Banke eis N$40m in mosiehof - August 22, 2025

Die twee sessies van die mosiehof vanoggend het 94 aansoeke vir verstekvonnisse hanteer met 14 op die reël 108-rol. Regters Lotta Ambunda en Andrew Corbett het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 42 van die aansoeke gebring en eis 13 eiendomme met ‘n skuldlas van 27,6 miljoen Namibiese dollar op. Daar is ook 26 lenings […]

Read More

Nust sê hy praat met studente oor klagtes - August 22, 2025

Nust-koshuisstudente eis ’n 30 persent vermindering in verblyf- en maaltydkostes weens swak diens, veral gebrekkige WiFi wat hul studies ontwrig. Hulle waarsku dat hoë fooie nie deur substandaard geriewe geregverdig word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Nust se korporatiewe kommunikasie- en bemarkingsbestuurder, Kuda Brandt gepraat. Sy het die jongste.

Read More

Landsburgers betaal vir politieke geskille in RNE – Maimane - August 22, 2025

Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, kritiseer die binnegevegte in die regering van nasionale eenheid en sê Suid-Afrikaners betaal die prys vir politieke geskille. Hy voer aan die aanhoudende meningsverskille tussen regeringsvennote het die vordering met belangrike kwessies tot stilstand gebring en burgers worstel met swak dienslewering, werkloosheid en swak regering. Maimane […]

Read More

DRK-hof spreek oud-adviseur van Tshisekedi vry - August 22, 2025

‘n Militêre hof het ‘n voormalige spesiale adviseur van die DRK se president Félix Tshisekedi vrygespreek. François Beya, wat in 2022 in hegtenis geneem is, is aangekla van onder andere, sameswering om die staatshoof te vermoor. Aan die einde van sy drie jaar lange geslote verhoor het regters bevind dat die vervolging gebaseer was op […]

Read More

27 lande eis media toegang in Gaza - August 22, 2025

Altesaam 27 lande het ‘n gesamentlike verklaring onderteken waarin hulle Israel versoek om sy verbod op onafhanklike buitelandse mediatoegang in Gaza te beëindig. Internasionale joernaliste is deur Israel verbied om die Gazastrook onafhanklik binne te gaan, terwyl amper 270 joernaliste en mediawerkers sedert die begin van die oorlog dood is. Lande soos Frankryk, Japan, die […]

Read More

Roelie Venter sluit aan by Beplanningskommissie - August 22, 2025

Landbou kry verteenwoordiging by die Nasionale Beplanningskommissie met die Namibiese Landbou-unie se hoofbestuurder, Roelie Venter, wat deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangestel is as lid, saam net 18 ander. Die lede, wat uit uiteenlopende sektore kom insluitend akademia, die sake-sektor, landbou, ekonomie en maatskaplike wetenskappe, sal vir ’n tydperk van drie jaar dien vanaf 1 Augustus […]

Read More

Bank Windhoek stel volhoubaarheids-effekte bekend - August 22, 2025

Bank Windhoek het ‘n volhoubaarheidsgekoppelde effekte uitgereik, wat die bank sê sy verbintenis tot inklusiewe en volhoubare ekonomiese groei versterk. Anders as tradisionele effekte, is die nuwe een gekoppel aan spesifieke volhoubaarheidsteikens. Clarie Hobbs, Bank Windhoek se hooftesourier, het meer.

Read More

Saftu vra vir SA boikot van Israel - August 22, 2025

Die vakbondfederasie Saftu doen ‘n beroep op die regering om nie meer steenkool en minerale na Israel te stuur nie, en moedig werkers aan om Israelse goedere te boikot. Dit volg na Amerikaanse sanksies teen amptenare van die Internasionale Strafhof wat beweerde oorlogsmisdade ondersoek. Saftu veroordeel die aanval op Strafhof-regters as ’n poging om magtige […]

Read More

Keniaanse owerhede vind 5 liggame by kultusgronde - August 22, 2025

Ten minste vyf liggame is in vlak grafte gevind op ‘n terrein in Kenia waar slagoffers van ‘n godsdienstige kultus vermoedelik begrawe is. Opgrawings duur voort op die terrein aan die buitewyke van Malindi in die suidoostelike deel van Kenia se Kilifi County, naby waar honderde lede van ‘n doemsdagkultus twee jaar gelede dood gevind […]

Read More

Khorixas brand lê bestryders lam, NDF kan nie help nie - August 22, 2025

Die brand wat Donderdag ontstaan het by Mopane net oos van Khorixas woed steeds buite beheer en bestryders op die grond het talle oproepe vir bystand gemaak. Die weermag op Otjiwarongo is gekontak maar, hulle het blykbaar nie genoeg mannekrag nie as gevolg van die komende Heldedag-vieringe. Hulle benodig mannekrag, voertuie en toerusting. Daar is net […]

Read More