Washington moet sterk reageer as Putin vergadering weier - August 21, 2025

Die Oekraïnse president Volodymyr Zelenskiy het gesê hy eis ‘n sterk reaksie van Washington as die Russiese president Vladimir Putin nie bereid is om ‘n bilaterale vergadering met hom te hou nie. Die Amerikaanse president Donald Trump poog om vrede tussen die twee lande te bewerkstellig, maar het toegegee dat Putin dalk nie bereid is […]

Read More

Wetenskaplikes toets of meelwurms polistireen kan afbreek - August 21, 2025

Serwiese wetenskaplikes eksperimenteer met meelwurms as ‘n manier om polistireen af te breek. Hulle het ontdek dat meelwurms verskeie plastieksoorte kan verteer, insluitend polistireen. In die projek wat deur die regering en die Verenigde Nasies se agentskap vir internasionale ontwikkeling en ander internasionale skenkers onderskryf is, het hulle die polistireen ingesluit in die gereelde voedsel van […]

Read More

Robbe en hondsdolheid: Werksgroep vir protokolle daargestel - August 21, 2025

Owerhede monitor steeds Kaapse pelsrobbe by die Walvisbaai-strandmeer na berigte van hondsdolheid in Junie, terwyl vrae toeneem oor of die uitbreking onder beheer is. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia gepraat wat ‘n opdatering gee.

Read More

Sonop wend hom aan die hof vir tamatie-uitvoere - August 21, 2025

Sonop Farming by Noordoewer het na raming 2,9 miljoen Namibiese dollar per dag verloor nadat sy tamatie-invoerpermit na Suid-Afrika teruggetrek is weens ontbrekende papierwerk tussen Namibiese en Suid-Afrikaanse amptenare. Die permit, wat op 11 Augustus herroep is, is laat op 19 Augustus herstel. Tydens die periode moes die maatskappy, wat ongeveer 1 100 mense in […]

Read More

Sam Shivute dagvaar Amushelelo en een ander vir N$2m - August 21, 2025

Michael Amushelelo is weer hof toe gesleep, die keer deur NamRA-kommissaris Sam Shivute, saam met nog ‘n respondent, Ndamononghenda Nampweya. Shivute sê aan regter Orben Sibeya Nampweya het lasterlike klagtes oor nepotisme en stamgebondenheid gemaak teen hom by die finansministerie wat Amushelelo verder gevat het op sosiale media. Hy het al die bewysstukke by sy […]

Read More

TransNamib verloor 1 138 dwarslêers sedert Januarie, net om hoofstad - August 21, 2025

‘n Opname het die diefstal van staal spoorwegdwarslêers aan die lig gebring, wat TransNamib se bedrywighede in die stad bedreig. Tot dusver vanjaar is 1 138 dwarslêers ter waarde van byna 2 000 Namibiese dollar elk vervang, hoewel gesteelde dwarslêers vir so min as 250 dollar verkoop. Die polisie sê sake van diefstal en kwaadwillige […]

Read More

Boksenter De Allende sê hulle is reg vir Saterdag - August 21, 2025

Die Springboksenter Damian de Allende glo hulle sal hulle foute kan regmaak wanneer hulle weer teen die Wallabies te staan kom in Saterdag se Rugbykampioenskapswedstryd in Kaapstad. Die Bokke het verlede week op Ellispark uitstekend weggespring en 22-voorgeloop, maar uiteindelik 22-38 verloor. De Allende, wat die ramp van die kantlyn af besigtig het, is hierdie […]

Read More

Hoofstad se Julie-bouplanne vertoon goed - August 21, 2025

Stad Windhoek het in Julie 241 bouplanne ter waarde van 175,6 miljoen Namibiese dollar goedgekeur. IJG Securities sê dit weerspieël ‘n toename van 66,2 persent teenoor die 145 wat in Junie goedgekeur is. In monetêre terme is dit ‘n toename van 48,6 miljoen dollar. Die jaar-tot-datum waarde van goedgekeurde bouplanne het teen die einde van […]

Read More

Nanso maak nog feite bymekaar oor Nust se koshuis herrie - August 21, 2025

Nanso het sy reaksie oor die nuus dat Nust-koshuisstudente ’n 30 persent verlaging in verblyf- en maaltydgelde eis, oor swak dienste, met internetprobleme as hul grootste klagte, eers weerhou. Hulle waarsku dat studente nie volle fooie vir wat hulle as substandaard opleiding en fasiliteite beskryf, behoort te betaal nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die […]

Read More

Solidariteit vaar uit teen Mashatile oor swart bemagtiging - August 21, 2025

Solidariteit sê adjunkpresident Paul Mashatile se jongste verdediging van swartbemagtiging is totaal verwyderd van die werklikheid van wat swartbemagtiging is en doen. Mashatile het die land se transformasiebeleid in antwoord op ‘n parlementêre vraag verdedig en verklaar dat die Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging nie diskriminerende wetgewing is nie. Solidariteit se Theuns du Buisson sê […]

Read More