Hookah-pype, damprook moet gereguleer word: aktivis - August 21, 2025
Die groeiende tendens van damprook en hookah-gebruik onder Namibiese jeug bly ‘n bron van kommer onder gemeenskappe. Daar word gesê dat die gebruik van damprook so algemeen geword het dat dit maklik toeganklik is vir skoolgaande leerders. Die aktivis Linda Baumann waarsku dat hoewel damprook as nuwerwets beskou word, dit ‘n toegangspoort tot verslawing en […]
SA se 3,5% inflasie maak Giwusa bekommerd - August 21, 2025
Die nywerheidsvakbond Giwusa sê hy is uiters bekommerd oor die jongste verslag rakende die inflasiesyfer van 3,5-persent – die hoogste in tien maande. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê hierdie styging is ‘n grafiese voorbeeld van hoe inflasie ‘n simptoom is van die diepgewortelde strukturele mislukkings van die rasgedrewe, monopolistiese neokoloniale kapitalistiese stelsel in Suid-Afrika:
Uganda gaan ook onwelkome VSA migrante aanvaar - August 21, 2025
Uganda het ingestem om migrante te ontvang wat nie kwalifiseer om in Amerika te bly nie. Washington se nuutste poging om deportasie te bespoedig behels dat die Trump-administrasie onderhandel om mense na derde-wêreldlande te stuur, insluitende El Salvador en Eswatini. Volgens die Verenigde Nasies het Uganda reeds die grootste vlugtelingbevolking, met bykans 1,7-miljoen mense. Uganda […]
Proteas se Subrayen uit eendagreeks weens boulaksie - August 21, 2025
Krieket: Die Proteas se wegbreek-draaibouler, Prenelan Subrayen, is aangekla van ‘n verdagte boulaksie in Dinsdag se eerste eendagwedstryd teen Australië in Cairns en sal die res van die reeks misloop. Die Internasionale Krieketraad sê die wedstrydbeamptes het hulle bekommernis uitgespreek oor die wettigheid van sy boulaksie. Die kragmeting was Subrayen se eerste eendag-internasionale wedstryd. Hy […]
Nuwe Beplanningskommissie kry sy opdragte - August 21, 2025
Die nuut aangestelde kommissarisse van die Nasionale Beplanningskommissie is opdrag gegee om die regering van grondige beleidsadvies en navorsing te voorsien wat sal verseker dat Namibië sy ontwikkelingsdoelwitte bereik. Die 19 kommissarisse moet fokus op die ontwikkeling van landbouwaardekettings, landbouverwerking en -vervaardiging; groenwaterstof, olie en gas; die kernbedryf, mynbou, toerisme en dobbelary. I-Ben Nashandi, die […]
Vervolg topbestuur vir Life Esidimeni-tragedie, sê VF+ - August 21, 2025
Die Vryheidsfront Plus sê dit sal ‘n ernstige onreg wees as die gewese Gauteng LUR van Gesondheid, Qedani Mahlangu, en gewese direkteur van geestelike gesondheid, Makgabo Manamela, nie verantwoordelik gehou word vir die Life Esidimeni-tragedie nie. Meer as 140 psigiatriese pasiënte het in 2016 gesterf nadat hulle van die Life Esidimeni-fasiliteit na swak toegeruste staatshospitale […]
Iran hang moordenaar op moordtoneel - August 21, 2025
Iran het ‘n veroordeelde moordenaar in die openbaar en op die toneel van sy misdaad gehang. Die meeste teregstellings in Iran word in tronke uitgevoer. Openbare teregstellings word gewoonlik teruggehou vir oortredings wat besondere openbare verontwaardiging veroorsaak het. Die veroordeelde man is skuldig bevind aan die moord op ‘n paartjie en ‘n jong vrou wat […]
Maleisië gaan nie gou weer F1-ren aanbied nie - August 21, 2025
Motorsport: Maleisië het besluit om nie in die nabye toekoms weer ‘n Formule Een-wedren aan te bied nie weens hoë koste en ‘n reeds volgepakte kalender. Die Suidoos-Asiese nasie het sy eerste F1-wedren in 1999 aangebied, met die laaste Grand Prix wat in 2017 op die Sepang-internasionale renbaan gehou is. Die baan word nou gebruik […]
Shanghala beweer noodsaaklike dokumente is versteek - August 21, 2025
Voormalige minister van justisie en Fishrot-beskuldigde Sacky Shanghala het vandag aan die hof gesê dat dokumente wat die aankoop van Swapo-partybaadjies vir die 2019-nasionale verkiesings uiteensit, uit sy woning vermis geraak het en nie in die bewaring van die prokureur-generaal is nie. Shanghala het aangevoer dat hierdie dokumente, tesame met ander rekords wat hy beweer […]
Dis nie hoër lone wat keer dat polisievakatures nie gevul word nie – Saftu - August 21, 2025
Saftu sê hulle stem nie saam met die bewering van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, dat vakbonde se eise vir hoër salarisse pogings om polisievakatures te vul, belemmer nie. Hy het die land se stygende werkloosheidsyfer op vakbonde blameer, wat volgens hom voortdurend meer geld van hul lede eis. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê […]