Vrydag met sy eweknie in Japan, Ishiba Shigeru, vergader. Hulle het samewerking op die gebied van mynwese, landbou, gesondheid, ontsouting, infrastruktuur, sport en toerisme bespreek. Beide leiers het gesê hulle is optimisties dat beter samewerking tot ekonomiese groei en werkskepping sal lei. Die ontmoeting het op die kantlyn van die […]

Read More

SA instituut waarsku teen rassebeleid in werkplek - August 23, 2025

Die Instituut vir Rasseverhoudinge in Suid-Afrika sê die regering moet fokus op beleide wat dit makliker maak vir ondernemings om werkers aan te stel. Die organisasie het ‘n versoekskrif met meer as 17 000 handtekeninge aan die departement van indiensneming en arbeid oorhandig om ‘n einde aan rasgebaseerde wette te eis. Makone Maja van die […]

Read More

Oekraïne ontwrig olietoevoer aan Russiese bondgenote  - August 23, 2025

Russiese olie-verskaffing aan Hongarye en Slowakye kan vir minstens vyf dae opgeskort word na ‘n Oekraïnse aanval op ‘n olie-aanleg in Rusland. Oekraïne en Rusland het wedersydse aanvalle op mekaar se infrastruktuur verskerp, onder meer op Oekraïnse huishoudelike verhittingsvoorraad en Rusland se Druzhba-pypleiding, terwyl die Amerikaanse president, Donald Trump, ‘n skietstaking probeer bemiddel. Slowakye en […]

Read More

Curriebeker: Oorwinnings vir Kavaliers, Haaie  - August 23, 2025

Die Boland Kavaliers het ‘n oortuigende oorwinning in die Curriebeker-kompetisie behaal deur van ‘n 23-punte-agterstand terug te veg om die Pumas met 29-26 op die Mbombela-stadion in Nelspruit te klop. Hawies Fourie en sy manne het vier uit hul vyf ligawedstryde gewen, met die enigste nederlaag teen die Griekwas in die tweede ronde in Kimberley. […]

Read More