Kenner lê veldbrand-gevare in streek uit - August 21, 2025

Veldbrande in Suid-Afrika neem toe as gevolg van klimaatsverandering en bogemiddelde reënval, wat plaaskoste en voedselpryse kan verhoog. Dawie Maree van FNB Landbou in die buurland waarsku dat vleis die grootste risiko loop, aangesien brande weiding en voer vernietig, wat druk op reeds hoë voedselinflasie plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner dr. Kobus Laubscher […]

Read More

Afrika soek vennote nie hulp, sê Cyril - August 21, 2025

President Cyril Ramaphosa sê die onlangse tariewe wat Amerika op goedere uit Afrika gehef het, het die noodsaaklikheid van uiteenlopende uitvoermarkte gewys. Hy het die negende Internasionale Konferensie oor Ontwikkeling in Afrika in Tokio, Japan, toegespreek. Japan is een van die hoofbeleggers in die Suid-Afrikaanse ekonomie en die bilaterale handel tussen die twee lande was […]

Read More

Rusland loods grootste lugaanval op Oekraïne in weke - August 21, 2025

Rusland het 574 hommeltuie en 40 missiele op Oekraïne afgestuur in een van die grootste aanvalle in weke. Oekraïnse beamptes sê een persoon is dood in ‘n aanval op die westelike stad van Lviv, en 15 mense is gewond in die suid-westelike Transkarpatie-streek. Die aanvalle vind plaas terwyl Amerikaanse president Donald Trump diplomatieke stappe lei […]

Read More

Teleurstelling vir Afrika-atlete in Lausanne - August 21, 2025

Atletiek: Oblique Seville van Jamaika het goud verower in die mans-100-meter op die Diamantliga-byeenkoms in Lausanne, Switserland, in ‘n indrukwekkende 9,87-sekondes. Die Olimpiese kampioen, die Amerikaner Noah Lyles, was tweede en die Jamaikaan Ackeem Blake en Akani Simbine van Suid-Afrika onderskeidelik derde en vierde. Keely Hodgkinson van Engeland het die vroue-800-meter in ‘n byeenkomsrekord van […]

Read More

Blommeprag pryk by Klein Aus Vista - August 21, 2025

Klein Aus Vista is nou bedek met helder veldblomme na welkome reën. Die blommeskouspel is op sy hoogtepunt, met die landskap omskep in kleurvolle tapyte wat besoekers en fotograwe lok. Meer reën kan die seisoen se skoonheid selfs verder verleng. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Swiegers van Klein Aus Vista gesels.

Read More

Capricorn Skole Netbal-liga bereik hoogtepunt - August 21, 2025

Die Capricorn Skole Netbal-liga finale vind môre en Saterdag by die Windhoek Gimnasium netbalbane en United se netbalbane plaas. Die aksie begin môre met ses kwarteindronde-wedstryde in al die mededingende ouderdomsgroepe van Onder-12 tot Onder-19, terwyl twee halfeindstryde ook gespeel sal word. Nog twee halfeindstryde sal Saterdag beslis word, voor die eindstryd die middag. Vanjaar […]

Read More

Val in beesvleisuitvoere ‘wys swakhede in ekonomie uit’ - August 21, 2025

Simonis Storm sê die ineenstorting van beesvleisuitvoere in die eerste helfte van 2025 is een van die beduidendste ekonomiese skokke wat Namibië die afgelope paar jaar ervaar het. Die firma sê die inkrimping weerspieël binnelandse dinamika – die biologiese noodsaaklikheid van kuddeherbou na jare van droogte, vererger deur bewegingsbeperkings wat verband hou met knopvelsiekte. Maar […]

Read More

Regeringsprojekte vertraag weens institusionele korrupsie: Mudge - August 21, 2025

Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, skryf vertragings in regeringsprojekte aan institusionele korrupsie toe. Dit kom nadat die Sentrale Verkrygingsraad onthul het dat daar tans 16 projekte is wat beduidende vertragings ervaar, insluitend vyf skole. Ander vertraagde werke sluit in ‘n gesondheidsorgsentrum, waterkanaal- en pyplynprojekte, en padrehabilitasieskemas. Die vertragings wissel van 45 dae […]

Read More

Shanghala kan nie dokumente-bewerings staaf, sê Staat - August 21, 2025

Adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze staan ‘n aansoek deur voormalige justisieminister Sacky Shanghala in die Fishrot-saak teen, en sê dat Shanghala nie kon wys hoe addisionele onthullings hom sou help om voor te berei op die verhoor nie. Shanghala het vroeër onder andere beweer dat die Staat sommige beëdigde verklarings nie bekendgemaak het nie, en die staat […]

Read More

Israel begin grondaanval in Gaza-stad - August 21, 2025

Palestyne vlug uit dele van Gaza-stad nadat die Israelse Weermag met die eerste deel van ‘n grondaanval begin het. Amptenare sê Israelse soldate het hulle aan die buitewyke van die stad gevestig ná dae van intense bomaanvalle en artillerie-vuur. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het weer ‘n onmiddellike wapenstilstand gevra om die dood […]

Read More