Sankwasa is reg met afdankings van onbevoegdes: regsman - August 22, 2025

Regsman Richard Metcalfe het die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, se besluit om die Katima Mulilo-stadsraad af te dank, in die openbaar verdedig. As deel van sy doelwit om plaaslike regerings skoon te maak, het Sankwasa ook ander wanpresterende of korrupte rade, insluitend die Stad Windhoek, gewaarsku dat hulle soortgelyke optrede in die gesig […]

Read More

Binnelandse sake moet sy personeel regruk: IPC - August 22, 2025

Die binnelandse sake-ministerie se kantore in Windhoek is onder skoot omdat die publiek die gebou daagliks tussen 1-uur en 2-uur tydens amptenare se middagete moet verlaat. Aansoekers staan dan buite in lang rye, dikwels in die son en hitte. Hulle kla die praktyk veroorsaak onnodige vertragings en vererger reeds lang wagtye vir dokumente soos ID’s, […]

Read More

Plaaslike owerheidsverkiesing-deelname duik skerp sedert 1992 - August 22, 2025

‘n Ontleding deur Cirrus in die hoofstad toon ‘n uiters kommerwekkende neiging – deelname aan die plaaslike owerheidsverkiesings het sedert 1992 skerp afgeneem. In 1992 was deelname aan plaaslike owerheidsverskiesings op 81,1 persent met die stemmery vir streeksrade op 82,3 persent. Dit het afgeneem na onderskeidelik 39,9 en 33,7 persent in 1998. In 2004 was […]

Read More

Hongersnood in Gaza amptelik bevestig - August 22, 2025

‘n Voedselsekerheids-liggaam gesteun deur die Verenigde Nasies sê hongersnood is die eerste keer bevestig in Gaza-stad en omstreke. Die Integrated Acute Food Security Body sê meer as ‘n half-miljoen mense ondervind hongersnood, armoede en dood wat na verwagting volgende maand na omliggende dorpe sal uitbrei. Israel se buitelandse sake-ministerie het die verslag verwerp en sê […]

Read More

Swapo-lede dink hulle’s onaantasbaar: Sankwasa - August 22, 2025

Die stedelike ontwikkelingsminister James Sankwasa, het inwoners van Katima Mulilo aangespoor om verantwoordelik in die komende verkiesings te stem, en beklemtoon dat hoewel alle politieke partye ontwikkeling belowe, lewering dikwels tekortskiet. Sankwasa het by die Ngweze-gemeenskapsaal gepraat en Swapo-partylede gekritiseer wat optree asof hulle onaantasbaar is.

Read More

SANW ontken sy Oryx-helikopters is in DRK gelos - August 22, 2025

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê nie een van sy Oryx-helikopters is in die Demokratiese Republiek van die Kongo agtergelaat nie. Volgens berigte het die helikopters weens ʼn gebrek aan geld in die DRK agtergebly. Die SANW sê net een helikopter is verlede jaar tydens die Verenigde Nasies se vredesoperasies beskadig en sal herstel word. Hy […]

Read More

Putin kan nie vertrou word, waarsku Europese Kommissie - August 22, 2025

Die vise-president van die Europese Kommissie, Kaja Kallas, waarsku die Russiese president, Vladimir Putin, kan nie vertrou word om enige belofte of ooreenkoms te eerbiedig nie. Die Amerikaanse president, Donald Trump, se spesiale gesant, Steve Witkoff, het vroeër die week bevestig Putin het ingestem om Amerika toe te laat om Oekraïne van ernstige veiligheidswaarborge te […]

Read More

Proteas draf Aussies met 83 lopies kaf, wen reeks - August 22, 2025

Krieket: Suid-Afrika het die reeks van drie eendagwedstryde teen Australië beklink met nog ‘n indrukwekkende oorwinning in die tweede kragmeting in Mackay. Aiden Markram het die loot gewen en besluit om te kolf, en Suid-Afrika is vir 277 uitgeboul na Matthew Breetzke se 88 en Tristan Stubbs se 74. Adam Zampa het drie paaltjies geneem. […]

Read More

Maureen Hinda-Mbuende nou in Namcor hoë stoel - August 22, 2025

Die Namcor-raad het voormalige adjunkminister van finansies, Maureen Hinda-Mbuende, as tussentydse besturende direkteur aangestel, met ingang Maandag 25 Augustus, vir ‘n tydperk van ses maande. Haar aanstelling volg op ‘n aanbeveling van die regering as aandeelhouer. Namcor-woordvoerder Utaara Hoveka het meer.

Read More

Optrede teen ‘onwettige’ buitelanders wek kommer - August 22, 2025

Die parlementêre portefeuljekomitee oor Gesondheid se voorsitter, Sibongiseni Dhlomo, sê Suid-Afrika se kommer oor onwettige buitelanders kan nie geïgnoreer word nie. Organisasies soos Operasie Dudula en March to March het veral in Gauteng en KwaZulu-Natal, buitelanders wat volgens hulle onwettig is, uit staatsgesondheidsentrums verwyder. Dhlomo sê mense sonder dokumentasie is nie noodwendig onwettig in die […]

Read More