Copps 94.1: Polisie konfiskeer messe, pangas op Swakop - August 23, 2025
Die polisie op Swakopmund het Vrydagaand tydens Copps 94.1 beslag op messe, pangas en ander gevaarlike wapens gelê. Die res van die operasie het betreklik stil verloop, berig Darren Smith, wat die Copps 94.1-span vergesel het.
Baba van drie maande in Kaap geskiet - August 23, 2025
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens volg leidrade op nadat ‘n drie-maande-oue baba tydens ‘n skietery in Yellowwoodstraat, Bonteheuwel gesterf het. Twee gewapende mans het ‘n huis betree, die kind geskiet en ‘n volwasse vrou ernstig beseer voor hulle op die vlug geslaan het. Die polisie vermoed bendebetrokkenheid. Die Bishop Lavis Misdaadvoorkomingsforum doen ‘n beroep op sterker ingrypings […]
FBI slaan toe op voormalige veiligheidshoof - August 23, 2025
Agente van die FBI het Vrydag die huis van Donald Trump se voormalige nasionale veiligheidsraadgewer, John Bolton, in Maryland deursoek as deel van ‘n nasionale veiligheidsondersoek na geklassifiseerde rekords. Die ondersoek fokus op moontlike lekkasies aan die media. Die FBI het hofgemagtigde bedrywighede bevestig, maar gesê daar was geen openbare bedreiging nie. Dit is onduidelik […]
Krieket: Proteas beklink reeks teen Aussies - August 23, 2025
Môre se derde en laaste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Australië in Mackay beïnvloed nie die reeks nie nadat Lungi Ngidi, Matthew Breetzke en Tristan Stubbs geskitter het in gister se tweede kragmeting op dieselfde veld. Die Proteas het die reeks beklink met ‘n oorwinning met 83 lopies nadat hulle in hul beurt uitgeboul is vir […]
Drie in Namcor-saak hoor Dinsdag oor borgtog - August 22, 2025
Die verdediging en staat het vandag finale argumente gelewer in die borgtogverhoor van Austin Elindi, Cedrick Willemse en Panduleni Hamukwaya in die Namcor-korrupsiesaak. Die drie staan tereg op aanklagte wat verband hou met beweerde bedrog van 480 miljoen Namibiese dollar. Landdros Linus Samunzala sal op 26 September uitspraak lewer.
Gayton McKenzie verwerp haatspraak-bevinding - August 22, 2025
Die leier van die PA en minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, verwerp die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se bevindings van prima facie haatspraak teen hom oor plasings uit die verlede op sosiale media. McKenzie noem dit lasterlik en polities-gemotiveerd en beweer hy het nooit amptelike korrespondensie ontvang nie en is op ‘n onregverdige wyse […]
Oekraïnse aanval stop Russiese olie na Hongarye, Slowakye - August 22, 2025
Oekraïne het ‘n belangrike pompstasie op die Druzhba-oliepypleiding wat brandstof na Europa van Rusland af neem met vuurpyle en hommeltuie getref, wat voorrade na Hongarye en Slowakye uitgeslaan het. Dit is die enigste Europese Unie-lidlande wat nog olie vanaf Rusland ontvang. Die bevelvoerder van Oekraïne se onbemande stelsel-magte, Robert Brovdi, het die aanval op die […]
Willie le Roux uit vir Bokke, Fassi in - August 22, 2025
Rugby: Aphelele Fassi sal môre vir die Springbokke op heelagter uitdraf in die tweede Rugbykampioenskapstoets teen die Wallabies in Kaapstad. Dit volg nadat Willie le Roux weens ʼn besering onttrek het. Hy sukkel met die besering sedert ʼn oefening vroeër die week en dit het nie betyds herstel nie. Fassi, wat al in 13 toetse […]
Petrofund se beursaansoeke vir 2026 nou oop - August 22, 2025
Die Petroleum Opleidings- en Onderwysfonds het sy 2026-beursaansoekproses begin, wat oop is tot 7 Oktober vanjaar. Die beurse sal Namibiërs toerus met kritieke vaardighede voor die finale beleggingsbesluite deur petroleum-eksplorasielisensiehouers wat in onlangse jare ontdekkings gemaak het. Petrofund-woordvoerder Shoki Kandjimi het meer.
Beauties skop goed af by CAF Vroue Kampioeneliga kwalifiseerders - August 22, 2025
Die FNB Vroue Superliga-kampioene Beauties FC het ‘n goeie begin gemaak by die 2025 CAF Vroue Kampioeneliga Cosafa-kwalifiseerders, en het in die openingswedstryd 0-0 gelykop gespeel teen Zambië se Zesco Ndola Girls. Dit is Beauties se eerste deelname aan die kompetisie, wat van vandag tot 31 Augustus in Johannesburg plaasvind. Hulle is in die sterk […]