Moesonreën, kitsvloede dood 700 in Pakistan sedert Junie - August 22, 2025

Die Verenigde Nasies se kantoor vir die Koördinasie van Humanitêre aangeleenthede sê onreëlmatige en intense reënvalpatrone, versterk deur klimaatsverandering, maak Pakistan kwesbaar. Swaar moesonreën en kitsvloede het sedert laat in Junie die dood van 739 mense veroorsaak, duisende dakloos gelaat en meer as 2 000 huise verwoes. Meer as ‘n duisend stuks vee is verloor. […]

Read More

Alcaraz en Djokovic meet dalk kragte in Amerikaanse Ope - August 22, 2025

Tennis: Jannik Sinner begin sy Amerikaanse Ope-titel verdedig teen die Tsjeg Vit Kopriva. Die Italianer probeer om sy derde Grand Slam-titel vanjaar te buit. Die Spanjaard Carlos Alcaraz pak die Amerikaner Reilly Opelka en kan moontlik in die halfeindronde teen die Serwiër Novak Djokovic te staan kom. Djokovic se poging vir ʼn rekord 25ste Grand […]

Read More

Substandaard toerusting, foutiewe instellings lei tot swak opvangs - August 22, 2025

MTC het ‘n opgradering van die landelike internet-netwerk van stapel gestuur met die naam Project Buffalo, nadat hulle meer as 2 000-kilometer oor Outapi, Oshakati, Rundu en Katima Mulilo geoudit het. Die oudit met vennoot Huawei het bevind dat swak toringplasing, lae antennas, beperkte 4G/LTE en verkeerd ingestelde toerusting die hoofredes vir swak diens in […]

Read More

Uitspraak voorbehou in rand manipulasie-saak - August 22, 2025

Die Konstitusionele Hof het uitspraak voorbehou in die Mededingingskommissie se saak teen banke wat beskuldig word dat hulle die rand teen die Amerikaanse dollar gemanipuleer het. Die saak spruit uit bewerings dat 28 plaaslike en internasionale banke saamgespan het om die rand tussen 2007 en 2013 te beïnvloed. Die kommissie vra die hoogste hof om […]

Read More

Oekraïnse man vas vir opblaas van Nord Stream-pyplyn in 2022 - August 22, 2025

‘n Oekraïnse man wat vermoedelik een van die koördineerders van ondersese ontploffings is wat die Nord Stream-gaspyplyne tussen Rusland en Duitsland in 2022 beskadig het, is in Italië in hegtenis geneem. Die polisie sê die 49-jarige man het sonder weerstand oorgegee. Hy is aangehou op ‘n Europese lasbrief wat Maandag deur Duitse owerhede uitgereik is. […]

Read More

Twee Suid-Afrikaners kompeteer in skaatsplankry in Rusland - August 22, 2025

Brad Balie en Boipele Awuah van Kimberley maak geskiedenis as die enigste skaatsplankryers van Afrika wat genooi is om aan Rusland se Grand Skate-toer in Moskou deel te neem. Die twee gaan hulle vaardighede in die straat-skaatsplankkategorie ten toon stel wat bekend is vir sy gewaagde toertjies en tegniese presisie. Hulle word ondersteun deur die […]

Read More

Kragverhoging van 8,6%: ‘Dit was ‘n fout’ sê Stad Windhoek - August 22, 2025

Dit was ‘n fout, sê Stad Windhoek se woordvoerder Lydia Amutenya aan Kosmos 94.1 Nuus, sonder om enige verduideliking te verskaf oor hoekom ‘n 8,6 persent kragtarief verhogingskedule vandag op sosiale media geplaas is, terugwerkend vanaf 1 Augustus. Kosmos is in besit van die dokument. Kosmos 94.1 Nuus het vroeër die dokumente aan die Elektrisiteitsbeheerraad, […]

Read More

Stad Windhoek kondig 8,6% verhoging in krag aan, verwyder aankondiging na navrae - August 22, 2025

Die herrie is ontketen met ‘n plasing deur Stad Windhoek wat sy elektrisiteitstariewe opgestoot het met 8,6 persent. In die plasing op sy sosiale media omstreeks half-12 vandag op die 22ste Augustus het hy die verhoging aangekondig, maar dit is terugwerkend vanaf 1 Augustus. Die Elektrisiteitsbeheerraad stel tans ondersoek in na navrae deur Kosmos 94.1 […]

Read More

Sherbourne sê daar moet ‘n plan vir gas kom - August 22, 2025

Ekonoom Robin Sherbourne het aanbeveel dat die Namibiese regering ‘n omvattende gas-meesterplan ontwikkel om die land se opkomende aardgasbronne strategies te bestuur. Die plan sal dien as ‘n padkaart vir die maksimalisering van die ekonomiese, sosiale en omgewingsvoordele van aardgasontwikkeling terwyl die gepaardgaande risiko’s geminimaliseer word. Sherbourne het gepraat tydens ‘n inligtingsessie oor die status […]

Read More

Toerisme-syfers steeds twyfelagtig - August 22, 2025

Die gasvryheidsbedryf het in Junie gemengde resultate aangeteken, met die nasionale kamerbesettingskoers wat 6,5 persent laer was as in Mei, maar 8,5 persent hoër was jaar-tot-jaar. Die Namibië Statistieke-agentskap sê besettingskoerse in die suidelike streke het met 13,4 persent gedaal en in die noordelike streke met 8 persent. In die sentrale gebiede het dit egter […]

Read More