VSA hersien 55 miljoen visums - August 22, 2025
Amerika se Departement van Buitelandse Sake hersien meer as 55 miljoen buitelanders met wettige Amerikaanse visums vir oortredings wat kan lei tot moontlike herroeping of uitsetting. Dit volg nadat die administrasie vroeër die week aangekondig het hy kyk uit vir teen-Amerikaanse sienings, insluitend dié op sosiale media, wanneer hulle aansoeke vir Amerikaanse burgerskap of ander […]
Sal Trump vir Putin straf of is dit net wind? - August 22, 2025
Moskou het Amerikaanse president Donald Trump se vredesinisiatief vir Oekraïne Donderdag in wanorde gedompel en daarop aangedring dat dit ‘n vetoreg moet hê oor enige na-oorlogse steun vir die land. Rusland se buitelandse sake-minister, Sergei Lavrov, sê Europese voorstelle om troepe in Oekraïne te ontplooi na ‘n skikking sou neerkom op buitelandse ingryping, wat absoluut […]
Jean-Luc sal alles môre gee - August 22, 2025
Die losvoorspeler, Jean-Luc du Preez, sê hy sien uit daarna om alles uit te haal in sy eerste begin-opdraf in sewe jaar vir die Springbokke in môre se Rugbykampioenskap-kragmeting teen Australië in Kaapstad. Die 30-jarige Du Preez staan agter in die skrum in vir die beseerde Siya Kolisi saam met die flanke, Marco van Staden […]
Uiters goeie pryse by Namibia Genetics-veiling behaal - August 22, 2025
Die 2025 Namibia Genetics-veiling, wat Dinsdag by die Bank Windhoek Agra Ring in Windhoek gehou is, het uitstekende pryse behaal. Die geleentheid, geborg deur Bank Windhoek en aangebied in vennootskap met Agra Veilings, wat ook aanlyn uitgesaai is, het die verkoop van 92 beeste van 14 telers gesien. Daar is 43 bulle verkoop. Paul Klein […]
DA eis Motshekga se afdanking - August 22, 2025
Die DA vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, moet afgedank word omdat sy die hoof van die Weermag, Rudzani Maphwanya, verdedig na sy ongemagtigde diplomasie in Iran. Woordvoerder Chris Hattingh sê Motshekga het burgerlike oorsig oor die Weermag ondermyn deur sy wangedrag goed te keur nadat hy politieke bande met Iran […]
Bibi sê onderhandelings begin vir gyselaar-vrylating - August 22, 2025
Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu het Donderdag gesê dat die land onmiddellik onderhandelinge sal hervat vir die vrylating van alle gyselaars en ‘n einde aan die oorlog in Gaza, maar op voorwaardes wat vir Israel aanvaarbaar is. Dit was sy eerste reaksie op ‘n tydelike wapenstilstandvoorstel wat deur Egipte en Katar voorgelê is en wat […]
Delta en United in VSA gedagvaar oor venster-tariewe - August 22, 2025
Passasiers dagvaar twee groot Amerikaanse lugdienste en sê hulle het meer opgedok vir venstersitplekke, net om sitplekke sonder uitsig te ontvang. Delta Airlines en United Airlines staan nou voor voorgestelde groepsgedinge waarin meer as ‘n miljoen passasiers verteenwoordig word. Passasiers sê hulle noem glad nie hierdie soort venstersitplekke tydens die besprekingsproses nie. Die regsgedinge sê […]
Verkrygingsraad laat vaar waarborge op N$2 miljard gesondheidstender - August 22, 2025
Die Sentrale Verkrygingsraad het volgens wat berig word, prestasie waarborge vir farmaseutiese tenders ter waarde van 2 miljard Namibiese dollar laat vaar. The Namibian berig vanoggend dat die waarborge laat vaar is vir Cospharm, wie se hoofaandeelhouer 5 jaar oud was ten tyde van die toekenning, sowel as Africure Pharmaceuticals van die nou berugte sakeman […]
Cyril vra meer beleggings in sekseule, reproduktiewe gesondheidsregte - August 22, 2025
President Cyril Ramaphosa vra groter belegging in seksuele en reproduktiewe gesondheidsregte, en waarsku teen terugslae wat vroue, kinders en die jeug bedreig. Hy het op die negende Internasionale Beraad oor Afrika-ontwikkeling in Tokio, Japan, beklemtoon dat sterk gesondheidstelsels uiters belangrik is om lewens te red en langtermyn ontwikkeling te ondersteun. Ramaphosa het regerings, skenkers en […]
Vance sê Putin-Zelensky ontmoeting moet gebeur - August 22, 2025
Die Amerikaanse visepresident JD Vance sê president Donald Trump wil hê presidente Volodymyr Zelensky en Vladimir Putin moet ontmoet, al is daar aspekte van ‘n moontlike skietstilstand-ooreenkoms waaroor hulle hemelsbreed verskil. Hy het in ‘n onderhoud met Fox News gesê ‘n ontmoeting sal help om kwessies wat nog nie uitgestryk is nie op te los.