Djokovic blykbaar deur Serwiese regering geteiken, oorweeg om te trek - August 22, 2025

Novak Djokovic oorweeg dit glo om permanent na Griekeland te verhuis te midde van bewerings dat die Serwiese regering hom teiken vir sy steun aan studentebetogings in die land. Die 24-malige Grand Slam-enkelspelkampioen is deur Serwiese koerante gekritiseer nadat hy in Desember protesoptredes deur studente teen die Serwiese president gesteun het. Die tennisster moes homself […]

Read More

EU se rolprentfees skop op 3 September by Maerua Mall af - August 22, 2025

Die Europese Unie-rolprentfees keer terug na Windhoek vanaf 3 September tot 29 Oktober, en vertoon nege Europese rolprente en twee Namibiese produksies. Vertonings vind elke Woensdagaand plaas by Ster Kinekor, Maerua Mall, met vanjaar se tema “Geleenthede vir die Jeug”. Woordvoerder van die Europese Unie in Namibië, Twaku Kayofa, het meer besonderhede.

Read More

Voorspelling vir 2025-26 reënseisoen louwarm - August 22, 2025

Die Namibiese Meteorologiese Diens het sy voorspelling vir die komende reënseisoen bekend gemaak. Tussen Oktober en Desember sal normale en bo-normale reënval in die noordoostelike dele voorkom met onder gemiddelde neerslae in die res van die land, veral die Suide. Normaal en bo-normale neerslae word tussen Januarie en Maart volgende jaar verwag oor die grootste […]

Read More

Betekenisvolle groei kan net kom van hoërgeskoolde arbeidsmag - August 22, 2025

Namibië moet sy ekonomiese fokus verskuif en in ‘n hoërgeskoolde werksmag belê as hy betekenisvolle groei in lone wil bewerkstellig. Dit is sentimente van ‘n plaaslike ekonoom na aanleiding van die oproep van die direkteur van die Nasionale Beplanningskommissie, Kaire Mbuende, dat Namibiese werkers ordentlike lone moet verdien om werklike groei te bewerkstellig. Gabriel Erastus, […]

Read More

Namibië vaar nog beter op Fraser-indeks oor myne - August 22, 2025

Die Fraser Instituut se 2024-opname van mynmaatskappye het ‘n merkbare verbetering in Namibië se prestasie op die Belegging-aantreklikheidsindeks gerapporteer, wat met 10 punte gestyg het van 56 in 2023 tot 66 in 2024. Hierdie verbetering het Namibië se globale ranglys tot 35ste uit 82 jurisdiksies verhoog, teenoor 42ste uit 86 in die vorige jaar. In die […]

Read More

Erik Menendez parool geweier, Lyle kom vandag voor - August 22, 2025

Erik Menendez is parool geweier na tien ure se getuienis voor Kalifornië se paroolraad. Die raad het spesifiek beswaar gemaak teen sy oortredings in die tronk en vorige kriminele aktiwiteite voordat hy sy ouers Jose en Kitty vermoor het in Beverley Hills in 1989. Sy broer, Lyle, sal na verwagting vandag sy eie parool verhoor […]

Read More

Telecom teiken 3 000 huise met vesel - August 22, 2025

Telecom Namibia beplan om meer as 3 000 huise te verbind in sy 2025 veseluitbreidingsprogram, met groot projekte aan die gang in Windhoek en bekendstellings in Ongwediva en Narraville op skedule. Die maatskappy sê die huidige fase sal teen 31 Desember meer as 770 huise in die twee dorpe verbind. Kliënte-verbindings in 2 619 erwe […]

Read More

Vertraging in innoveringsentrums belemmer werkskepping - August 22, 2025

Die DA in Gauteng sê besighede wat dringend vervaardigingsfasiliteite nodig het word in die steek gelaat, aangesien die derde fase van die Bio Park by die Innovation Hub in Tshwane steeds onvoltooid is. Die projek is in Februarie 2019 begin en was geskeduleer vir voltooiing in September 2024. Ofentse Madzebatela van die DA sê die […]

Read More

Zelensky eis sekuriteitswaarborge voor Putin vergadering - August 22, 2025

Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, sê hy kan sy Russiese ampsgenoot Vladimir Putin ontmoet, maar eers nadat sy land veiligheidswaarborge ontvang het. Hy het Switserland, Oostenryk of Turkye as moontlike ontmoetingsplekke genoem. Zelensky wil binne sewe tot tien dae ‘n begrip hê van moontlike veiligheidswaarborge, en beoog dan ‘n driesydige vergadering saam met die Amerikaanse […]

Read More

SA, Zim en Nam aanbieding van 2027 Wêreldbeker is waterskeiding oomblik - August 22, 2025

Die voorsitter van Krieket Suid-Afrika, Pearl Maphoshe, sê die Wêreldbekertoernooi van 2027 in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe sal ‘n blywende nalatenskap vir die hele vasteland wees. Sy het met die bekendstelling van die plaaslike reëlingskomitee gesê dis ‘n geskiedkundige oomblik, en beklemtoon dat hervorming kernbelangrik is vir die geleentheid. Maphoshe sê grondvlak-krieketontwikkeling is ‘n sleutelvoordeel […]

Read More